Israël David Kiek

Israël David Kiek (22 April 1811 - 14 Mei 1899) was 'n vroeë portretfotograaf wie se naam verewig is in die Afrikaanse woord kiekie (kiekje in Nederlands). 'n Kiekie is 'n informele, pretensielose amateurfoto wat met byvoorbeeld 'n bokskamera geneem sou word. Veral vroeër sou dit dikwels saam met soortgelyke foto's tuis bewaar word in ’n fotoalbum.

Israël David Kiek
Kiek, die "vader" van die kiekie
Gebore22 April 1811
Sterf14 Mei 1899
NasionaliteitNederlander
BeroepFotograaf

Kiek, wat in die 19de eeu in Nederland gewoon en gewerk het, het visitekaartjies gemaak, maar was veral bekend as 'n fotograaf van studente aan die Universiteit van Leiden. Hulle het gereeld groepsportrette deur Kiek laat neem by sy onderneming aan die Rijnsburgersingel. Groepe studente sou taks vroegoggend daar opdaag nadat hulle die nag deur gefuif het en aan die deur kom hamer om hom wakker te maak. Dan moes Kiek opsluit die studente afneem. Hulle het naderhand so knaend geraak dat Kiek 'n heining en 'n ophaalbrug laat oprig het om hulle uit te hou.

Die studenteportrette was dikwels geen wafferse foto's nie. Mense wat destyds hul foto's laat neem het, moes 'n tyd lank stilsit voor die kameralens, iets wat die aangeklamde studente erg moeilik gevind het om te doen. Hulle het dus gereeld dof op die foto's vertoon. Die informele studentefoto's, wat so anders gelyk het as die hoogs formele portrette van destyds, is mettertyd kiekies genoem, 'n woord wat hom knus in Nederlands sou vestig en hom ook in die Afrikaanse leksikon sou tuismaak.

'n Baanbrekende deel van sy werk was die neem van nabyfoto's, met die kop van die afgeneemde persoon wat die hele foto gevul het. Dit was ongewoon in vroeë portretfotografie; eers in die 1920's sou die neem van sulke nabyfoto's iets algemeens in fotografie word.

Biografiewysig

Kiek is in Groningen in 'n Joodse gesin gebore, die seun van 'n horlosiemaker, David Lazarus Kiek, en Lea Levie Pinto. In sy jonger jare het hy verskillende werke gehad: kistevervaardiger, meubelmaker, loterykaartjieverkoper, handelaar en slagter. Omstreeks 1837 is hy met Hendrika de Leeuw getroud, en die egpaar het van Groningen na Gouda verhuis. Hul oudste kind, Louis Israël, is in 1838 gebore, gevolg deur nog tien kinders wat nie vroeg oorlede is nie (volgens 'n ander bron was daar altesame nege kinders). In die 1840's het die egpaar na Groningen teruggekeer en in 1852 na Amsterdam verhuis voordat hulle hulle in 1855 in Leiden gevestig het.

Kiek het moontlik al op 'n jong ouderdom met die fotografiese proses Daguerrotipe geëksperimenteer, terwyl hy nog in Groningen was. Die eerste vermelding van Kiek as portretfotograaf was in 1858. Hy het tot ten minste 1889 aktief gebly as fotograaf. Vier van sy seuns (David, Abraham, Louis en Lion Kiek) het in sy voetspore gevolg en fotograwe geword nadat hulle die vak in Kiek se onderneming geleer het.

Hy het nie net in Leiden gewerk nie, maar ook as reisende fotograaf op ander plekke, waaronder Gorinchem, Assen en Utrecht . In 1896-1898 het hy in Arnhem gewoon. voordat hy na Leiden teruggekeer het, waar hy op 88-jarige leeftyd oorlede is.

Herinneringwysig

In 2001 word die Kiekmonument, 'n monument vir die fotograaf, aan die Rijnsburgersingel in Leiden onthul, reg oorkant die voormalige onderneming van Kiek. Die monument is 'n kunswerk van vlekvrye staal wat 'n kamera voorstel wat op 'n driepoot geplaas is. As 'n mens deur die beeldsoeker kyk, word afdrukke van twaalf verskillende foto's gesien wat Kiek geneem het.

Die Belgiese sterrekundige Eric Walter Elst het in 1993 die asteroïde 17521 Kiek na hom genoem. In die woonbuurt IJburg in Amsterdam is 'n straat genaamd Kiekstraat, en in Leiden dra 'n pad, die Kiekpad, sy naam.

In 2015 is 'n uitstalling van sy werk in Leiden se universiteitsbiblioteek aangebied, onder die titel Tussen Kunst en Kiek.

Galerywysig

Verdere leeswerkwysig

  • Ingrid Leijerzapf, ' Toe heeren, nou selfs stil gestaan. . . ' De Leidse studentenfotograaf ID Kiek. Leiden, Burgersdijk & Niermans, 1997 (Nederlands)
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media