Jordaanrivier

Die Jordaanrivier (Arabies: نهر الأردن‎, al-Furāt; Hebreeus: נהר הירדן) is die rivier wat die grens tussen Israel, Sirië, Jordanië en Palestina vorm en mond uit in die Dooie See.

نهر الأردن‎, al-Furāt - נהר הירדן
Die Jordaanrivier.
Die Jordaanrivier.
Die Jordaanrivier.

Die stroomgebied van die Jordaanrivier.

OorsprongAnti-Libanon
MondingDooie See
StroomgebiedIsrael, Sirië, Jordanië, Palestina
Lengte251 km (156 myl)
Oorspronghoogte2 814 m (9 232 voet)
Mondinghoogte-416 m (1 365 voet)

Die Jordaanrivier ontspring in die berge van Libanon en vloei suidwaarts na die groot Oos-Afrikaanse Sinkdal. Die deel van die skeur wat benede seespieël lê, begin in die omgewing van die See van Galilea (die See van Tiberias of die See van Gennesaret, soos dit in die Bybel genoem word) en eindig by die Dooie See.

Hierdie deel van die vallei staan bekend as El Ghor. In die suide word dit van die Golf van Akaba, die voorsetting van die Sinkdal wat deur die see ingeneem is, geskei deur ʼn lae landtrap in die bodem van die vallei. Die kleiner takriviere wat in die skeur invloei, is vir ʼn groot gedeelte van die jaar droog, en die enigste standhoudende rivier is die Jordaan.

Omdat die klimaat warm en droog is, vind verdamping uit die twee mere baie vinnig plaas. Die See van Galilea lê 209 m benede seespieël en sy water vloei na die Dooie See. Die huidige watervlak van die Dooie See is 394 m benede seespieël, en dit is dus die bodem van die insinking. Die meer is egter meer as 420 m diep, sodat die bodem van die sinkdal in werklikheid meer as 800 m benede seespieël is.

Die water wat die Dooie See binnevloei, verdamp so vinnig dat die hoeveelheid water wat elke jaar verdamp, gelyk staan aan die hoeveelheid wat ontvang word; die waterstand of die grootte van die meer verander dus nie juis nie. Die minerale wat in die waters van die Jordaan deur die verwering van rotse opgelos het, word egter agtergelaat, en die Dooie See is dus baie sout.

Tans bevat die water omtrent 25 persent minerale in oplossing, hoofsaaklik in die vorm van natriumchloried (gewone tafelsout), kaliumchloried, magnesiumsoute en sekere oplosbare bromides. Die hoë soutgehalte is verantwoordelik daarvoor dat geen plante- of dierelewe in die waters van die Dooie See aangetref word nie. Die gemiddelde soutgehalte van die oseane is slegs omtrent een-tiende van Dooie See.

Bybelwysig

Die Jordaan word dikwels in die Bybel genoem. In die boek Josua trek die Israeliete na die veertigjaarlange woestynreis oor die Jordaan om die Beloofde Land binne te gaan. Die Evangelies beskryf dat Jesus Christus deur Johannes die Doper in hierdie rivier gedoop is. Dit sou by Betanië gebeur het. Baie mense word in die rivier gedoop.

Bronnelyswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media