Johan Vorster

Hierdie artikel handel oor die gewese lid van die Afrikaanse musiekgroep Eden. Vir die gewese lid van die Afrikaanse musiekgroep Adam, sien Joe Foster.

Johan Vorster is 'n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, en sakeman.

Johan Vorster
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, sakeman
AssosiasiesEden

Vorster begin sy loopbaan as lid van die Afrikaanse musiekgroep Eden, die suksesvolste groep in die geskiedenis van Afrikaanse musiek. In 2005 begin Vorster en medelid van Eden, Sean Else, die plaatetiket Mozi Records. Bok van Blerk is die eerste kunstenaar wat onder hierdie etiket vrygestel het. Vorster het die meeste van Bok van Blerk se album De la Rey, met meer as 200 000 verkope die topverkoper van alle tye onder Afrikaanse plate, geskryf. Die album se titelsnit bereik ook in 2005 die voorblad van The New York Times.

In 2006 onderteken Mozi Records 'n kontrak met Lianie May. Vorster het May se debuutalbum, Vergeet my nie, geskryf en vervaardig. Hierdie album is in 2007 vrygestel en word met meer as 120 000 verkope die topverkoper onder debuutalbums van vroulike Afrikaanse kunstenaars. In 2008 ontvang Vergeet my nie 'n SAMA vir landwye topverkoper. Die enigste ander Afrikaanse kunstenaar wat hierdie toekenning ontvang het, was Steve Hofmeyr in 2004 met Toeka 2.

In 2008 wen Vorster Huisgenoot se Tempo-toekenning vir liedjieskrywer van die jaar vir Lianie May se "Jy soen my nie meer nie".

Vorster is die stigter en kreatiewe direkteur van Inhoud Huis.

Bronnewysig

  • "Eksklusief! Johan Vorster maak hart oop, deel skryfproses". Sarie. 12 Julie 2012.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media