John le Carré

John le Carré, skuilnaam van David John Moore Cornwell (Poole, 19 Oktober 1931 - Truro, 12 Desember 2020) was 'n Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale.

John le Carré
Le Carré in 2008
Gebore
David John Moore Cornwell

19 Oktober 1931
Sterf12 Desember 2020
Truro, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma materLincoln College, Universiteit van Oxford
BeroepSkrywer
Bekend virThe Spy Who Came in from the Cold
Tinker Tailor Soldier Spy
The Honourable Schoolboy
Smiley's People
A Perfect Spy
The Night Manager
The Constant Gardener
The Little Drummer Girl
EggenootAlison Sharp
Valerie Eustace
Kinders4
Webwerfhttp://www.johnlecarre.com

Lewewysig

Gedurende sy studie van Duits vir een jaar aan die Universiteit van Bern, het Le Carré belangstelling in vreemde tale ontwikkel. Daarna studeer hy moderne tale aan die Lincoln College, Universiteit van Oxford. Nadat hy gegradueer het, het hy twee jaar klas gegee aan die Eton College, toe aansoek gedoen by die Britse buitelandse diens en later by MI6, wat hom tussen 1959 en 1964 in Bonn en Hamburg, Wes-Duitsland, gestasioneer het.By sy eerste vrou het hy drie seuns gehad, en uit sy tweede huwelik is 'n ander seun gebore.

In Februarie 2011 besluit hy dat sy argief na sy dood aan die Bodleian-biblioteek in Oxford geskenk moet word, want "Oxford is die inspirasie vir Smiley."

Na 'n kort siekbed is Le Carré in Desember 2020 in die ouderdom van 89 oorlede.

Rillerswysig

John le Carré was die skrywer van baie rillers uit die Koue Oorlog-tydperk. Twee van sy boeke is deur die BBC in televisiereekse verwerk. Na die val van die Berlynse muur het hy ook geskryf oor nuwe onderwerpe soos die stryd teen terrorisme en oor multinasionale ondernemings.

Sy skryfstyl was op 'n manier kritiek op die talle en suksesvolle James Bond-boeke. Dit is veral sigbaar in die uitwerking van die protagoniste. Die hoofkarakters is dikwels meer realisties en minder heldhaftig, wat sy boeke ook meer geloofwaardig maak. Die protagonis kry 'n meer menslike gesig, juis omdat hy ook foute maak en identifisering met die leser daarom vergemaklik. Sy werke kritiseer ook dikwels die manier waarop spioenasie gedoen word, dat dit dikwels ten koste gaan van die mense in die veld. Verder word die cliché van goed teenoor sleg ook verwerp, aangesien die goeie in werklikheid slegs is wat 'n mens glo goed is. Dit verskil tussen die twee opponerende partye (gewoonlik die Weste en die Sowjetunie). 'n Verdere verband met die menslikheid van die karakters kan gevind word op die manier waarop hulle gedwing word om keuses te maak tussen goed en sleg, en hoe dit hulle (en die leser) laat dink.

Werkewysig

  • Agent running in the field - (2019)
  • A Legacy of Spies - (2017)
  • The Pigeon Tunnel, Stories from My Life - (2016)
  • A delicate truth - (2013)
  • Our Kind of Traitor - (2010)
  • A Most Wanted Man - (2008)
  • The Mission Song - (2006)
  • Absolute Friends - (2003)
  • The Constant Gardener - (2001)
  • Single & Single - (1999)
  • The Tailor of Panama - (1996)
  • Our Game - (1995)
  • The Night Manager - (1993)
  • The Unbearable peace - (1991)
  • The Secret Pilgrim - (1991)
  • The Russia House - (1989)
  • A Perfect Spy - (1986)
  • The Little Drummer Girl - (1983)
  • The Quest for Karla (omnibus) - (1982)
  • Smiley's People - (1979)
  • The Honourable Schoolboy - (1977)
  • Tinker, Tailor, Soldier, Spy - (1974)
  • The Naïve and Sentimental Lover - (1971)
  • A Small Town in Germany - (1968)
  • The Looking-Glass War - (1965)
  • The Incongruous Spy (omnibus) - (1964)
    • "Call for the Dead"
    • "A Murder of Quality"
  • The Spy who Came in from the Cold - (1963)
  • A Murder of Quality - (1962)
  • Call for the Dead - (1961)

Prysewysig

2020 - Olof Palme-prys 2019. Hy skenk die bedrag geld wat met die prys geassosieer word, aan Médecins Sans Frontières.[1]

Verwysingswysig

  1. Het Parool van 11 Januarie 2020

Eksterne skakelwysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media