Józef Piłsudski

Poolse politikus, Eerste Maarskalk en Eerste Minister (1867–1935)

Józef Klemens Piłsudski ['juzεf piw'sutski] (* 5 Desember 1867 in Zułów (Litaus: Zalavas) naby Vilnius, tans Litaue; † 12 Mei 1935 in Warskou) was 'n Poolse militaris en politikus wat teen Russiese heerskappy geveg het. Hy was later maarskalk in die Tweede Poolse Republiek wat hy tydelik as diktator geregeer het.

Józef Piłsudski
Józef Piłsudski

1ste Staatshoof van die Tweede Poolse Republiek
Ampstermyn
14 November 1918 – 11 Desember 1922
Eerste ministerIgnacy Daszyński, Jędrzej Moraczewski, Ignacy Jan Paderewski, Leopold Skulski, Władysław Grabski, Wincenty Witos, Antoni Ponikowski, Artur Śliwiński, Julian Nowak
Voorafgegaan deurAmp geskep
Opgevolg deurGabriel Narutowicz

20ste Eerste Minister van Pole
Ampstermyn
15 Augustus 1930 – 4 Desember 1930
PresidentIgnacy Mościcki
Voorafgegaan deurWalery Sławek
Opgevolg deurWalery Sławek

15de Eerste Minister van Pole
Ampstermyn
2 Oktober 1926 – 27 Junie 1928
PresidentIgnacy Mościcki
Voorafgegaan deurKazimierz Bartel
Opgevolg deurKazimierz Bartel

1ste Algemene Inspekteur van die gewapende magte
Ampstermyn
27 Augustus 1926 – 12 Mei 1935
PresidentIgnacy Mościcki
Voorafgegaan deurAmp geskep
Opgevolg deurEdward Śmigły-Rydz

7de Minister van Militêre Sake
Ampstermyn
16 Mei 1926 – 12 Mei 1935
PresidentMaciej Rataj (waarnemend)
Ignacy Mościcki
Eerste ministerKazimierz Bartel, Homself, Kazimierz Świtalski, Walery Sławek, Aleksander Prystor, Janusz Jędrzejewicz, Leon Kozłowski, Marian Zyndram-Kościałkowski
Voorafgegaan deurJuliusz Tarnawa-Malczewski
Opgevolg deurTadeusz Kasprzycki

Persoonlike besonderhede
Gebore5 Desember 1867
Zułów naby Vilnius, Russiese Ryk (tans Litaue)
Sterf12 Mei 1935
Warskou, Pole
Politieke partyOnafhanklik
Eggenoot/-noteMaria Koplewska (1899-1921)
Aleksandra Szczerbinska (1921–1935)
Kind(ers)2
ReligieRooms-Katoliek, tydelik Lutheranisme
Handtekening

Militêre Diens
LojaliteitVlag van Pole Pole
Diens/TakPoolse legioene
Poolse weermag
Jare in diens1914–1923, 1926–1935
RangMaarskalk van Pole
Wapen van Józef Piłsudski

Jeugwysig

Sedert die Poolse verdelings van die agtiende eeu het Pole opgehou om te bestaan en was dit verdeel tussen Oostenryk-Hongarye, Pruise en Rusland. Piłsudski is gebore in die deel van die Pools-Litaus Statebond wat in Rusland geval het. Hy kom uit die Poolse adelstand (szlachta). Hy het in Vilnius grootgeword en op 'n vroeë ouderdom het Piłsudski saam met sy broer Bronisław (1866-1918) by die Poolse onafhanklikheidsbeweging betrokke geraak. Hy is uit Kharkov Universiteit geskors vir sy betrokkenheid by die sosialistiese, anti-tsaristiese studentebeweging. In 1888 is die broers skuldig bevind aan betrokkenheid by 'n mislukte bomaanval op die tsaar: Josef is vir vyf jaar na Siberië verban en Bronisław is tot 15 jaar se harde arbeid gevonnis. In 1890 het Jozef by die Poolse Sosialistiese Party (Polska Partia Socjalistyczna of PPS) aangesluit en op propaganda gefokus deur die onwettige partykoerant Robotnik (Die Werker). Ná sy terugkeer in 1892 was hy by verskeie onwettige aksies betrokke, en in 1900 is hy weer hiervoor gearresteer. ’n Jaar later het hy uit ’n kranksinnige-asiel in St. Petersburg ontsnap, waarheen hy uit die tronk oorgeplaas is, sonder dat dit opgemerk is dat hy sy kranksinnigheid voorgee het. Hy het hom in Krakow in Oostenryk-Hongarye gevestig en aan die rewolusie van 1905 deelgeneem. In 1908 het hy semi-wettige militêre organisasies in Galisië gestig.

Eerste Wêreldoorlogwysig

In die vroeë jare van die Eerste Wêreldoorlog het Piłsudski Poolse eenhede binne die Habsburgse leër gelei teen Russiese troepe aan die Oosfront – Tsaristiese Rusland is gesien as die grootste vyand van 'n vry Pole. Hy het egter reeds in 1914 duidelik laat deurskemer dat hy nooit teen Frankryk of Groot-Brittanje met sy manne sou veg nie omdat hierdie state na sy mening die grootste bydrae tot die vorming van 'n nuwe Poolse staat kon lewer. In 1916 het hy as bevelvoerder bedank, en omdat dit vir die Duitsers duidelik geword het dat hulle hom nooit in hul eie saak kon gebruik solank sy prioriteit was om 'n onafhanklike Pole te vestig nie, is Piłsudski in 1917 in Maagdenburg geïnterneer.

Onafhanklikheidwysig

Toe Oostenryk-Hongarye ineengestort het, Duitsland groot verliese gely het en 'n burgeroorlog in Rusland tussen Tsaar-lojaliste en kommuniste gewoed het, het Piłsudski sy geleentheid aangegryp en Pole onafhanklik verklaar. Piłsudski het staatshoof en weermaghoof van die nuwe staat geword. In 1919 het hy voorlopige president geword. In die ooste is die grens gelykgestel aan die Curzon-lyn, maar dispute het ontstaan tussen Pole en die Sowjetunie oor wedersydse invloed in Wit-Rusland en die Oekraïne. Piłsudsdki was aanvanklik baie suksesvol in sy stryd teen die Bolsjewiste en het Kiëf in Mei 1920 beset, maar 'n maand later moes hy die stad weer oorgee en is gedwing om terug te trek. Die Rooi Leër het selfs 'n aanval op Pole self geloods, wat eers net voor Warskou afgeweer is, waarna die Pole weer aan die offensief gegaan het. Uiteindelik het Piłsudski dus 'n gebied verower wat Pole tot 1939 en formeel tot 1945 sou besit, toe die Sowjetunie dit weer geannekseer het.

Piłsudski het die presidentskap wat aan hom gebied is geweier en in 1923 onttrek, maar daarna is Pole oorgegee aan magtelose regerings, wat nie daarin geslaag het om die land te stabiliseer nie, deels weens die swak ekonomiese situasie en voortdurende stryd met veral Oekraïense rebelle in die suidooste. Piłsudski het toe in 1926 'n staatsgreep uitgevoer, en Pole het 'n militêre diktatuur geword, die Sanacja-regime, so genoem omdat Piłsudski Pole wou herorganiseer. Piłsudski was Eerste Minister van 1926 tot 1927 en in die herfs van 1930, en daarna Minister van Oorlog vir 'n paar maande. Vanaf 1931 het hy nie meer 'n amptelike politieke posisie gehad nie, maar het tot met sy dood belangrike invloed as adviseur bly uitoefen.

Die Joodse en ander minderhede is alleen gelaat onder Piłsudski. Anders as sy nasionalistiese opponent Roman Dmowski, wou hy nie minderhede 'poloniseer' nie en het geglo dat etniese minderhede hulself kan bly, al is dit binne die Poolse staat. Hy het dus 'n onderskeid getref tussen die etnisiteit en nasionaliteit van mense. Gevolglik het die situasie vir die Jode na Piłsudski se dood in 1935 aansienlik versleg. Die land is tot en met die Duitse inval deur 'n kolonel-regime regeer wat meer deur Dmowski se nasionaliste (genoem Endecja) beïnvloed is. In ooreenstemming met sy wense is Piłsudski se hart in sy ma se graf in Vilnius begrawe, sy liggaam is in die Wawel-koninklike krip begrawe.

Bronnewysig

  • Czubiński, Antoni, red. (1988). Józef Piłsudski i jego legenda [Józef Piłsudski and His Legend]. Warsaw: Państowe Wydawnictwo Naukowe PWN. ISBN 978-83-01-07819-5.
  • Davies, Norman (2001) [1984]. Heart of Europe, The Past in Poland's Present. Oxford; New York: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-280126-5.
  • Dziewanowski, Marian Kamil (1969). Joseph Pilsudski: A European Federalist, 1918–1922. Stanford: Stanford University Press. ISBN 978-0-8179-1791-3.
  • Garlicki, Andrzej (1981). "Piłsudski, Józef Klemens". Polish Biographical Dictionary (Polski Słownik Biograficzny) vol. XXVI (in Pools). Wrocław: Polska Akademia Nauk. pp. 311–324.
  • Hauser, Przemysław (1992). Dorosz, Janina (transl.). "Józef Piłsudski's Views on the Territorial Shape of the Polish State and His Endeavours to Put them into Effect, 1918–1921". Polish Western Affairs. Poznań: Komisja Naukowa Zachodniej Agencji Prasowej (2): 235–249. ISSN 0032-3039.
  • Jędrzejewicz, Wacław (1989). Józef Piłsudski 1867–1935. Wrocław: Wydawnictwo LTW. ISBN 978-83-88736-25-4.
  • Piłsudska, Aleksandra (1941). Pilsudski: A Biography by His Wife. New York: Dodd, Mead. OCLC 65700731.
  • Piłsudski, Józef; Gillie, Darsie Rutherford (1931). Joseph Pilsudski, the Memories of a Polish Revolutionary and soldier. Faber & Faber.
  • Piłsudski, Józef (1972). Year 1920 and its Climax: Battle of Warsaw during the Polish-Soviet War, 1919–1920, with the Addition of Soviet Marshal Tukhachevski's March beyond the Vistula. New York: Józef Piłsudski Institute of America. ASIN B0006EIT3A.
  • Reddaway, William Fiddian (1939). Marshal Pilsudski. London: Routledge. OCLC 1704492.
  • Rothschild, Joseph (1967). Pilsudski's Coup d'État. New York: Columbia University Press. ISBN 978-0-231-02984-1.
  • Wandycz, Piotr S. (1970). "Polish Federalism 1919–1920 and its Historical Antecedents". East European Quarterly. Boulder, Colorado. 4 (1): 25–39. ISSN 0012-8449.
  • Wójcik, Włodzimierz (1987). Legenda Piłsudskiego w Polskiej literaturze międzywojennej (Piłsudski's Legend in Polish Interwar Literature). Warsaw: Śląsk. ISBN 978-83-216-0533-3.
  • Zimmerman, Joshua D. Jozef Pilsudski: Founding Father of Modern Poland (Harvard University Press, 2022) online review
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media