Djabir ibn Hajjan

8ste-eeuse Islamitiese alchemis en skrywer

(Aangestuur vanaf Jabir ibn Hayyan)

Aboe Moesa Djabir ibn Hajjan (Latyn: Geber; 721? Toes, Iran – 815? Al-Koefa, nou Irak) word as die grootste alchemis van die Islamitiese wêreld beskou. Sy werk word selfs deur sommige as die begin van die chemie beskou, daar is egter ook geleerdes wat selfs oortuig is hy het nooit bestaan nie en dat agter sy naam 'n groep anonieme alchemiste skuil. Daar is meer as duisend geskrifte wat aan Djabir toegeskryf word, maar die meeste verraai dat hulle baie later geskryf is met terme wat uit 9de-eeuse Grieks vertaal is of terme wat geleerdes vermoed van die Isma’ili-sekte afkomstig is.

Djabir ibn Hajjan
15de-eeuse portret van Djabir ibn Hajjan

GeboortenaamAboe Moesa Djabir ibn Hajjan
Geboreca. 721
Toes, Omajjadiese Kalifaat[1]
Oorledeca. 815
NasionaliteitArabies[2][3][4] of Persies
VakgebiedAlchemie en chemie, sterrekunde, astrologie, geneeskunde en aptekerswese, filosofie, fisika, filantroop
Bekend virKitab al-Kimja, Kitab al-Sab'een, Boek van die Koninkryk, Boek van die Saldo's, Boek van Oos-Mercurius

Djabir se pa kom van Chorasan in die ooste van Iran en was 'n Sjia-aanhanger en apteker. Hy ondersteun die magtige Abbasidiese dinastie. Djabir raak omstreeks 750 n.C. bekend met die wisier van die Abbasiede nadat hulle die mag oor die kalifaat van die Omajjade oorgeneem het. Djabir kom hierdeur aan die hof van Haroen-al-Rasjied.

Die meeste boeke van Djabir gaan oor alchemie, maar daar is tekste oor vele ander onderwerpe soos medisyne, wiskunde, magie, musiek en filosofie. Die belangrikste boeke is die Kitab-al-sabin ("Die sewentig boeke") en die Kitab al-mizan ("Die boek van die skale").[5]

Hoewel hy 'n mistikus en Soefi was, beklemtoon hy die belang van sistematiese eksperimentele werk. Hy het talle metodes, glaswerk en chemiese stowwe ontdek en ontwikkel wat vandag nog as onderdeel van die chemie beskou word, soos:

Hy het ook begin om stowwe te kategoriseer, soos vlugtige stowwe teeoor metale, en ten derde materiale wat tot 'n poeier fygestamp kon word.[6]

Verwysingswysig

  1. (en) Tus, V. Minorsky, The Encyclopaedia of Islam, Vol. X, ed. P.J. Bearman, T. Bianquis, C.E. Bosworth, E. van Donzel and W.P. Heinrichs, (Brill, 2000), 741.
  2. (en) Kraus, P. (1962). "Djābir B. Ḥayyān". Encyclopaedia of Islam (2nd) 2. Brill Academic Publishers. 357–359. 
  3. (en) Holmyard, Eric John, "Introduction" to The Works of Geber, translated by Richard Russell (London: Dent, 1928), bl. vii
  4. (en) https://archive.org/details/WorksOfGeber
  5. Dictionary of World Biography: The Middle Ages, Deel 2, Christina J. Moose, Routledge, 1998, ISBN 1-57958-041-6, ISBN 978-1-57958-041-4
  6. nku.edu.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media