John Constable

John Constable [ˈkʌnstəbəl, ˈkɒn-] (* 11 Junie 1776, † 31 Maart 1837) was 'n Engelse Romantiese skilder wat veral bekendheid verwerf het met sy landskapskilderye van Dedham Vale in die omgewing van sy geboorteplek East Bergholt in die graafskap Suffolk - 'n streek wat tans as Constable Country bekendstaan. Constable het 'n rewolusie in die waterverfskilderkuns meegebring deur die manier waarop hy die weer, lug en atmosfeer uitgebeeld het. Hy was 'n voorloper van impressionisme en word saam met J.M.W. Turner aangeskryf as die een van die grootste Britse landskapskilders.

John Constable

Portret van John Constable deur Daniel Gardner in 1796
Gebore (1776-06-11)11 Junie 1776
East Bergholt, Suffolk, Oos-Anglia, Engeland
Sterf 31 Maart 1837 (op 60)
Hampstead, Londen, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Veld Landskapskilderye
Beweging Romantiek
Werke Dedham Vale (1802)
The Hay Wain (1821)
Selfportret 1806, potlood op papier, Tategalery, Londen. Constable het hierdie profiel geskets, sy enigste onbetwisde selfportret, deur die opstel van spieëls.[1]
Dedham Vale (1802)
Olie op doek, Victoria en Albert-museum, Londen
The Hay Wain (1821)
Olie op doek, Nasionale Galery, Londen

Dit was die groot toewyding waarmee hy die landskapstonele van sy geboortestreek op doek verewig het wat Constable se kunswerke so bekoorlik maak. "Ek dink ek moet my eie plekke op die beste manier skilder", het hy in 1821 aan sy vriend John Fisher geskryf, "skilder is niks meer as 'n ander woord vir gevoelens nie."

Constable se bekendste skilderye sluit Dedham Vale (1802) en The Way Hain (1821) in. Alhoewel sy skilderye tans onder die gewildste en kosbaarste Britse kunswerke gereken word, kon Constable in sy leeftyd min finansiële voordeel daaruit trek. Eers in die ouderdom van 52, toe hy as lid van die Koninklike Akademie (Royal Academy) verkies is, is sy reputasie as vooraanstaande skilder gevestig. Daarenteen is sy werk in Frankryk besonder gunstig ontvang. Hier kon hy meer van sy werke verkoop as in sy geboorteland en het bowendien die inspirasie vir 'n hele kunsstroming gelewer, die Barbizon-skool.

Lewewysig

Hy begin in 1799 te werk toe hy hom aansluit by die Koninklike Akademieskool. Hy word eers in 1829 tot 'n volle akademikus bevorder toe hy verkies word met een stem. Sy vader sterf in 1816 en dit stel hom in staat om met Maria Bicknell te trou na 'n sewejarige hofstryd en sterk opposisie van haar familie.

In 1820 het hy begin erkenning ontvang vir sy skilderye. Met die "The Hay Wain "(Nasionale Galery, Londen 1821) wen hy die goue medalje by die Parys Salon van 1824.

Sy vrou sterf in 1828.

Bronnelyswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media