Jamestown, Sint Helena

Jamestown (bevolking 630 in 2016) is 'n hawe en die hoofstad van Sint Helena. Dit is in 1659 deur die Britse Oos-Indiese Kompanjie gestig.

Jamestown

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Gebied Sint Helena
 Eiland Sint Helena
 Koördinate15°55′S 05°43′W / 15.917°S 5.717°W / -15.917; -5.717
 Gestig op1659
 Oppervlakte: 
 - Totaal3,6 vk km
 Hoogte bo seevlak10 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2016)630
 - Bevolkingsdigtheid198,3/vk km
 TydsoneUTC+0

Die dorp se mees prominente eienskap is Jacob's Ladder met 699 trappe, wat in 1829 gebou is om Jamestown met 'n mas op Ladder Hill, wat steeds in gebruik is, te verbind. Die leer is baie gewild onder toeriste en is snags helder verlig. 'n Padwedloop vind jaarliks daar plaas met mense wat van oor die wêreld kom om daaraan deel te neem. Die dorp se bevolking is, soos die res van die eiland se bevolking, aan die krimp. Die daling in bevolking is ook te wyte aan die groei in St. Helena se voorstad, Half Tree Hollow.

Daar is goeie voorbeelde van Britse koloniale argitektuur in die dorp en dit is as 'n wêrelderfenisgebied benoem. Baie geboue is van vulkaanrots vanuit die plaaslike omgewing gebou. Jamestown is die hoofsentrum van die eiland se padnetwerk en kommunikasie infrastruktuur.

Die dorp vorm 'n klein enklawe tussen styl hange waarop nie gebou kan word nie. Dit is daarom dig bewoon en is redelik lank en smal. Daar is 'n aantal kronkelende strate, met struike en bome wat by 'n paar straathoeke uitsteek. Die vestiging is op 'n groot hoeveelheid vulkaanrots gebou. Die temperatuur in die gebied is sowat vyf grade warmer as die res van die eiland as gevolg van die verskil in hoogte bo seespieël tussen Jamestown en die res van die eiland. Die terrein is ru en styl. Die aangrensende see kan met tye taamlik rof wees en daar is vroeër 'n seewal opgerig om die dorp daarteen te beskerm.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media