Huilboom

Plantspesie

Die Huilboom (Peltophorum africanum) is 'n struik of 'n boom wat tot middelgroot kan word.[2] Die boom is dikwels twee- of driestammig by die basis vertak. Dit verkies bosryke grasveld en vleirande om op te groei. Die boom het varingagtige steunblare van ongeveer 10 mm lank aan die basisse van die blaarstele op die jong lote. Die blomme bestaan uit heldergeel blomtakkies van tot 15 cm lank. Dit dra ook peule van sowat 10 x 2 cm wat vir maande aan die boom bly. In Engels staan die boom bekend as African weeping wattle.[2] Die boom se FSA-nommer is 215.[3]

Huilboom
Huilboom naby Soutpan-krater
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Klade:Rosids
Orde:Fabales
Familie:Fabaceae
Genus:Peltophorum
Spesie:
P. africanum
Binomiale naam
Peltophorum africanum
Sond., (1850)
Sinonieme
  • Baryxylum africanum (Sond.) Pierre
  • Brasilettia africana (Sond.) Kuntze

Verspreidingwysig

Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voor.

Reënboomwysig

Ptyelus grossus-skuimbesies

Hierdie boom is een van die bome wat in Afrika as reënbome bekendstaan. In die lentemaande drup daar soms water van dié bome se takke. Die verskynsel word veroorsaak deur 'n klein insek wat die skuimbesie Ptyelus grossus genoem word. Onvolwasse skuimbesies pak saam op die jong lote en verkry hul voedsel deur die sap te suig. Terwyl hul sap inneem, skei die insekte suiwer water af wat die reën of gehuil veroorsaak.

Fotogalerywysig

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. https://apiv3.iucnredlist.org/api/v3/taxonredirect/47608213
  2. 2,0 2,1 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 89. ISBN 978-1-77007-759-1.
  3. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media