Internasionale Krieketraad

Internasionale beheerliggaam van krieket

Die Internasionale Krieketraad (afgekort: IKR; Engels: ICC vir International Cricket Council) is die internasionale beheerliggaam van krieket. Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde. Vir die opstelling van die krieketwette is egter sedert 1788 die Marylebone-krieketklub (MKK, Engels: Marylebone Cricket Club) verantwoordelik.[1]

Internasionale Krieketraad
Kenteken van die Internasionale Krieketraad
Kenteken van die Internasionale Krieketraad
Engelse naamInternational Cricket Council
AfkortingICC
Landwêreldwyd
SportsoortKrieket
Gestig op15 Junie 1909
Gestig inLord’s, Londen, Engeland
Gestig deurAustralië, Engeland en Suid-Afrika
VoorsitterGreg Barclay
Hoof- uitvoerende beampteGeoff Allardice
HoofbestuurderWasim Khan
SetelDoebai, Verenigde Arabiese Emirate (sedert 2005)
Londen, Engeland (1909–2005)
Lede108 lidunies
(12 volle lede en 96 medelede)
AffiliasieInternasionale Olimpiese Komitee
Amptelike taalEngels
Amptelike webwerficc-cricket.com
Die IRK se kantore in Doebai

Die Imperiale Krieketkonferensie is op 15 Junie 1909 as die Imperiale Krieketkonferensie gestig deur Australië, Engeland en Suid-Afrika op die Londense Lord’s. Op 31 Mei 1926 het Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië as volle lede aangesluit.[2] In 1952 het Pakistan gevolg, 1981 Sri Lanka, 1992 Zimbabwe, 2000 Bangladesj, asook in 2017 beide Afghanistan en Ierland. Die raad is in 1965 herdoop tot die Internasionale Krieketkonferensie en het in 1989 sy huidige naam aangeneem. In 2005 het die IKR sy hoofkantoor van die Lord’s-krieketveld in Londen na Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate verskuif.[3] Die amptelike taal is Engels. Die Internasionale Krieketraad se huidige voorsitter is die Nieu-Seelander Greg Barclay.

Konfederasieswysig

Internasionale Krieketraad het vyf konfederasies as lid, naamlik:

Lidmaatskapwysig

Die IKR onderskei tussen twee vlakke van lidmaatskap:

Volle lidmaatskapwysig

Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) volgens status:

   Volle lidlande met toetsstatus (12)

   Geassosieerde lede met EDI-status (8)

   Geassosieerde lede met T20I-status (88)

   Voormalige of opgeskorte lede (9)

   Nielede (23)

Vir die tradisioneel groot krieketlande. Hierdie lande kan toetswedstryde speel. Hierdie lande het twee stemme elk tydens IKR-vergaderings. Die volgende 12 lande is volle lede (in volgorde van aansluiting):

Assosiaatledewysig

96 kleiner lande waar krieket 'n gevestigde sport is of as sport ontwikkel word, met een stem elk.

Daar was oorspronklik drie vlakke van lidmaatskap, maar die IKR het die geaffilieerde lidmaatskap in 2017 verwyder en alle voormalige geaffilieerde lede het geassosieerde lede geword.[4]

Voormalige ledewysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Laws". Lord’s-krieketveld. Besoek op 22 Februarie 2024.
  2. (en) "1909–1963 – Imperial Cricket Conference". Internasionale Krieketraad. Besoek op 22 Februarie 2024.
  3. (en) "Cricket chiefs move base to Dubai". BBC. 7 Maart 2005. Besoek op 22 Februarie 2024.
  4. (en) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op 22 Februarie 2024.

Eksterne skakelswysig

Krieketwêreldbeker

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027Indië / Bangladesj 2031

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media