Jan van Elfen

Skrywer van mediese boeke

Dr. Jan van Heerden (29 Desember 192623 September 2007) was 'n skrywer van mediese boeke wat onder die naam Jan van Elfen sy boeke gepubliseer het. Sy vrou se naam is Elfabie, Elf genoem en dit is waarop sy skryfnaam gebaseer is. Hy is op die plaas Geluk in die distrik Middelburg, Kaap gebore.

Jan van Heerden
Dr. Jan van Elfen
Gebore29 Desember 1926
Sterf23 September 2007
NasionaliteitSuid-Afrikaner
BeroepDokter, skrywer
Bekend vir17 boeke, onder meer Dokter in die huis
EggenootElfabie
Kinders4
Dr. Jan van Heerden en sy vrou, Elfabie, op wie se naam sy skrywersvan gegrond is.

Hy word arm groot maar hy slaag matriek in Mosselbaai en betaal vir sy eie mediese studies aan die Universiteit van Kaapstad. Hy behaal sy M.B.ChB en doen wyd locums totdat hy sy eerste praktyk in Harrismith begin. Hier trou hy in 1955 met Elfabie Schwim. Hulle maak saam vier kinders groot: Rouan, Heidi, Carel en Ilse.

Van Heerden was 'n kort rukkie assistant-redakteur van die SA Mediese Tydskrif maar kantoorwerk het hom nie gepas nie en hy word betrokke in verskeie praktyke. Hy vestig hom as stigter en eerste dokter van die Gesondheidsdienssentrum van die Universiteit van Stellenbosch – met spesiale aandag aan sportbeserings. Die van Heerdens gaan tree af op Onrus, maar na twee jaar verwesenlik Jan 'n lewensdroom toe hulle in 1995 uitwyk na die wye Karoo en vestig hulle op Prins Albert.

Benewens dat van Heerden 'n dokter en skrywer was - ondermeer van 17 boeke en meer as 4 000 artikels en rubrieke - was hy ook 'n natuurmens, kunstenaar, sportkenner, wynliefhebber en het die lewe tot sy volle geniet. Sy bekendste boek is Dokter in die huis.

Sy boek,’Wat Seuns Wil Weet’, word gekenmerk deur ‘n ondertoon van religieuse repressie, waarin normale aktiwiteite soos selfbevrediging in religieus-gelaaide terme soos “selfbevlekking” beskryf word.

Hy is op 23 September 2007 in die ouderdom van 80 jaar in sy huis in Prins Albert oorlede.

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media