Jerry Hope

Dr. James Jerry Luckyboy Hope (noemnaam Jerry, Krugersdorp, Transvaal, 30 Desember 1943) was van 1972 tot 2008 predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, al drie aan die Witwatersrand. Hy is op 28 Junie 2021 oorlede nadat hy in die Mulbarton-kliniek vir Covid-19 behandel is.

Dr. Jerry Hope
Dr. Jerry Hope
Dr. Jerry Hope

NaamJames Jerry Luckyboy Hope
Geboorte30 Desember 1943
Krugersdorp, Transvaal
Sterfte28 Junie 2021
Johannesburg
KerkverbandGereformeerd
Gemeente(s)Newclare, 1972–1977
Eldoradopark/Reigerpark, 1998–2008
Jare aktief1972–2008
KweekskoolHammanskraalse Teologiese Skool

Kinderjarewysig

Jerry Hope is op Oujaarsdag 1943 gebore, maar tydens die registrasie van sy geboorte is die datum verkeerdelik as 30 Desember aangedui en sedertdien is dit so aanvaar. Sy vader was James Karel Hope (18 Junie 1912 – 20 Junie 1990) en sy moeder Leah Hope (9 November 1911 – 13 April 1993). Sy sibbes was Dianah (oorlede 28 Februarie 2008), Ellen, Ronald (oorlede as kind), Christian, Abel, Frederick (oorlede 06 Augustus 1997), Grace, Ruth, Olympia en Norah.

Dr. Hope het vroeg in sy lewe al gevoel hy die Here moes dien, uit dankbaarheid vir genesing. Hy sê: “Dit was en bly ’n roeping.”

Hy het sy skoolopleiding ontvang aan die laerskole Newclare en Kliptown en die Hoërskool Noordgesig, almal in die weste van Johannesburg.

Herkomswysig

Hy het in 2017 oor sy herkoms vertel: “Sedert die vroeë ouderdom van 15 jaar het ek, toe ek bewus word van my unieke voorkoms, geworstel met die vrae: ‘Wie is ek? Waarvandaan kom ek?‘ Ek het toe probeer om hierdie vraag te beantwoord deur my ouers herhaaldelik te vra, sonder enige duidelike antwoorde van hulle kant.“ Na aanleiding van enkele antwoorde van sy vader en moeder het hy besef dat hy van gemengde afkoms was. Sy identiteitsdokument het aangedui dat hy van Kaaps-Maleise afkoms is. Maar inligting van sy vader het hom gelei in die rigting van gemengde afkoms. Hy was van Europese afkoms en sy moeder van Afrika-afkoms. Sy vader was onseker van sy van. Hy het drie vanne genoem wat hy dikwels as kind gehoor het van sy moeder. Hierdie name was: Fuchs, Faulchs en Fox. Hy het as tienjarige saam met sy moeder (dr. Hope se ouma) by die huis van sy stiefvader aangekom.

Toe sy vader aansoek doen om registrasie vir toelating tot die Suid-Afrikaanse Weermag gedurende 1940 is sy toelatingserfikaat vir militêre diens onderteken deur n persoon onder die naam Schalosky as vader.

Dr. Hope se vader se stiefvader se van was onbekend. Sy vader het egter die van Mat-Hope gebruik. Hierdie van se spelling het groot probleme geskep wanneer die koppelteken uitgelaat is. Om hierdie rede het sy vader aansoek gedoen om vansverandering in 1984 ingevolge Art. 9 van Wet 1 van 1937. Sedertdien het hy en al sy kinders die van Hope gedra.

In 2010 was hy steeds onseker oor my presiese afkoms en het hy hom gewend tot die Human Genomic Diversity and Disease Research Unit, National Health Laboratory Service Division of Human Genetics vir ’n DNS-toets. Die toetsverslag van genetiese herkoms het die volgende aangedui:

  • Herkoms aan moederskant: Twee identiese ooreenkomste met ’n Afro-Karibiese individu; en met ’n Suid-Afrikaanse “nieblanke” individu en een Afro-Amerikaanse individu. (Dr. Hope se afleiding is dat hierdie laaste verbintenis verband hou met moontlike Afrika-slawehandel.)
  • Herkoms aan vaderskant: Oos- en Suid-Asiatiese afkomsgroep. Die volgende ooreenkoms (naaste) is met een Tsjeggies-Slowaakse individu, een Oostenrykse individu en met een blanke Suid-Afrikaner.

Opleidingwysig

Sy opleiding het hy ontvang aan die Hammanskraalse Teologiese Skool, ’n skool gestig vir die opleiding van nieblanke predikante in die Gereformeerde Kerk te Pretoria in 1966 toe hy 23 jaar oud was.Hy is sonder matriek toegelaat aangesien hy slegs in ’n formele skool was tot st. 6. Omdat hy sieklik was (osteomiëlitis) het sy moeder voorgestel dat hy maar tuisbly. So het hy onderrig met die ook op st. 8 en 10 deur Sukses Kollege en Damelin Kollege ontvang.

In 1966 het sy vader sy begeerte om predikant te word help verwesenlik deur hom na Hammanskraal te neem waar hy ingeskryf is. Daar het ek onder die leiding van proff. Louis Botha, Bouke Spoelstra, L.F. Schulzer, Bert Floor en Jaap Helberg opleiding ontvang in Klassieke Hebreeus, Hellenisties Grieks, Volkekunde, Dogmatiek, Etiek, Homiletiek en Kultuur Historiese Agtergrond Ou Testament en Nuwe Testament. Daar het hy ook sy matriek deur middel van afstandonderrig deur Sukses Kollege afgehandel.Danksy sy matrikulasiesertifikaat kon hy inskryf aan die Universiteit van Suid-Afrika. In 1971 het hy sy opleiding as predikant voltooi waarna hy in 1972 in die amp bevestig is in die Gereformeerde kerk Newclare. Hy het daarna aan Unisa vir ’n B.A.-graad geregistreer met die hoofvakke: Klassieke Hebreeus en Filosofie. Hierdie studie het plaasgevind terwyl hy predikant was van die Gereformeerde kerk Eldorado Park (1978 tot emeritering in 2008) en die Gereformeerde kerk Reigerpark (gelyktydig en in kombinasie).

Gedurende 1994 het hy sy M.A-graad (RAU) in Ou-Testamentiese Etiek, Hermeneutic en Metodologie van Eksegese ontvang. Die onderwerp van sy verhandeling was “Etiese Gesigspunte in die boek Jona”. In 2007 het hy ’n D.Litt. et Phil.-graad behaal aan die Universiteit van Johannesburg. Sy verhandeling was “Exegetical Perspectives of Pauline Contextualization of Theological Concept with Selected Juridical Imagery in Romans and its Contextual Application”. Terwyl hy met hierdie studie besig was, is hy ook ingeskryf (met toelating) vir die LL.B.-graad deur Unisa.

In 2012 het hy die LL.B.-graad voltooi. Sy verhandeling was “The Metaphysical Origins of the South African Idea of Fundamental Rights“.

Gesinslewewysig

Dr. Hope is op 25 November 1966 in die Gereformeerde kerk Newclare deur ds. P.J.J.S. Enslin met Rhoda Geraldine Jaggers in die huwelik bevestig. Sy is gebore op 14 September 1950 as ’n dogter van May Jaggers (5 Mei 1925 – 11 Mei 1996) en Joseph Marricks (20 Junie 1911 – 2 Julie 1984). Rhoda Hope is ’n afgetrede IT-klerk by Standard Bank, waar sy 20 jaar lank gewerk het. Uit hul huwelik is sewe kinders gebore: Vanessa Angela (16 Junie 1967), Conrad James (24 Februarie 1969 – 13 Januarie 1971), Jerry Calvin (17 Februarie 1971), Karen Rhoda (22 Desember 1972), Elwen Leah (5 Oktober 1974), Vergil Angelo (12 Februarie 1977) en Roger Lance (2 April 1980).

Gemeentebedieningwysig

Dr. Hope sê sy benadering tot sy werk en privaat lewe is “Bybels gefundeerd” en “volharding en deursettingsvermoëns ongeag die omstandighede, met die oog op roepingsbewustheid”.

Dr. Hope sê die hoogtepunte van sy loopbaan was toe hy grade B.A., M.A., LL.B. en die D.Litt et Phil. behaal het en die voorreg gehad het om vier gemeentes te bedien: Newclare, Eldorado Park, Reigerpark en Riverlea. Ook staan sy betrokkenheid by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika van 1978 tot 1987 vir hom uit.

Dr. Hope was betrokke by sy gemeenskap as raadslid van die Suid-Rand-hospitaal van 1990 tot 2000, het in die plaaslike regering gedien van 1995 tot 1998 en was betrokke by ’n werkswinkel vir liggaamlik gestremdes in Eldorado Park van 2004 tot 2014. Van die International College of Bible and Missions was hy dosent van 2003 tot 2004, en ’n raadslid van die Randse Onderwyskollege van 1973 tot 1975. Ná sy emeritaat in 2008 is dr. Hope steeds betrokke by Die Bybels Gereformeerde Kerk, met bedieningspunte in Eldorado Park, Reigerpark en Riverlea en die werkwinkel vir gestremdes in Eldorado Park.

Aan die skadukant was daar die oorlye van hul oudste seun, Conrad, op die ouderdom van een en 11 maande tydens dieselfde jaar van die afhandeling van dr. Hope se opleiding as predikant en in ’n stadium toe hulle die sinode self moes ontvang in die bruin gemeente Newclare. Hy beskryf dit as ’n tydperk van groot hartseer.

’n Buitengewoon groot uitdaging vir hom was die bediening van drie gemeentes onder moeilike omstandighede gedurende die apartheidsjare.

Bronnewysig

  • E-posgesprek en voltooide vraelys, Januarie 2018.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media