Jode in Zambië

Zambië, 'n republiek in suidelike Midde-Afrika, het vroeër meer as duisend Joodse inwoners gehad en die gemeenskap het waarskynlik sy hoogtepunt bereik toe daar in die dekade na 1950 sowat 1 200[1] Jode in die destydse Noord-Rhodesië gewoon het, maar die getal het met die jare afgeneem tot 'n geraamde 35 in 2014.

Vroegste immigrantewysig

Die eerste Jode (meesal uit Litaue) het die land binnegekom op soek na welvaart. Die vroegste intrekkers het hulle op Livingstone en Broken Hill (tans Kabwe) kom vestig. Die eerste Joodse gemeente is in 1905 op Livingstone gestig, dieselfde jaar wat die dorp sy beslag gekry het. Die gemeente met sy 38 lidmate het sy eerste huwelik in 1910 bevestig. Teen 1921 het daar 110 Jode in die land gewoon: 48 op Livingstone, 11 op Broken Hill en 25 in Lusaka. Heelwat Joodse vlugtelinge het ná die Holocaust in die land aangekom.

Sedert die Tweede Wêreldoorlogwysig

Die bevolking het 'n hoogtepunt van sowat 1 200 omstreeks 1955 bereik. Tydens die dekade ná 1960 het 'n groot gedeelte van die Joodse bevolking geëmigreer sodat die gemeenskap in 1968 tot 600 afgeneem het. Voor die land se onafhanklikwording het Jode aktief aan plaaslike regering deelgeneem, met Jode wat as burgemeester van Livingstone, Broken Hill (Kabwe), Kitwe en Luanshya gedien het.

Bekende Joodse Zambiërswysig

Tydens die jare vyftig en sestig was sir Roy Welensky, 'n Jood, die mees vooraanstaande politieke leier in Noord-Rhodesië en die tweede en laaste eerste minister van die Sentraal-Afrikaanse Federasie. Van 1959 tot 1962 was M.G. Rabb, ook Joods, lid van die wetgewende vergadering. S.W. Magnus was parlementslid van 1962 tot 1968, toe hy regter van die hooggeregshof geword het.

Organisasiewysig

Die Council for Zambia Jewry is in 1978 in Lusaka gestig om toesig oor die bedrywighede van die Joodse gemeenskap te hou. Die enigste oorblywende sinagoge is in Lusaka, nadat dié in Ndola enkele jare gelede weens 'n tekort aan lidmate moes sluit. Die land het nie meer 'n eie rabbi nie.

Verwysingswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media