Horizon 2020

Horizon 2020 was die program vir navorsing en innovasie van die Europese Unie. Dit behels 'n bedrag van 80 miljard euro vir die tydperk 2014-2020. [1](Ter vergelyking die totale Suid-Afrikaanse begroting van 2017 was ongeveer 100 miljard euro).

Die logo

Aanvrae kan deur iedereen op talle gebiede soos landbou, energie, veiligheid, biotegnologie, innovasie en baie meer gedoen word.[2] Die aanvrae word gewoonlik deur drie of meer vennote uit drie verskillende lande gedoen.

Horizon Europawysig

Die projek het groot sukses gehad en die positiewe en minder positiewe uitwerkings is geëvalueer.In Desember 2020 is die projek opgevolg deur Horizon Europa met'n budget van €95,5 miljard vir die tydvak 2021-2027. €5,4 miljard daarvan is bestem vir die programma NGEU Next Generation Europe en vir die Herstel van die COVID-19-krisis. Dit is as volg verdeel:[3]

  1. €25 miljard vir navorsing op die hoogste vlak
  2. €53,5 miljard vir wêreldwye uitdagings Europa se industriële mededingendheid
  3. €13,6 miljard vir Innovatiewe Europa
  4. €3,4 miljard vir die uitbreiding van die deelname

Daar is vyf taakgebiede:

  1. Aanpassing aan klimaatverandering, inklusief sosiaalkulturele transformasie
  2. Kanker
  3. Gesonde oseane, seë, kus en binnelandse waters
  4. Klimaatneutrale en slim dorpe
  5. Grondgesondheid en voedsel

Betrekkings met derde landewysig

Die Verenigde Koninkryk se universiteite was die grootste begunstigde van Horizon 2020 gewees. In die Brexit-handelsooreenkoms van 2020 is bepaal dat die land ook aan Horizon Europa gaan deelneem.[4] Maar veral deur die probleme oor die Protokol vir Noord-Ierland is dit in 2023 nog nie volbring nie.

In 2023 het Nieu-Seeland 'n nuwe handelsooreenkoms met die EU gesluit as onderdeel daarvan word die land ook deelnemer aan Horizon.[5]


Verwysingswysig

  1. Europese Kommissie
  2. Europese Kommissie
  3. "Horizon Europe" (PDF). EU.
  4. "Q&A on the UK's participation in Horizon Europe" (PDF). EuropeseKommissie. 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Augustus 2023. Besoek op 21 Julie 2023.
  5. "Press statements by President von der Leyen and New Zealand Prime Minister Hipkins on the occasion of the signature of the Free Trade Agreement and the association of New Zealand to Horizon Europe". European Commission. 9 Julie 2023.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media