Humphrey Bogart

Amerikaanse akteur

Humphrey Bogart (1899–1957) was 'n Amerikaanse akteur en kulturele ikoon. Oor sy loopbaan van byna 30 jaar het hy in meer as 75 rolprente gespeel. Hy is vir drie Oscars genomineer, en wen een vir beste akteur in African Queen. Van sy ander flieks sluit in The Maltese Falcon, Casablanca en High Sierra.[1] In 1997 het die tydskrif Entertainment Weekly hom as die grootste rolprentlegende van alle tye gekroon en 1999 is hy deur die American Film Institute as die grootste manlike filmster aangewys.

Humphrey Bogart
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bogart in 'n publisiteitsfoto, 1945

GeboortenaamHumphrey DeForest Bogart
Geboorte25 Desember 1899
New York Stad, NY, (VSA)
Sterfte14 Januarie 1957
Los Angeles, CA, (VSA)
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur
RolprenteCasablanca
Webwerfhumphreybogart.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Lewensloopwysig

Bogart as Samuel Sayer in The African Queen. Bogart het 'n Oscar vir beste akteur vir sy rol in die rolprent gewen.

Bogart is in New York van 'n snydokter uit Manhattan en 'n illustreerder gebore. Sy ouers was van Nederlandse en Engelse afkoms. Hy is na die Phillips-akadamie in Andover gestuur om hom op 'n loopbaan in medisyne voor te berei, maar is uit die skool geskors. Daarna het hy by die Amerikaanse Marinierskorps aangesluit. Hy is tydens diens gewond, waardeur sy gesig gedeeltelik verlam is en sy karakteristieke manier van praat veroorsaak het.

Ná pogings in verskeie ander loopbane het Bogart in 1921 sy akteursloopbaan begin en het hy 'n bekende gesig in die Broadway-produksies van die 1920's en 1930's geword. Ná die beursineenstorting van 1929 en die aanvraag na toneelstukke verminder het, het Bogart het hom na die rolprentwêreld gekeer. Sy eerste groot sukses was as Duke Mantee in The Petrified Forest. Hy is toegejuig vir sy rol in die gelyknamige toneelstuk en sy vriend Leslie Howard het seker gemaak dat hy die rol in die 1936-rolprent herhaal.

Alhoewel die rolprent goeie resensies gehad het, kon Bogart slegs rolle as bendelede in B-rolprente kry. Hy het 'n deurbraak gehad met die 1941-rolprente High Sierra en The Maltese Falcon. Die volgende jaar het sy rol in Casablanca hom tot die toppunt van sy loopbaan gehef en sy kenmerkende rolprentpersoonlikheid gevestig: 'n siniese hardekoejawel wat uiteindelik sy edel kant laat deurskemer. Ander treffers het gevolg, waaronder The Big Sleep (1946); Key Largo (1948), saam met sy vrou Lauren Bacall; The Treasure of Sierra Madre (1948); The African Queen (1951), waarvoor hy sy enigste Oscar vir beste akteur gewen het; en The Caine Mutiny (1954). Hy het altesaam in 75 rolprente verskyn.

Bogart was reeds tydens die verfilming van The Caine Mutiny ernstig siek en sterf in 1957, ná hy 'n operasie vir keelkanker ondergaan het. Hy was 56 jaar oud.

Filmografiewysig

Bogart in Casablanca (1942)
Met Katharine Hepburn in The African Queen (1951)
  • Life (1920) – Klein rol (Nie gekrediteer)
  • Up the River (1930) – Steve
  • A Devil with Women (1930) – Tom Standish
  • Body and Soul (1931) – Jim Watson
  • The Bad Sister (1931) – Valentine Corliss
  • A Holy Terror (1931) – Steve Nash
  • Love Affair (1932) – Jim Leonard
  • Big City Blues (1932) – Shep Adkins (Nie gekrediteer)
  • Three on a Match (1932) – Harve
  • Midnight (1934) – Gar Boni
  • The Petrified Forest (1936) – Duke Mantee
  • Bullets or Ballots (1936) – Nick 'Bugs' Fenner
  • Two Against the World (1936) – Sherry Scott
  • China Clipper (1936) – Hap Stuart
  • Isle of Fury (1936) – Valentine 'Val' Stevens
  • Black Legion (1937) – Frank Taylor
  • The Great O'Malley (1937) – John Phillips
  • Marked Woman (1937) – David Graham
  • Kid Galahad (1937) – Turkey Morgan
  • San Quentin (1937) – Joe 'Red' Kennedy
  • Dead End (1937) – Hugh 'Baby Face'/'Marty' Martin
  • Stand-In (1937) – Doug Quintain
  • Swing Your Lady (1938) – Ed Hatch
  • Crime School (1938) – Assistent-kommissaris Mark Braden
  • Men Are Such Fools (1938) – Harry Galleon
  • Racket Busters (1938) – John 'Czar' Martin
  • The Amazing Dr. Clitterhouse (1938) – 'Rocks' Valentine
  • Angels with Dirty Faces (1938) – James Frazier
  • King of the Underworld (1939) – Joe Gurney
  • The Oklahoma Kid (1939) – Whip McCord
  • You Can't Get Away with Murder (1939) – Frank Wilson
  • Dark Victory (1939) – Michael O'Leary
  • The Roaring Twenties (1939) – George Hally
  • The Return of Doctor X (1939) – Dr. Maurice Xavier, aka Marshall Quesne
  • Invisible Stripes (1939) – Chuck Martin
  • Virginia City (1940) – John Murrell
  • It All Came True (1940) – Grasselli aka Chips Maguire
  • Brother Orchid (1940) – Jack Buck
  • They Drive by Night (1940) – Paul Fabrini
  • High Sierra (1941) – Roy Earle
  • The Wagons Roll at Night (1941) – Nick Coster
  • The Maltese Falcon (1941) – Sam Spade
  • All Through the Night (1941) – Mr. Alfred 'Gloves' Donahue
  • In This Our Life (1942) – Barklant (Nie bevestig nie)
  • The Big Shot (1942) – Joseph 'Duke' Berne
  • Across the Pacific (1942) – Rick Leland
  • Casablanca (1942) – Rick Blaine
  • Action in the North Atlantic (1943) – Lt. Joe Rossi
  • Sahara (1943) – Sgt. Joe Gunn
  • Passage to Marseille (1944) – Jean Matrac
  • To Have and Have Not (1944) – Harry 'Steve' Morgan
  • Conflict (1945) – Richard Mason
  • The Big Sleep (1946) – Philip Marlowe
  • Dead Reckoning (1947) – Kapt. 'Rip' Murdock
  • The Two Mrs. Carrolls (1947) – Geoffrey Carroll
  • Dark Passage (1947) – Vincent Parry
  • The Treasure of the Sierra Madre (1948) – Dobbs
  • Key Largo (1948) – Frank McCloud
  • Knock on Any Door (1949) – Andrew Morton
  • Tokyo Joe (1949) – Joseph 'Joe' Barrett
  • Chain Lightning (1950) – Lt. Kol. Matthew 'Matt' Brennan
  • In a Lonely Place (1950) – Dixon Steele
  • The Enforcer (1951) – Openbare aanklaer Martin Ferguson
  • Sirocco (1951) – Harry Smith
  • The African Queen (1951) – Charlie Allnut
  • Deadline – U.S.A. (1952) – Ed Hutcheson
  • Battle Circus (1953) – Maj. Jed Webbe
  • The Jack Benny Program TV-reeks – Babyface Bogart (Afl., Humphrey Bogart Show, 1953)
  • Beat the Devil (1953) – Billy Dannreuther
  • The Caine Mutiny (1954) – Lt. Kmdr. Philip Francis Queeg
  • Sabrina (1954) – Linus Larrabee
  • The Barefoot Contessa (1954) – Harry Dawes
  • Producers' Showcase TV-reeks – Duke Mantee (Afl., The Petrified Forest, 1955)
  • We're No Angels (1955) – Joseph
  • The Left Hand of God (1955) – James 'Jim' Carmody
  • The Desperate Hours (1955) – Glenn Griffin
  • The Harder They Fall (1956) – Eddie Willis

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media