Jeroen Dera

Nederlandse letterkundige en literatuurkritikus

Jeroen Dera (23 Augustus 1986, Uden) is 'n Nederlandse letterkundige en literatuurkritikus.

Jeroen Dera
Gebore23 Augustus 1986
Uden
NasionaliteitVlag van Nederland Nederland

Dera studeer Nederlandse Taal en Kultuur en Literatuurwetenskap aan die Radboud Universiteit Nijmegen waar hy ook as dosent werk.[1] Hy promoveer in 2017 met die proefskrif getiteld Sprekend kritiek: literatuurprogramma's in de vroege jaren van de Nederlandse radio en televisie en doen sedertdien veral ondersoek na die Nederlandse literatuuronderwys. As literatuurritikus is Dera verbonde aan die Vlaamse koerant De Standaard en aan die literêre tydskrifte Dietsche Warande & Belfort en Poëziekrant.

Saam met Sarah Posman en Kila van der Starre stel hy Dichters van het nieuwe millennium (2016) saam, wat oor die digkuns in Nederland en Vlaandere in die 21ste eeu handel.[2][3] Begin 2018 besorg hy saam met Carl De Strycker die opvolger van dié werk, Bundels van het nieuwe millennium.

Dera was in sowel 2017 as 2018 voorsitter van die beoordelingspaneel vir die Herman de Coninck-prijs vir poësie. Hy is daarnaas ook bestuurslid van die Jan Campert-Stichting.

In 2020 publiseer hy saam met die Vlaamse digteres Charlotte van den Broeck die boek Woorden temmen: van kop tot teen.

Verwysingswysig

  1. "Promotie - Jeroen Dera (Radboud Universiteit Nijmegen) - Onderzoekschool Literatuurwetenschap (OSL)". Onderzoekschool Literatuurwetenschap (OSL) (in Nederlands). 16 Mei 2017. Besoek op 29 Oktober 2017.
  2. Jeroen Dera op de website van DWB
  3. Dichters van het nieuwe millennium - website van de uitgever


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media