Johnny Depp

John Christopher "Johnny" Depp II (gebore op 9 Junie 1963)[1] is ’n Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger en musikant wat al onder meer die Golden Globe vir beste akteur gewen het.

Johnny Depp
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Depp in 2013.

GeboortenaamJohn Christopher Depp II
Geboorte9 Junie 1963 (1963-06-09) (60 jaar oud)
Owensboro, Kentucky, Verenigde State
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur
Aktiewe jare1984-tans

Loopbaanwysig

Depp in 1992 by die Cannes-rolprentfees.

Depp word beskou as een van die beste akteurs ter wêreld.[2][3] Hy het in die 1980's bekend geraak in die televisiereeks 21 Jump Street en ’n tienerafgod geword. Sedertdien het hy uitdagende rolle aanvaar – onder meer in Oliver Stone se Viëtnamoorlogsprent Platoon (1986), die donker romantiese fantasie Edward Scissorhands (1990), die drama oor ’n disfunksionele gesin What's Eating Gilbert Grape (1993, saam met ’n jong Leonardo DiCaprio), die biografiese prent Ed Wood (1994) en die misdaaddrama Donnie Brasco (1997).

Hy het ook sukses behaal in die fantasie-avontuurprent Sleepy Hollow (1999), die fantasieprent Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl (2003) en sy opvolge, die musiekavontuurfliek Charlie and the Chocolate Factory (2005), die semibiografie Finding Neverland, die fantasieprent Alice in Wonderland (2010) en as die stem van die titelkarakter in die animasie-aksiekomedie-western Rango (2011).

Depp is vir verskeie rolprentpryse benoem, onder meer drie Oscars. Hy het ’n Golden Globe gewen vir Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street (2007) asook ’n Screen Actors Guild Award vir Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl. Die Guinness World Records het hom in 2012 gelys as die akteur wat die meeste verdien ($75 miljoen).[4]

In 1999 het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry en in 2015 het hy ’n "Disney Legend" geword.[5]

Persoonlike lewewysig

Depp was van 2015 tot 2017 met die aktrise Amber Heard getroud. Hul egskeiding het media-aandag getrek met Heard wat beweer het dat Depp dwarsdeur hul verhouding beledigend was en belowe het om haar egskeidingsooreenkoms van $7 miljoen aan liefdadigheid te skenk.[6] In 2018 het Depp die uitgewers van die Britse poniekoerant The Sun vir laster gedagvaar en Heard van mishandeling beskuldig. In 2020 het 'n regter bevind dat die gedrukte artikel "wesenlik waar" was.[7] Vroeg in 2019 het Depp Heard gedagvaar vir laster oor 'n opinie wat sy oor huishoudelike mishandeling in The Washington Post geskryf het. In 2020 het Heard 'n teensaak teen Depp aanhangig gemaak. Die verhoor Depp v. Heard het in April 2022 in Virginia begin.

Verwysingswysig

  1. "Johnny Depp Biography (1963-)" (in Engels). FilmReference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 1 Februarie 2015.
  2. "Tom Cruise, Johnny Depp, and the state of the modern Movie Star - EW.com". ew.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014.
  3. "Johnny Depp May Now Be The Biggest Movie Star Of All Time". NBC4 Washington (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2019.
  4. Erenza, Jen (14 September 2011). "Justin Bieber, Miranda Cosgrove, & Lady Gaga Are Welcomed Into 2012 Guinness World Records" (in Engels). RyanSeacrest.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2014. Besoek op 16 September 2011.
  5. Flores, Terry (14 Augustus 2015). "Johnny Depp Makes Surprise Appearance at Disney's D23 Expo". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020. Besoek op 14 Augustus 2015.
  6. Skinner, Paige (28 April 2022). "Amber Heard Promised Millions Of Dollars Of Her Divorce Settlement To The ACLU, But It's Only Received Less Than Half That". Buzzfeed News. Besoek op 29 April 2022.
  7. "Johnny Depp loses libel case over Sun 'wife beater' claim". BBC News (in Engels (VK)). 2 November 2020. Besoek op 30 April 2022.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media