Apostoliese Kerke

(Aangestuur vanaf Irvingisme)

Die Ou Apostoliese Kerk en Nuwe Apostoliese Kerk, is Christelike kerke wat in die algemeen as Apostolies bekend staan. Hierdie kerke het ontstaan uit die Katoliek Apostoliese Kerk uit wat weer ontstaan het uit die Albury Konverensies uit wat in die 1820’s onder leiding van Henry Drummond plaasgevind het.

Daar word ook na hierdie groep kerke verwys as Irvingisme, en moet glad nie verwar word met die Apostoliese Geloofsending of die Nuwe Apostoliese Reformasie, of die Afrika Tradisionele Kerke nie, wat ook die naam Apostolies in hul naam dra. Die eersgenoemde Apostoliese kerke word nie onder Protestante kerke ingedeel nie, en moet as 'n aparte beweging in die Christendom, naamlik Irvinisme, gesien word.

Werner onderskei tussen die Apostoliese Geloofsending wat 'n Pinksterkerk is en die Apostoliese Kerke wat onder leiding van Apostels is. Van Staden gee ook die naam Apostoliese Kerke aan die groep.

Volgens die meerderheid Christelike kerke word die Apostoliese kerke nie as Christelike kerke beskou nie, en gebrandmerk as kultus of sekte.

In Suid-Afrika bestaan daar verskeie groepe, naamlik:

  • Die Nuwe Apostoliese Kerk, wat deel uitmaak van die New Apostolic Church International met hul hoofkantoor in Switserland.
  • Die Ou Apostoliese Kerk, wat in 1913 weggebreek het vanaf die Nuwe Apostoliese Kerk en wat ekumeniese betrekkinge met die Apostelampt Jesu Christi (Apostelbediening van Jesus Christus) in Duitsland gehad het, totdat van die AJC-lede in Julie 2006 by die OAK aangesluit het onder leiding van sommige AJC-apostels.
  • Die Apostoliese Kerk - Aposteleenheid , wat lid is van die ekumeniese Verenigde Apostoliese Kerk .
  • Die Hervormde Ou Apostoliese Kerk wat in 1971/72 vanaf die Ou Apostoliese Kerk onder leiding van Robert Lombard weggebreek het.
  • The Twelve Apostles Church in Christ wat in 1979 van die Ou Apostoliese Kerk weggebreek het.
  • Die Hervormde Apostoliese Kerk wat onder leiding van Freddie Isaacs, ook bekend as die Cradock Apostel, wat van die Hervormde Ou Apostoliese Kerk weggebreek het.

Kritiek teen die Apostoliese Kerkewysig

Die meerderheid Christelike gemeenskap beskou die Apostoliese Kerke nie as Christelike kerke nie.

Behalwe vir die Twelve Apostles Church in Christ wil nie een van die ander Apostoliese Kerke deel word van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke nie, en loods hulle ook 'n aggressiewe evangelisasieaksie teen lidmate van ander kerkgenootskappe. Dit het tot gevolg dat verskeie gemeentes aksies begin loods het om veral die vinnige groei van die Ou Apostoliese Kerk en die Nuwe Apostoliese Kerk teen te staan.

Reeds in die 1970's het verskeie publikasies verskyn veral uit die Apostoliese Geloofsending en die NG Kerk, wat daarop gemik was om lidmate te waarsku teen die Apostoliese Kerke. Onder hierdie publikasies was A.J. Van Staden se "Die Ou-Apostelsekte is op die dwaalweg" en F.W. Werner se "Die dwaling van die Apostelsekte". Meer onlangs het twee organisasies ontstaan wat gemik is op die bestryding van kultusse en sektes. Die Mobiele Evangelisasie Tent, wat die verspreiding van die Apostoliese Kerke probeer bekamp het onder nie-blankes,[1]en Kulte Inligting en Evangelisasie Sentrum (KIES) wat deur middel van kampe en nuusbriewe inligting versprei het.[2]

Kritici wat verbonde is aan KIES is Japie Grobler, ds. P.T. Venter en Francois Smit.[3]

Kritiek wat uitgespreek word teen die Apostoliese Kerke deur KIES sluit in die bestaansreg van die Apostelamp, die wyse waarop die sakramente bedien word, die bediening van die sakramente aan die doderyk, die interpretasie van die Bybel, geloof, verlossing, en die siening van die hemel.

Die aanklag word ook gemaak dat die Apostoliese Kerke besig is met Psigiese beheer (mind control).

In 2003 stel Kittie Pienaar die boek "Die openbaring van die dwaalleer van die Ou Apostelkerk" vry. Die boek is eers verwelkom deur die Christelike gemeenskap, maar later gekritiseer vir sy onakkurate inligting deur Ou Apostoliese lidmate.

Apostels bly in familieverbandwysig

Verskeie kritici, waaronder Werner het daarop gewys dat die Apostoliese Kerke daartoe geneig is om Apostels in families te hou.

In die Nuwe Apostoliese Kerk is H.W. Schlaphoff deur sy seun F. Schlaphoff opgevolg. Die huidige Distriksapostel J.R. Kitching jr. is die opvolger van sy eie vader J.R Kitching. Distriksapostel N.E. Barnes se eie broer is ook 'n Apostel. Beide Distriksapostels A.J. Fernandes en H.H. Fernandes was broers.

In die Nuwe Apostoliese Kerk word die Apostels nie deur mede-Apostels benoem nie, maar deur die Hoofapostel. Dit is moeilik om te bepaal of familie enige insae het in die aanstelling.

In Duitsland het Hoofapostel J.G. Bischoff sy eie seun Friedrich Bischoff, die stigter van die Nuwe Apostoliese Kerk se drukkery, as Apostel aangestel.

In die Ou Apostoliese Kerk het Apostel Klibbe twee broers, C.F.W. Ninow (1872–1951) en E.F.W. Ninow (1892–1969) aangewys as sy opvolgers, tesame met W. Campbell (1883–1958). C.F.W. Ninow se seun H.H. Ninow (1920–1990) het later Apostel geword. Campbell se eie seun G.F. Campbell (1931) is ook later as Apostel verordineer.

In die geval van die Ou Apostoliese Kerk was beide H.H. Ninow en G.F. Campbell lank na hulle vaders oorlede is verordineer. Familie-insae blyk ook nie moontlik te wees nie. H.H. Ninow is in 1961 verordineer en G.F. Campbell in 1970.

Psigiese Beheerwysig

Die aanklag van psigiese beheer (mind control) is gemaak deur lede van KIES. Grobler noem die volgende punte:

  • Ampsdraers en lidmate word deeglik beïnvloed en aangevuur. Op hierdie wyse word lidmate beïndruk en behou en word lidmate ook gedwing om by werksaamhede in te skakel.
  • Die kerk beskik oor baie fondse wat aangewend word om indrukwekkende kerkgeboue op te rig.
  • Die kerk het 'n baie doeltreffende sentrale administrasie en versprei baie boeke, tydskrifte en leesstof onder hulle lidmate om die boodskap van die kerk te versprei.
  • Baie besoeke word by lidmate gebring om persoonlike belangstelling te toon.
  • Die lering dat die Apostel die "sleutels van die doderyk" het, het 'n sterk houvas op die lidmate.

Apostoliese lidmate het weer die volgende teenkritiek.

  • Apostoliese lidmate reageer weer dat hulle kerkgeboue baie konserwatief in styl en konstruksie is, en nie so uitspattig as ander kerke nie.
  • Die kerk het baie fondse beskikbaar omdat geen predikante betaal word nie, en meer onkostes bestee kan word aan bouprojekte en maatskaplike sake.
  • Die Ou Apostoliese Kerk versprei baie min, indien enige literatuur.(Werner)
  • Die kritiek oor besoeke is irrelevant want dit word gesien as deel van naasteliefde en 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar, wat nie in ander kerke gevind word nie.
  • Die kritiek oor psigiese beheer voldoen nie aan die vereistes soos bepaal is deur Singer, Lifton en Schein nie. (Dawson: 151)

Eksterne skakelswysig

Bronnewysig

  • Dawson, L (ed) Cults and new religious movements. 2003. Blackwell Publishing. Malden
  • Grobler,J. Oorsigtelike samevatting van die Ou en Nuwe Apostoliese Kerke van Suid-Afrika
  • Old Apostolic Church of Africa: Western Cape. (fotoblad)
  • Pienaar, K. Die openbaring van die dwaalleer van die Ou Apostelkerk van Afrika. 2003. Volhard Verspreiders.
  • Van Der Vyver, I.W. So dwaal die Nuwe Apostoliese Kerk. 1982. Bybelkor. Kaapstad.
  • Van Staden, A.J. Die Ou-Apostelsekte is op die dwaalweg. 1977. HAUM. Kaapstad.
  • Venter, P.T. en Grobler, J. Die Nuwe Apostoliese Kerk.
  • Venter, P.T. en Smit, F. Die Ou Apostoliese Kerk
  • Werner, F.W. Die dwaling van die Apostelsekte. Braamfontein. Evangelie Uitgewers.

Verwysingswysig

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2009. Besoek op 4 Oktober 2008.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2008. Besoek op 4 Oktober 2008.
  3. "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 Januarie 2012. Besoek op 4 Oktober 2008.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media