Jakob

In Genesis, 'n seun van Isak, ook bekend as Israel; die patriarg van die Israeliete

Jakob (Hebreeus: יַעֲקֹב, Ja'akow, ; Grieks: Ἰακώβ, Iakṓb; ook Israel genoem) is in die Hebreeuse Bybel en Ou Testament die derde aartsvader, die kleinseun van Abraham, asook die seun van Isak en Rebekka. Die nageslag van sy twaalf seuns was die twaalf stamme van Israel. Hy was dus die stamvader van die Israeliete. Die Bybelboek Beresjiet/Genesis beskryf in hoofstukke 25 tot 50 sy volledige lewensgeskiedenis.

Jakob
Jakob worstel met die engel, skildery deur Rembrandt van Rijn, 1889
Kinders12 seuns (twaalf stamme van Israel)
Dina (enigste dogter)
Ouer(s)Isak (vader)
Rebekka (moeder)
Jakob/Israel

Russies-Ortodokse ikoon van Sint Jakob, 18de-euse (Ikonostase) by die Kizji-klooster in Rusland
Vereer inJudaïsme, Christendom, Islam, Baha’i-geloof
PelgrimsoordGrot van die Patriarge, Hebron
Feesdag
Die Grot van die Patriarge in Hebron, waar Jakob ook volgens tradisie begrawe is.

Jakob se tweelingbroer Esau is net voor hom gebore, maar Jakob het tydens die geboorte aan Esau se hakskeen vasgehou, wat die eersgeboortereg in gedrang gebring het en die rede is waarom hy die naam Jakob gekry het. Die Hebreeuse woord vir hakskeen is akef. Die Hebreeuse woord vir bedrieg is akof, wat ooreenstem met die laaste vier letters van Jakob se naam. Dit is daarom dat Esau sêː "Hy word tereg Jakob genoem." nadat Jakob vir Isak bedrieg het om die seën te kry.

Alhoewel Esau dus bestem was om sy pa Isak op te volg, het God (JHWH/Allah) vroeër reeds bekend gemaak dat Jakob die opvolger sou wees, wat toe ook bewaarheid is, want Jakob het later Esau se eersgeboortereg by hom geruil vir 'n pot lensiesop, op 'n dag toe Esau doodmoeg uit die veld teruggekeer het. Toe Isak al oud en blind was wou hy 'n seën oor sy oudste seun uitspreek en het hy Esau gestuur om vir hom wildsvleis te bring en geseën te word. Terwyl hy weg was het Jakob homself as Esau voorgedoen en het hy toe op bedrieglike wyse die eersgeboreneseën van Isak gekry. Dit het Esau so kwaad gemaak dat Jakob na sy oom Laban in Harran in Mesopotamië moes vlug.

Op pad daarheen het Jakob 'n droom gehad waarin hy engele teen 'n leer sien op- en afklim het en het die Here die land Kanaän aan hom en sy nageslag beloof; Jakob noem toe die plek "Bet-El", wat "Huis van God" beteken.

In Mesopotamië moes Jakob sewe jaar vir sy oom Laban werk om met sy dogter te trou. Laban gee toe sy oudste dogter Lea, maar Jakob wou met Ragel, die ander dogter, trou. Lea het sagte oë gehad, maar Ragel was mooi gebou en beeldskoon. 'n Week later het hy met Ragel getrou, maar hy moes toe nog sewe jaar vir haar werk.

Jakob worstel met die engel, skildery deur Gustave Doré.

Ná twintig jaar is hy terug na Kanaän met baie vee. Heelwat daarvan wou hy as geskenk aan sy broer Esau gee omdat hy onseker was oor die ontvangs wat hy sou kry. Toe hy by die Jabbokrivier aankom en al sy familie, slawe en vee reeds deur die drif was, was hy huiwerig om self oor te gaan en het hy eers alleen langs die rivier oornag. Gedurende die nag was hy die hele nag lank in 'n stoeigeveg met iemand betrokke. Jakob het die geveg gewen en het daarop aangedring dat hy geseën word en het toe die naam Israel gekry. Die naam is 'n samestelling van "stryd voer" en "God". Jakob het die plek Pniël genoem – dit beteken "aangesig van God" (Genesis 32).

Van toe af staan Jakob se nageslag bekend as die Israeliete en is hulle geassosieer met die naam Israel.

Jakob het twaalf seuns en een dogter gehad. Hy het vir Josef voorgetrek en dit het die ander so jaloers gemaak dat hulle hom aan slawehandelaars verkoop het wat hom na Egipte geneem het. Josef was baie suksesvol in Egipte en het tot onderkoning gestyg. Tydens 'n hongersnood het Josef se broers Egipte besoek omdat daar graan was. Hy het hulle vertel wie hy was. Daarna het Jakob met al sy familie en besittings na Egipte verhuis.

Jakob is in Egipte oorlede maar het laat blyk dat hy in Kanaän begrawe wou word.

Jakob se seuns van Lea was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon. Die seuns van Ragel was Josef en Benjamin. Die seuns van Ragel se persoonlike slavin Bilha was Dan en Naftali. Die seuns van Lea se persoonlike slavin Silpa was Gad en Aser.

Jakob se twaalf seuns was van oud na jonk:

  1. Ruben
  2. Simeon
  3. Levi
  4. Juda
  5. Dan
  6. Náftali
  7. Gad
  8. Aser
  9. Issaskar
  10. Sebulon
  11. Josef
  12. Benjamin

Jakob het een dogter gehad:

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

  • (en) "Jacob". Jewish Encyclopedia. Besoek op 26 Junie 2023.
  • (en) "Jacob". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 Junie 2023.


Profete van Islam, soos in die Koran genoem.
ʾĀdamIederiesNūḥHüdSalihIbrāhīmLoetIsmāʿīlIṣḥāqYāqubYūsufAjjoeb
آدمادريسنوحهودصالحإبراهيملوطاسمعيلاسحاقيعقوبيوسفأيوب
AdamHenogNoagEberSelagAbrahamLotIsmaelIsakJakobJosefJob

SuaybMūsaHaroenDhoelkiflDawudSüleymanIljasAl-YasaYunusZakarijaJahjaʿĪsāMohammed
شعيبموسىهارونذو الكفلداودسليمانإلياساليسعيونسزكريايحيىعيسى
Mohammed
JetroMosesAäronEsegiëlDawidSalomoElijaElisaJonaSagariaJohannesJesus
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media