Johny Klein

Suid-Afrikaanse akteur en stemkunstenaar

Johny Klein, gebore 28 Augustus 1980, Groblershoop, Noord-Kaap, is 'n Suid-Afrikaanse akteur en stemkunstenaar. Nadat hy matrikuleer het aan Hoërskool Groblershoop, het hy drama studeer aan die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie van 1999 tot 2001, waar hy gespesialiseer het in kinder– en opvoedkundige teater. Na sy studies was Klein in verskeie teatervertonings vir laer- en hoërskole, onder andere in Gingerbread man, Pinocchio, Noddy, Ugly Duckling and Other stories, Beauty and the Beast, Three little Piggs and Other stories en Peter Rabbit vir die People's Teater in Johannesburg.

Johny Klein
Geboorte28 Augustus 1979
NasionaliteitSuid-Afrika
Beroep(e)Akteur
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Hy het ook in die teaterproduksies Liewe Heksie, James and The Giant Peach, Rupunzel en Jan en die Boontjierank vir die Pro Musica Teater in Roodepoort gespeel. In 2014 het Klein die tweejaar-speelvak van Liewe Heksie vir Lefra Produksies voltooi, 'n kinderproduksie wat deur Suid-Afrika getoer het waarin hy verskeie karakters vertolk het. Vir Lefra Produksies het Klein ook in die klug My vrou se man se man se Skelmpie gespeel by die Vrystaatse Kunstefees in 2016. Ander produksies vir Lefra Produksies sluit in Flennie die Snare saam met Chris Chameleon, Daniela Dysol en Anna Davel. Johny was ook Selling Komoetie in Lefra Produksies se Fiela se Kind 2016-2018. Vir dié rol, het hy Onbroadway se toekenning vir beste byspeler gewen in 2017. Klein is 'n veelsydige akteur en het in byna elke toneelstuk waarby hy betrokke was meer as een rol vertolk. In Flennie die Snare het hy nege verskillende karakters se rolle vertolk. Nog toere en opvoedkundige teater sluit in Dagbreek en Douspoor vir Pit Produksies (2007), Look before you Leap vir Arrep, Theatre for Life (2007) en verskillende produksies vir Produksies 2000 (2009-2014).

Johny was deel van die beoordelaarspaneel van die ATKV se Tienertoneelkompetise (2012, 2013 en 2014). Hy het ook verskeie ander tienertoneelkompetisies beoordeel. Vir kleuters was Klein betrokke by televisieproduksies soos Lappies Leeu, Tembi en Temba vir die Koewee-kanaal, Thabang Thabong en Jakkals Jol vir SABC2. Hy speel ook in twee DVD-reekse genaamd Die Trolle en Rainbow Child.

Ander televisie- en filmwerk sluit in Intersextions, Riemvasmaak en Molofish vir SABC 1 en 2, Hart van Staal, Haak en Steek, Amalia I en Plek van die Vleisvreters vir KykNET. Alhoewel sepie liefhebbers Klein onthou as Alex Beukus van Villa Rosa en Donovan in Muvhangu was hy ook te sien in Egoli: Plek van Goud, 7de Laan en Generations. Films waarin Klein gespeel het sluit in Onthou, Spiertier, Poena is koning, Oh Shucks I’m Gatvol en 100 Meter Leeuloop. Klein was in die verhoogproduksies: The boy who Walked into the World (Actors Centre), Big Sussies Surviving Afrika (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) en Die Kabaret (Aardklop).

Sy stem word ook in verskeie radio advertensies op verskillende radiostasies gehoor. Radio Sonder Grense se luisteraars sal sy stem onthou uit verskeie radiovervolgverhale. In 2016 het Klein begin om boekvoorlesings vir Radio Sonder Grense te doen en het afgeskop met Amraal deur Marinda van van Zyl. Hy het veral bekendheid verwerf onder luisteraars vir sy voorlesings van Ferdinand Deist se kortverhale op Radio Sonder Grense.

Filmwysig

  • Khoi and Son; vertolk die hoofrol in Robbie Wessels se musiekvideo (2020)
  • Onthou; kort film; vertolk die rol van Jason (2016)
  • Spiertier; vervaardig deur kykNET; vertolk die hoofrol (2015)
  • 100 Meter Leeuloop; vertolk 'n ondersteunende rol in Robbie Wessels se musiekvideo (2012)
  • Poena is Koning; vertolk 'n ondersteunende rol (2006)
  • Oh Shuks, I’m gatvol; vervaardig deur Leon Schuster; vertolk 'n ondersteunende rol (2003)

Televisiewysig

  • Muvango; vertolk die rol van Donovan; uitgesaai op SABC 2 (2016 – 2017)
  • Villa Rosa; vertolk die rol van Alex Beukes; uitgesaai op kykNET (2009 – 2010)
  • Generations; vertolk ‘n ondersteunende rol (2003)
  • 7de Laan; vertolk ‘n ondersteunende rol (2005)
  • Egoli: Plek van Goud; vertolk ‘n ondersteunende rol (2008)
  • Thabang Thabong; vertolk die rol van Lion; uitgesaai op SABC 2 (2010)
  • Thembi & Themba 2; vertolk die rol van een van die poppe vir die Kowee kinderkanaal (2009)
  • Jakkals Jol (1, 2, 3, 4, 5); vertolk die rol van die jakkals vir die Kowee kinderkanaal (2008 – 2012)
  • Lappies Leeu 1, 2, 3; vertolk die rol van DJ Takswaai (2008 – 2009)
  • Intersextions; vertolk die rol van die student; uitgesaai op SABC 1 (2007)
  • Riemvasmaak; vertolk die rol van die tronkvoël; uitgesaai op SABC 2 (2007)
  • Hart van Staal; vertolk die rol van 'n student; uitgesaai op kykNET (2005)
  • Amalia 1; vertolk die rol van Sersant Smit; uitgesaai op kykNET (2004)
  • Molo Fish; vertolk die rol van die skoolkind; uitgesaai op SABC 1 (2003)
  • Haak en Steek; vertolk die rol van Karel; uitgesaai op kykNET (2003)
  • Vleisvreters; vertolk die rol van Jacobus; uitgesaai op kykNET (2003)

Teaterwysig

  • Kontreistories; aanbieder van ‘n storievertel program; vervaardig deur Maroela Media; opgevoer by Aardklop Kunstefees (2019)
  • Pomporrel-konsert; vertolk die hoofrol; vervaardig deur Lefra Produksies (2019)
  • Fiela se Kind; vervaardig deur Lefra Produksies (2017)
  • Flennie die Snare; vervaardig deur Lefra Produksies (2017)
  • My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou; vervaardig deur Lefra Produksies (2017)
  • Liewe Heksie; vervaardig deur Lefra Produksies (2017)
  • African Adventure; vertolk verskeie rolle (2013)
  • Liewe Heksie; vervaardig deur Pro Musica Teater (2007)
  • James & The Giant Peach; vervaardig deur Pro Musica Teater (2007)
  • Rapunzel; vervaardig deur Pro Musica Teater (2007)
  • Douspoor; vervaardig deur Pit Produksies (2007)
  • Breek & Woordreise; vervaardig deur Pit Produksies (2007)
  • Look Before You Leap; vertolk die hoofrol (2007)
  • The Gingerbread Man; vervaardig deur Peoples Theatre (2007)
  • Ugly Duckling; vervaardig deur Peoples Theatre (2003)
  • Noddy 1, 2 & 3; vervaardig deur Peoples Theatre (2004)
  • Three Little Pigs; vervaardig deur Peoples Theatre (2005)
  • Beauty and the Beast; vervaardig deur Peoples Theatre (2006)
  • Peter Rabbit; vervaardig deur Peoples Theatre (2005)
  • The Boy Who Walked Into The World; vertolk die hoofrol (2005)
  • Liewe Heksie; vertolk verskeie rolle (2002)
  • Jan en die Boontjierank; vertolk verskeie rolle (2003)
  • Big Sussies Surviving Afrika; vertolk die hoofrol; opgevoer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (2003)
  • Die Kabaret; opgevoer by die Aardklop Kunstefees (1999)
  • Arlecchino & Die Travellers; opgevoer by die Aardklop Kunstefees (2001)
  • Check it out; opgevoer by die Aardklop Kunstefees (2007 – 2009)
  • Lead and Jescom; opgevoer by die Aardklop Kunstefees (1999)
  • The Medium; vertolk die hoofrol; vervaardig deur Rostrum Theatre (1999)

Stemwerkwysig

Klein het aan verskeie radiovervolgverhale deelgeneem vervaardig deur Maroela Media en Radio Sonder Grense, sedert 2003. Klein se stem is ook onder andere gebruik vir die oorklanking van Afrikaanse films, (Khumba) en (Maya die By). Klein lees ook boeke voor sodat die klankbaan na radiostasies versprei kan word.

Bronnelyswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media