Irene

Irene is 'n woonbuurt van Centurion in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika wat langs die R21 en N1 snelweë geleë is.

Irene
Irene is in Gauteng
Irene
Irene
 Irene se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°51′23″S 28°11′15″O / 25.85639°S 28.18750°O / -25.85639; 28.18750Koördinate: 25°51′23″S 28°11′15″O / 25.85639°S 28.18750°O / -25.85639; 28.18750
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
Oppervlak
 • Totaal1,74 km2 (0,67 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal2 684
 • Digtheid1 543/km2 (4 000/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense76.8%
 • Indiërs/Asiërs0.9%
 • Bruin mense1.5%
 • Swart mense19.8%
 • Ander1.0%
Taal (2011)
 • Engels 55.4%
 • Afrikaans 32.5%
 • Noord-Sotho 2.9%
 • Zoeloe 1.8%
 • Ander 7.4%
Poskode (strate)
0157
Poskode (posbusse)
0062

Geskiedeniswysig

Genl. Jan Smuts se as is na sy dood in 1950 op 'n koppie in Irene gestrooi.
Begraafplaas van die Irene-konsentrasiekamp.
'n Uitsig op die Irene-konsentrasiekamp vir hensoppers.

Pylpunte van steen en ander gereedskap wat in die Hennopsrivier se bedding ontdek is, en verskeie jare terugdateer, dien as bewys dat mense al baie lank in die gebied woonagtig is.

Die vroegste geskiedkundige skrywes oor die gebied noem dat die Bakwenastam, ook bekend as die krokodil-mense, in die vroeë 1800's in die gebied gewoon het. Die Mzilikazi (wat se mense bekend geraak het as die Matabele) het in 1825 na die gebied gekom en baie van die Krokodil-mense doodgemaak en die res weggedryf.

'n Voortrekker, Daniel Elardus Erasmus, wat die Kaapkolonie in die 1830's verlaat het op soek na ekonomiese en politieke onafhanklikheid in die hinterland, vestig hom op 'n plaas wat as Doornkloof bekend sou word. Doornkloof word ook bekend as die kerkplaas van die distrik. Daniel is in 1875 oorlede en laat die plaas aan sy drie seuns na.

Veertien jaar later koop Alois Hugo Nellmapius twee derdes van die plaas. Nellmapius was 'n sakeman wat 'n vervoer-onderneming tussen Lourenço Marques en Pelgrimsrus bedryf het, asook 'n gin-en-whiskyfabriek, die eerste buskruitfabriek in Suid-Afrika, en die Irene-kalkaanleg bedryf het. Nellmapius het gereeld spoggerig op sy plaas onthaal en die Transvaalse president Paul Kruger was 'n gereelde gas.

Nellmapius neem kundiges in diens op sy plaas. Een van hulle was sir Arnold Theiler wat later die Onderstepoort-navorsings- en veeartsenykunde-kollege gestig het. 'n Ander was ene Fuchs, wat die tuin by die plaashuis uitgelê het.

Die Irene-konsentrasiekamp word in 1901 deur die Britte op die plaas opgerig. Die kamp het Boervroue en -kinders gehuisves wie se huise tydens die Tweede Vryheidsoorlog verwoes is. Die Irene Primary School word ook later in die kamp gestig.

Irene was in 1902 tot dorp geproklameer toe Johannes Albertus van der Byl, beter bekend as Bertie, 337 erwe op die plaas uitgelê het (hy het die landgoed reeds in 1896 gekoop). Die Doornkloof plaas was hernoem na Irene deur Nellmapius ter ere van sy dogter, Irene. Die Van der Byl familie het die plaas opgebou tot melkboerdery (die huidige Irene melkplaas) en het honderde bome geplant.

Genl. Jan Christian Smuts koop 'n derde van die oorspronklike Doornkloof in 1908. Omdat hy 'n huis nodig gehad het vir sy groeiende gesin, koop hy die hout-en-ystergebou wat as offisierskwartiere vir die Britse magte tydens die Tweede Vryheidsoorlog in Middelburg gebruik is teen £300, en bring dit na Doornkloof. Met sy dood is generaal Smuts se as op Smutskoppie naby sy huis gestrooi. Die Smuts-huismuseum beeld die lewenswyse en veelsydige loopbaan van een van die grootste Suid-Afrikaners uit.

In 2000 word Irene saam met die res van Centurion by die Tshwane-metropool ingelyf. Die woonbuurt het heelwat ontwikkeling in die laaste paar jare beleef.

Geografiese liggingwysig

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Irene". Sensus 2011.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media