Ismael in Islam

Ismā'īl (Arabies: إسماعيل) is die Arabiese naam van die Bybelfiguur Ismael. Hy was die seun van Ibrahim (Abraham) en Hajar (Hagar). Hy word in Islam beskou as ’n profeet en ’n voorvader van Mohammed. Hy word ook verbind met Mekka en die bou van die Kaäba, die heiligste plek in Islam.

ʾIsmāʿīl
إسماعيل
Ismael
Islamitiese profeet
Abraham gereed om Ismael te offer.
Abraham gereed om Ismael te offer.
Plaaslike naam إسماعيل
Gebore c. 2424 VH
(c. 1800 v.C.)
Palestina
Oorlede Mekka, Arabië
Familie
Vader Ibrahim
Moeder Hajar
Ander Isak (broer)

Ismael se verhaal word vertel in die Koran, hadit-versamelings en ander Islamitiese geskrifte.[1] Sy naam beteken "God sal hoor".

Die storie van Hagarwysig

Die farao het vir die kinderlose Abraham sy dogter, Hagar, as tweede vrou gegee en sy het vir hom ’n seun, Ismael, gebaar. Volgens Islamitiese geleerdes en bronne het Sara vir Abraham gevra om Hagar en haar seun weg te stuur omdat sy jaloers was. Abraham het hulle toe na Mekka geneem en in die woestyn gelos. Toe Hagar vir Abraham vra of Allah hom beveel het om dit te doen, het hy ja gesê. Hierop het sy geantwoord: Dan sal Allah ons nie verlaat nie.

Gou was die ma en kind dors en Hagar het tussen die heuwels Safa en Marwa heen en weer gehardloop op soek na water. Ná die sewende keer het sy na Ismael teruggekeer en gesien ’n fontein het ontspring op die plek waar haar seun lê. Dit word nou die Zamzam-put genoem en is in die moskee in Mekka, Al-Masdjid al-Haram, geleë.

Die offerandewysig

Die meeste Moslems glo Abraham het opdrag gekry om Ismael te offer, hoewel sy naam nie in die Koran genoem word nie.

Die bou van die Kaäbawysig

Baie verskillende weergawes bestaan oor die bou van die Kaäba, maar volgens almal het Abraham dit gebou of gereinig en net daarna het Allah hom opdrag gegee om die hadj, die jaarlikse bedevaart na Mekka, in te stel.

Volgens sekere bronne het Abraham en Ismael die fondamente van ’n huis gelê wat deur die meeste kenners as die Kaäba geïdentifiseer word. Allah het aan Abraham die presiese terrein uitgewys, baie na aan die Zamzam-put, waar hy en Ismael omstreeks 2130 v.C. met die bou van die Kaäba begin het. Nadat Abraham dit voltooi het, het ’n engel vir hom die Swart Steen gebring, ’n klip wat volgens tradisie uit die hemel geval het. Die klip is vermoedelik die enigste oorblyfsel van die oorspronklike struktuur.

Die verskillende weergawes verskil egter oor verskeie aspekte, soos of daar ’n bonatuurlike betrokkenheid was, die feit of die Swart Steen deur Abraham in die Kaäba ingebou is en of Ismael sy pa gehelp het.

Verwysingswysig

  1. Firestone, Reuven (1990). Journeys in Holy Lands: The Evolution of the Abraham-Ishmael Legends in Islamic Exegesis. Albany, NY: State University of NY Press. ISBN 978-0-7914-0331-0.

Eksterne skakelswysig


Profete van Islam, soos in die Koran genoem.
ʾĀdamIederiesNūḥHüdSalihIbrāhīmLoetIsmāʿīlIṣḥāqYāqubYūsufAjjoeb
آدمادريسنوحهودصالحإبراهيملوطاسمعيلاسحاقيعقوبيوسفأيوب
AdamHenogNoagEberSelagAbrahamLotIsmaelIsakJakobJosefJob

SuaybMūsaHaroenDhoelkiflDawudSüleymanIljasAl-YasaYunusZakarijaJahjaʿĪsāMohammed
شعيبموسىهارونذو الكفلداودسليمانإلياساليسعيونسزكريايحيىعيسى
Mohammed
JetroMosesAäronEsegiëlDawidSalomoElijaElisaJonaSagariaJohannesJesus
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media