Ierland

Hierdie artikel handel oor die eiland. Vir die soewereine staat met dieselfde naam, sien Republiek Ierland. Vir die ses noordelike graafskappe wat deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk, sien Noord-Ierland. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Ierland.

Ierland (Iers: Éire, [ˈeːɾʲə], ; Engels: Ireland, [ˈaɪərlənd], ; Ulster-Skots: Airlann, [ˈɑːrlən]) is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer.[1] Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste.

Ierland
Inheemse naam: Éire / Ireland
Bynaam: Die Groen Eiland
Kaart van Ierland
Kaart van Ierland
Geografie
LiggingNoord- of Wes-Europa
Koördinate53°20′N 08°00′W / 53.333°N 8.000°W / 53.333; -8.000Koördinate: 53°20′N 08°00′W / 53.333°N 8.000°W / 53.333; -8.000
ArgipelBritse Eilande

Oppervlakte84 421 vk km
Hoogste puntCarrauntoohil 1 041 m
Administrasie
Vlag van Republiek Ierland Republiek van Ierland
LandIerland

HoofstadDublin
Grootste stadDublin (553 165)

Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
LandNoord-Ierland
HoofstadBelfast
Grootste stadBelfast (333 000)

Demografie
Bevolking6 572 728

BevolkingsgroepeIere, Ulster-Skotte
Die wêreld se 20ste grootste eiland en die derde grootste eiland van Europa
Nasa-Satellietbeeld van Ierland
'n Keltiese kruis in Knock, Republiek Ierland
'n Eiland naby die kusdorp Doolin, graafskap Clare, teen sonop
Clew Bay in die graafskap Mayo, met Clare Island teen die gesigseinder

Die onverwagte uitkoms van Ierland se rewolusionêre periode tussen 1912 en 1925 was die vestiging van twee Ierse state op die eiland.[2] Die onafhanklike Republiek Ierland met 4,7 miljoen oorwegend Rooms-Katolieke inwoners beslaan vyf-sesdes van Ierland se oppervlak, terwyl Noord-Ierland met 'n histories merendeels Protestantse bevolking van 1,8 miljoen van Ierse, Skotse en Engelse afkoms een van die Verenigde Koninkryk se vier lande is. In Noord-Ierland is ongeveer 41,6% van die bevolking lidmate van Protestantse kerke en 40,7% Rooms-Katoliek.[3][4]

Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Etimologie

Vlag wat die hele eiland Ierland verteenwoordig

  • Vlag van die gemeenskaplike Ierse nasionale hokkiespan

  • Vlag van die gemeenskaplike Ierse nasionale krieketspan

  • Vlag van die gemeenskaplike Ierse nasionale rugbyspan

  • Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Sien ook (en) Royle, Stephen A. (1 Desember 2012). "Beyond the boundaries in the island of Ireland". Journal of Marine and Island Cultures: 91–98. doi:10.1016/j.imic.2012.11.005. Besoek op 6 Mei 2018.
  • (en) History Ireland – Ireland's History Magazine: The emergence of the "Two Irelands", 1912–1925. Besoek op 27 Augustus 2017.
  • (en) Central Statistics Office, Ireland (April 2017). "Census 2016 Summary Results – Part 1" (PDF). Dublin: Central Statistics Office, Ireland. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 6 Mei 2018.
  • (en) Northern Ireland Statistics and Research Agency (2012). "2011 Census". Belfast: Department of Finance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op 6 Mei 2018.
  • (en) "Ériu". The Encyclopedia of Medieval Literature in Britain, 4 Volume Set. (2017). Chichester: John Wiley & Sons. ISBN 978-1-118-39698-8. 
  • (en) Stephen Gwynn (Julie 2009). The History of Ireland. p. 16. ISBN 978-1-113-15517-7.
  • (en) Andreas Lemke (2015). "II: The OEHE: The Material Evidence". The Old English Translation of Bede's Historia Ecclesiastica Gentis Anglorum in its Historical and Cultural Context (PDF). Universitätsdrucke Göttingen. p. 71. Besoek op 31 Maart 2023.
  • Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Eksterne skakels Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ierland.
    Media


    Keltiese gebiede in Europa

    Bretagne |Ierland |Wallis |Cornwall |Man |Skotland

    🔥 Top keywords:

    Ierland

    Ierland (Iers: Éire, [ˈeːɾʲə], luister (hulp·inligting); Engels: Ireland, [ˈaɪərlənd], luister (hulp·inligting); Ulster-Skots: Airlann, [ˈɑːrlən]) is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met \'n lengte van 450 kilometer, \'n breedte van 260 kilometer en \'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer. Die eiland, wat dikwels ook die Groen Eiland genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste.