Jiangsu

Moenie verwar word met Jiangxi nie.

Jiangsu (Chinees: 江苏省, ) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China. In 2020 het die provinsie 'n bevolking van sowat 84,75 miljoen gehad.

Jiangsu

江苏省 (Chinees)
Tongli-kanaaldorpie in Jiangsu
Tongli-kanaaldorpie in Jiangsu
Ligging van Jiangsu in die Volksrepubliek China
Ligging van Jiangsu in die Volksrepubliek China
Koördinate: 32°54′0″N 119°48′0″O / 32.90000°N 119.80000°O / 32.90000; 119.80000Koördinate: 32°54′0″N 119°48′0″O / 32.90000°N 119.80000°O / 32.90000; 119.80000
LandVlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
HoofstadNanjing
Grootste stadNanjing
Regering
 • TipeRegering van Jiangsu
 • SekretarisWu Zhenglong
 • GoewerneurXu Kunlin
Oppervlak
 • Totaal102 600 km2 (39 600 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal84 748 016
 • Digtheid830/km2 (2 100/vk. myl)
TydsoneUTC+08:00 (SST)
Etniese groepeHan (99,6%), Hui (0,2%)
Webwerfwww.jiangsu.gov.cn
Suzhou-tempel en pagoda

Die naam kom van jiang, 'n verkorte vorm vir die naam van die stad Jiangning (nou Nanjing), en su, vir die stad Suzhou. Die afkorting vir hierdie provinsie is "苏" (sū), die tweede karakter van sy naam.

Ligging en kenmerkewysig

Jiangsu grens aan Shandong in die noorde, Anhui in die weste, en Zhejiang en Sjanghai in die suide. Jiangsu het meer as 1000 km kuslyn langs die Geelsee en die Yangtzerivier vloei deur die suidelike dele van die gebied.

Die provinsie is redelik plat, ryk aan water en effens heuwelagtig. Dit besit China se grootste binnelandse see en die Grootkanaal lê grootliks in hierdie provinsie (lengte 690 km).

Jiangsu is een van die mees bevolkte en welvarende provinsies. Die suide is egter baie meer welaf as die noorde. Die bevolking praat Mandaryns en Wu.

Stede in Jiangsu-provinsiewysig

  • Changshu is geleë op die Grootkanaal, wat in die jaar 609 geopen is. Die stad het 'n belangrike funksie vir die handel in landbouprodukte na die Noorde gehad. Dit is nou 'n tekstielstad. Die stad is welvarend, maar minder welaf as Nanjing, Suzhou en Wuxi.
  • Changzhou
  • Huai'an
  • Jiangdu
  • Jiangyan
  • Jingjiang
  • Jurong
  • Lianyungang, 'n belangrike hawestad in die noorde en een van die eerstes wat omstreeks 1680 deur die Qing-dinastie vir buitelandse handel oopgestel is. Die ander drie was Ningbo, Xiamen en Canton. Teen die einde van die 20ste eeu was die stad weer een van die 14 stede wat vir buitelandse handel oopgestel is.
  • Liyang
Nanjing Xinjiekou se luglyn
  • Nanjing is die provinsiale hoofstad en was verskeie kere in die verlede die hoofstad van China, ook bekend as 'n stad met baie opvoedkundige instellings.
  • Nantong is bekend vir sy tekstiel- of katoenbedryf. Die hawestad, noord van Sjanghai, was een van 14 stede wat vir buitelandse handel bestem was en is een van die vinnigsgroeiende aan die kus. 'n Unieke dialek word in die stad gepraat.
  • Qidong
  • Rugao
  • Suqian
'n Tuin in Suzhou
  • Suzhou is bekend vir sy klassieke tuine, kanale, brûe en geboue, en word deur baie toeriste besoek. Reeds in die 15de eeu is die stad as mooier as enige ander Chinese stad beskou en word gelykgestel aan Beijing, Hangzhou en Guilin. Suzhou is die tweede belangrikste industriële stad en een van die rykste stede in China. Die sybedryf is steeds baie belangrik.
  • Taicang
  • Taixing
  • Taizhou is 'n vroeëtydse hawestad. Die ekonomie groei teen 'n jaarlikse koers van 10%.
  • Wujiang
  • Wuxi is een van die belangrikste stede in die provinsie na Nanjing. Baie buitelandse maatskappye is hier geleë en dit staan ook bekend as Klein-Shanghai. Dit is sentraal geleë tussen Sjanghai, Nanjing en Suzhou. Wuxi is 'n modelstad en pragtig geleë op die Taihu.
  • Xinghua
  • Xuzhou
  • Yancheng is die grootste stadsprefektuur in die provinsie met meer as 16 000 km². Dit is lank reeds belangrik vir soutproduksie.
  • Yangzhou was 'n belangrike stad vanweë sy ligging aan die Grootkanaal. Reeds in die 13de eeu is die stad deur Marco Polo besoek. Tot aan die begin van die 21ste eeu het Yangzhou geen spoorverbinding gehad nie en daar is amper geen hoë geboue nie. Die stad handhaaf 'n interessante kookkuns. Soos Suzhou, het die stad bekende klassieke tuine.
  • Zhenjiang is die ou provinsiale hoofstad. Shen Kuo, 'n bekende sterrekundige, het in die 11de eeu hier gewerk.

Verwysingswysig

  1. (en) "Communiqué of the Seventh National Population Census (No. 3)". National Bureau of Statistics of China. 11 Mei 2021. Besoek op 11 Mei 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media