Internasionale Fonetiese Alfabet

’n notasiestelsel vir die klanke wat in menslike spraak voorkom
(Aangestuur vanaf IFA)

Die Internasionale Fonetiese Alfabet (/ˌəntərˌnaʃiˈnɑːlə fʊəˈnɪətisə ˈʔɑlfa̙bɛt/) of IFA (Engels: International Phonetic Alphabet (IPA)) is 'n notasiestelsel vir die klanke wat in menslike spraak voorkom. Dit is grotendeels op die Latynse alfabet gegrond.

Internasionale Fonetiese Alfabet
IPA in IPA.svg
Soort skryfstelsel  Alfabet, met kenmerk-elemente
Tyd gebruikSedert 1888
TaleGebruik vir fonetiese en fonemiese transkripsie van enige taal
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon  Skryfstelsels
Die volledige Internasionale Fonetiese Alfabet

In die Uitgebreide IFA (Extended IPA) is 'n reeks addisionele diakritiese tekens byvoeg om klein uitspraakverskille aan te dui. Daar bestaan ook 'n IFA in ASCII-tekens: SAMPA. Die IFA word veral deur taal- en spraakkundiges gebruik.

Geskiedenis

In 1886 het 'n groep Franse en Britse taaldosente, onder leding van Paul Passy, die Internasionale Fonetiese Assosiasie opgestel.[1] Hierdie organisasie het die eerste fonetiese alfabet saamgestel. Die eerste alfabet was op die Romaanse Alfabet gegrond, maar om die stelsel bruikbaar te maak vir alle tale kon dit van taal tot taal verander word. So is die klank [ʃ] byvoorbeeld oorspronklik met <c> weergegee in Engels, maar met <x> in Frans.[1] In 1888 is die alfabet egter aangepas om dit vir alle tale eenvormig te maak.[1][2]

Sedert die skep daarvan het die alfabet talle veranderinge ondergaan. Veral in 1900 en 1932 is groot aanpassings gemaak. Ná 1932 het die alfabet tot 1989 onveranderd gebly. In 1993 is 'n klein aanpassing gemaak. Benewens die byvoeg en weglaat van simbole het die simbole ook dikwels ander name gekry.

Die huidige alfabet is gegrond op die Latynse alfabet, en gebruik so min as moontlik nie-Latynse simbole. Hoewel die alfabet meer as 100 simbole vir klanke bevat, hoef almal nie gelyk gebruik te word nie.

Letters

Die letters van die alfabet word rofweg in drie groepe verdeel: pulmoniese medeklinkers, nie-pulmoniese medeklinkers, en klinkers.

Pulmoniese medeklinkers

'n Pulmoniese medeklinker of konsonant is 'n medeklinker wat gevorm word deur lug uit die longe te stoot in plaas van die glottis of mond. Binne hierdie groep word klank onderverdeel volgens artikulasiepunt en manier van artikulasie:

ArticulasiepuntLabiaalKoronaalDorsaalRadikaalGlottaal
BilabiaalLabiodentaalDentaalAlveolaarPostalveolaarRetroflexPalataalVelaarUvulaarPharyngeaalEpiglottaal
Manier van Artikulasie
Nasaal   m   ɱ   n   ɳ   ɲ   ŋ   ɴ 
Plosiefp b t dʈ ɖc ɟk ɡq ɢ ʡʔ 
Frikatiefɸ βf vθ ðs zʃ ʒʂ ʐç ʝx ɣχʁħʕʜʢh ɦ
Approximant   β̞   ʋ   ɹ   ɻ   j   ɰ   
Tril   ʙ   r    retroflexe trill   ʀ   я* 
Tap of Flap   ⱱ̟      ɾ   ɽ    ɢ̆    ʡ̯ 
Laterale frikatiefɬ ɮ*   *   *     
Lateral Approximant   l   ɭ   ʎ   ʟ 
Laterale Flap    ɺ   *   ʎ̯   ʟ̆  
Notas
  • 'n Asterisk (*) beteken dat hierdie klank nog nie 'n amptelike simbool in die Internasionale Fonetiese Alfabet het nie.
  • † beteken dat die simbool nog slegs is in Unicode bygevoeg is. Sedert Unicode 5.1.0, is dit die geval vir die labiodentale flap.
  • Waar twee simbole langs mekaar dieselfde vak staan, staan die linkersimbool vir die stemlose klank, en de regtersimbool vir die stemhebbende klank.
  • Grys vlakke is klanke wat gesien word as onmoontlik om uit te spreek.
  • Die simbole [ʁ, ʕ, ʢ] verteenwoordig stemhebbende frikatiewe of approximante.

Mede-Artikulasie

Mede-Artikulasies is klanke met twee artikulasiepunte, wat gelyktydig gebruik word.

ʍstemlose labio-velêre approximant
wStemhebbende labio-velêre approximant
ɥLabiaal-palatale approximant
ɕstemlose alveolo-palatale frikatief
ʑStemhebbende alveolo-palatale frikatief
ɧstemlose palataal-velêre frikatief

Affrikate en dubbele artikulasie

Affrikate en Dubbel geartikuleerde medeklinkers word weergegee met simbole wat bestaan uit twee ander simbole wat met 'n verbindingsstreep gekoppel word.

TekenNaam
t͡sstemlose alveolêre affrikaat
d͡zStemhebbende alveolêre affrikaat
t͡ʃstemlose postalveolêre affrikaat
d͡ʒStemhebbende postalveolêre affrikaat
t͡ɕstemlose alveolo-palatale affrikaat
d͡ʑStemhebbende alveolo-palatale affrikaat
c͡çstemlose palatale affrikaat
ɟ͡ʝstemhebbende palatale affrikaat
t͡ɬstemlose alveolêre laterale affrikaat
k͡pstemlose labial-velar plosief
ɡ͡bstemhebbende labiaal-velair plosief
ŋ͡mlabiaal-velêre nasaal

Nie-pulmoniese medeklinkers

Nie-pulmoniese medeklinkers is klanke waarvan die lugstroom nie afhanklik is van die longe nie. Die klikklanke, implosiewe en ejektiewe.

KlikImplosiefEjektief
ʘBilabialɓBilabiaalʼals voorbeeld:
ǀLaminale alveolêre ("dental")ɗAlveolaarBilabiaal
ǃApical (post-) alveolaar ("retroflex")ʄPalataalAlveolaar
ǂLaminaal postalveolaar ("palataal")ɠVelaarVelaar
ǁLaterale coronaal ("lateraal")ʛUvulaarAlveolêre frikatief

Klinkers

Klinkers
Sien ook: IFA, Konsonante
 VoorNaby-voorSentraalNaby-agterAgter
Geslote
 
i · y
ɨ · ʉ
ɯ · u
ɪ · ʏ
e · ø
ɘ · ɵ
ɤ · o
ɛ · œ
ɜ · ɞ
ʌ · ɔ
a · ɶ
ɑ · ɒ
  Naby-geslote
Geslote-mid
Mid
Oop-mid
Naby-oop
Oop
Waar simbole in pare voorkom verteenwoordig
die een na regs 'n geronde klinker.

Die Internasionale Fonetiese Alfabet deel die klinkers volgens posisie van die tong tydens uitspraak.

Klanke sonder simbole

Alle klanke het nog nie simbole in die Internasionale Fonetiese Alfabet nie.

Die simbole vir nuwe medeklinkers word dikwels gevorm deur die simbole vir reeds bestaande medeklinkers effens aan te pas.

Toonsoorte

De "e" kan vervang word.

toonletter in IPANederlandse toonuitleg
ééextra hoog
éehoog
eemiddel
èelaag
èèekstra laag
ee-lang toon
?halflang toon

Eksterne skakels

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 International Phonetic Association, Handbook, pp. 194–196
  2. Passy, Paul (1888). "Our revised alphabet". The Phonetic Teacher: 57–60.

Internasionale Fonetiese Alfabet: ’n notasiestelsel vir die klanke wat in menslike spraak voorkom

Die Internasionale Fonetiese Alfabet (/ˌəntərˌnaʃiˈnɑːlə fʊəˈnɪətisə ˈʔɑlfa̙bɛt/) of IFA (Engels: International Phonetic Alphabet (IPA)) is \'n notasiestelsel vir die klanke wat in menslike spraak voorkom. Dit is grotendeels op die Latynse alfabet gegrond.