Hongkongse nasionale rugbyspan

Die Hongkongse nasionale rugbyspan (Engels: Hong Kong national rugby union team; Chinees: Tradisionele karakters: 香港欖球代表隊, Vereenvoudigde karakters: 香港榄球代表队, Pinyin: Xiānggǎng Lǎnqiú Dàibiǎoduì, Jyutping: Hoeng1gong2 Laam5kau4 Doi6biu2deoi6) is die nasionale rugbyspan wat die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Hongkong geadministreer deur die Hongkongse Rugbyunie (HKRU) wat in 1952 gestig is. Hulle dra die bynaam “die drake”. Hongkong word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Hongkongse rugbyspan is tans (Maart 2024) 24ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Die span word as een van die sterker rugbyspanne in Asië naas Japan beskou en neem aan die jaarlikse Asiatiese Rugbykampioenskap deel. Hongkong het op gereelde grondslag na die uitspeelwedstryde van die rugbywêreldbekerkwalifisering deurgedring.

Hongkong
UnieHongkongse Rugbyunie (HKRU)
Bynaam(e)die Drake
EmbleemChinese draak
Afrigter(s)Vlag van Wallis Lewis Evans (sedert 2022)
Kaptein(s)Liam Slatem
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetseNick Hewson (55)[1]
Meeste toetspunteMatthew Rosslee (217)[2]
Meeste drieëSalom Yiu-kam Shing (20)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Hongkong Hongkong 11–5 Australiese Universiteitspan
(1934)
Grootste oorwinning
Vlag van Hongkong Hongkong 164–13 Vlag van Singapoer Singapoer
(Kuala Lumpur, Maleisië; 27 Oktober 1994)
Grootste nederlaag
Vlag van Japan Japan 94–5 Hongkong Vlag van Hongkong
(Tokio, Japan; 22 Mei 2010)
Amptelike webwerf
www.hkrugby.com
Hongkongse nasionale rugbyspan
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees  香港欖球代表隊
Vereenvoudigde Chinees  香港榄球代表队
PinyinXiānggǎng Lǎnqiú Dàibiǎoduì
JyutpingHoeng1gong2 Laam5kau4 Doi6biu2deoi6

Hongkong beskik oor een van die oudste rugbytradisies in Asië, en hul rugbygeskiedenis streek terug na die 19de eeu, toe Britse koloniste hulle in Hongkong gevestig en die sport saamgeneem het. Oor ’n lang tydperk was rugby in Hongkong tradisioneel met die Engelstalige burgers van Britse herkoms geassosieer, maar sedert die 1990’s is die sport ook deur die Kantoneestalige gemeenskap oorgeneem; die eerste van hierdie spelers is “Rambo” Leung Yeung Kit. Hongkong het in onlangse jare beter vertonings gelewer, nadat hulle tweede in die Asiatiese Rugbykampioenskaptoernooie in 2011, 2014 en 2015 geëindig het, en hulle het tydens die Rugbywêreldbeker 2015-kwalifisering tot die uitspeelwedstryd deurgedring, maar met 3–24 teen Uruguay verloor. Hongkong het die Asiatiese Rugbykampioenskaptoernooie in 2018 en 2019 gewen. Tydens die Rugbywêreldbeker 2019-kwalifisering het Hongkong weer tot die uitspeelwedstryd gevorder, maar is deur Kanada geklop. Die Rugbywêreldbeker 2023-uitspeelrondte het Hongkong in die derde plek onder vier spanne afgesluit.

Beheerliggaamwysig

Die beheerliggaam vir rugby in Hongkong is die Hongkongse Rugbyunie (HKRU). Die HKRU is in 1952 gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyraad (IRR, nou Wêreldrugby) aangesluit.[5] Daarbenewens was die HKRU in 1968 ’n stigtingslid van die Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Rugby Football Union, ARFU; nou Asië Rugby).[6]

Die hoogste rugbyliga in Hongkong is die Hongkong Premiership, waaraan agt spanne deelneem. Die meeste spelers van die Hongkongse nasionale span is uit dié liga afkomstig. Van die ander spelers is veral in Engeland aktief.

Naas die amptelike nasionale span roep die HKRU ook ander keurspanne byeen. Nes ander rugbynasies beskik Hongkong oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[7] Die Hongkong Sevens is die Hongkongse sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker en Olimpiese Somerspele deel. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting.

Geskiedeniswysig

Vroeë geskiedeniswysig

Volgens ou koerantberigte dateer rugby in Hongkong tot die laat 1870’s terug, waarvolgens Hongkong glo die oudste rugbyspelende nasie in Asië sal wees. Die spelers van hierdie tydperk was almal Britse seemanne, maar ook polisiemanne en handelaars. Die eerste sekretaris van rugby in Hongkong was Jock McGregor.[6]

Die eerste wedstryde wat tot die stigting van die hedendaagse Hongkongse Rugbyunie in 1952 gelei het, is tussen 1924 en 1949 gespeel. ’n Nieamptelike Hongkongse hawespan het tussen 1924 en 1949 herhaaldelik teen Shanghai gespeel, albei spanne het heeltemal uit Britse emigrante bestaan wat hulle in verskeie hawestede gevestig het; hierdie wedstryde is ná die oprigting van die Volksrepubliek China gestaak.[8] In 1934 het ’n Hongkongse span teen ’n Australiese Universiteitspan gespeel, en kon dié wedstryd 11–5 beklink.

Ná die stigting van die Volksrepubliek China, wat die uitbreiding van rugby in China verhoed het, is in 1952 die Hongkongse Rugbyunie gestig; die voortgesette Britse heerskap in Hongkong, maar ook die stroom van immigrante en kapital van die vasteland en die vestiging van Hongkong as ’n belangrike hawestad, het die sport laat bloei, alhoewel rugby nog steeds tot die Britse gemeenskap beperk was.

In hierdie tydperk is die eerste amptelike wedstryde deur die Hongkongse Rugbyunie gereël. Hongkong het in 1958 ’n Nieu-Seelandse Universiteitspan gehuisves, maar dié wedstryd met 47–0 verloor. In 1958 het Larry Abel, een van Hongkong se vroeë rugbypioniere, kleiner rugbytoernooie van stapel gestuur, wat sedertdien jaarliks gespeel is.[9] In 1968 was Hongkong een van Asiatiese Rugbyvoetbalunie se stigterslede; die ander was Japan, Maleisië, Singapoer, Sri Lanka, Suid-Korea en Thailand.[6] Een jaar later kon Hongkong sy eerste amptelike toetswedstryd teen Japan met 24–22 in Tokio wen.

1970’swysig

Gedurende die 1970’s het Hongkong wedstryde teen die meeste Asiatiese buurlande met ’n rugbytradisie gespeel, insluitende Japan, Suid-Korea, Chinese Taipei, Thailand, Maleisië, Sri Lanka en Singapoer. Hongkong kon gemengde resultate teen sy bure aanteken, en het tydens die Asiatiese Rugbykampioenskap 1972 tweede eindig, nadat hulle teen Japan tuis met 0–16 verloor het.

In 1976 is die eerste Hongkong Sewes uitgespeel, wat deurslaggewend in die vestiging van dié sport in Hongkong was. Die konsep is deur die handelsvennote Ian Gow en Tokkie Smith, wat ’n haalbare rugbytoernooi in Asië wou vestig, uitgedink. Die eerste borge van die toernooi was Cathay Pacific en Rothmans International, later vervang deur die HSBC. Die eerste spanne wat aan hierdie toernooi deelgeneem het, was Asiaties, maar ook twee verteenwoordigende spanne van beide Australië en Nieu-Seeland. Die toernooi het vinnig gegroei met deelnemende spanne van die hele wêreld, voordat dit ’n amptelike toernooi van die jaarlikse sewesrugbykalender geword het.[10]

1980’s–1990’swysig

Gedurende die 1980’s het Hongkong volgens sy mededingingvermoeë agter Japan en Suid-Korea teruggeval; Hongkong kon ander Asiatiese spanne gereeld klop, maar het herhaaldelik op die derde plek geëindig; net Japan en Suid-Korea het om die kroon meegeding. Hongkong het in 1988 amptelik by die Internasionale Rugbyraad aangesluit, waardeur hulle aan die rugbywêreldbeker-kwalifisering kon deelneem, alhoewel hulle nie die Rugbywêreldbeker 1991 kon maak nie.

Die 1990’s het ’n meer suksesvolle dekade vir Hongkong geword. Hongkong het in 1992 sy eerste toets teen ’n nie-Asiatiese span gespeel, toe hulle met 16–23 teen die Verenigde State in San Francisco se Boxer-stadion verloor het. In dieselfde jaar kon Hongkong uiteindelik tot die eindstryd van die Asiatiese Rugbykampioenskap vorder, nadat hulle Suid-Korea 20–13 kon klop, maar het met 9–37 teen Japan verloor.

Van die noemenswaardige spelers wat gedurende die 1990’s vir Hongkong gespeel het, sluit in Ashley Billington, David Lewis, Leung Yeung Kit en Chan Fuk Ping.

Hongkong het aan die Rugbywêreldbeker 1995-kwalifisering deelgeneem en sy openingswedstryd teen Suid-Korea met 28–17 verloor, maar kon sy ander teenstanders klop; hulle kon egter nie vir die toernooi in Suid-Afrika kwalifiseer nie. ’n Indrukwekkende prestasie was Ashley Billington se tien drieë teen Singapoer op 10 November 1994; dit is die meeste drieë wat ’n enkele speler tydens ’n rugbywêreldbekerkwalifisering kon druk.

Gedurende die 1990’s het Hongkong toetse teen nie-Asiatiese spanne begin speel. Die Drake het onder andere teen Namibië, Papoea-Nieu-Guinee, die Verenigde State en Kanada gespeel. Hongkong kon verskeie noemenswaardige oorwinnings aanteken, insluitende drie oorwinnings teen die Arende, waaronder een in San Francisco, en ’n oorwinning teen Kanada in 1998.

Ondanks ’n goeie vordering in die 1990’s het Hongkong tydens die Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering laaste geëindig; Hongkong kon Suid-Korea verslaan, maar hulle het teen Japan verloor en is deur Chinese Taipei verras; hulle het vierde geëindig en dus die uitspeelwedstryd misgeloop.

2000–hede: die nuwe Millenniumwysig

Hongkong teen Japan tydens die Asiatiese Vyfnasies-toernooi in 2014
Hongkong teen Japan tydens die Asiatiese Rugbykampioenskap in 2015
Hongkong teen Japan tydens die Asiatiese Rugbykampioenskap in 2017

In 2000 het Hongkong geskiedenis gemaak toe hulle teen China te staan gekom het; dit was die eerste toets wat Hongkong teen ’n span van die Chinese vasteland gespeel het. Dié wedstryd is in Sjanghai ter herinnering aan die ou rugbywedstryde tussen Hongkong en Sjanghai gespeel. China kon Hongkong verras en die wedstryd 17–15 beklink.

Hongkong het gedurende die vroeë 2000’s gesukkel. In 2001 is Hongkong weer deur China verras, en eindig in ’n 25-elk-gelykop in Guangzhou. Tydens die Rugbywêreldbeker 2003-kwalifisering is Hongkong ook deur Chinese Taipei verras en 20–15 geklop, hoewel Hongkong China vir die eerste keer tydens dieselfde kwalifisering kon klop. Tydens die Rugbywêreldbeker 2007-kwalifisering is Hongkong in al sy wedstryde van die finale rondte geklop en het vervolgens die uitspeelwedstryd misgeloop.

Die Rugbywêreldbeker 2011-kwalifisering het op ’n soortgelyke manier geëindig: Hongkong kon beide Suid-Korea en die nuweling Kasakstan klop, maar is in ’n volgende wedstryd deur die Arabiese Golfspan verslaan; weens bonuspunte het Kasakstan pleks van Hongkong tot die uitspeelwedstryd gevorder.

Tydens die Rugbywêreldbeker 2015-kwalifisering het Hongkong beter gevaar. Hongkong is in ’n groep met sy tradisionele teenstanders Japan en Suid-Korea, maar ook Sri Lanka en die nuweling Filippyne geloot. Hongkong kon met Suid-Korea tuis 39–6 afreken, en ook ’n historiese oorwinning oor Filippyne met 108–0 aanteken. Hongkong het tweede geëindig en vervolgens tot die uitspeelwedstryd gevorder. In dié wedstryd teen Uruguay in Montevideo kon hulle in die eerste helfte meeding en was net met 6–3 agter; in die tweede helfte het hulle egter weens ’n gebrek aan dissipline en sleutelspelers wat nie beskikbaar was nie teruggesak, en met 28–3 verloor, waarvolgens hulle uit die kwalifisering geskakel is.

Aan die einde van 2015 het Hongkong die Nasiesbeker gehuisves, waaraan drie ander opkomende rugbynasies deelgeneem het: Portugal, Rusland en Zimbabwe. Hongkong eindig tweede, nadat hulle beide Portugal en Zimbabwe kon klop, maar deur Rusland verslaan is. In 2016 het Hongkong Leigh Jones, Japan se verdedigingsafrigter wat ’n beslissende rol in Japan se verrassing oor die Springbokke tydens die Rugbywêreldbeker 2015 gespeel het, as hoofafrigter ten einde van ’n beter vertoning aangestel.[11]

Ten einde van ’n toekomstige sukses het die HKRU onder leiding van Leigh Jones sy eerste professionele rugbyprogram, die Elite Rugbyprogram, van stapel gestuur; die korttermyndoel van dié program is om plaaslike rugbyspelers rugby op ’n professionele vlak in Hongkong te laat speel, en die langtermyndoel is ’n professionele toernooi soortgelyk aan Japan se Topliga.[12]

Tydens die Nasiesbeker in 2016 is Hongkong deur Rusland verslaan, maar kon beide Zimbabwe en Papoea-Nieu-Guinee klop. Tydens die Nasiesbeker in 2017 is hulle weer deur Rusland verslaan, maar kon beide Chili en Kenia klop.

Tydens die eerste Global Rapid Rugby in 2018 het Hongkong onder andere teen die Western Force te staan gekom.

Tydens die Rugbywêreldbeker 2019-kwalifisering kon Hongkong al sy Asiatiese teenstanders klop, nadat Japan as gasheer outomaties vir dié toernooi gekwalifiseer was. Hongkong het vervolgens tot die uitspeelwedstryd gevorder; hulle kon Kenia klop, maar is deur beide Duitsland en Kanada verslaan.

Tydens die Rugbywêreldbeker 2023-kwalifisering het Hongkong Korea naelskraap verslaan en die uitspeelwedstryd tussen Asië en Oseanië gehaal, wat hulle teen Tonga verloor het. Hongkong het vervolgens tot die uitspeelwedstryd gevorder, waar hulle net Kenia kon klop, maar deur beide Portugal en die Verenigde State verslaan is.[13]

Kleure, embleem en bynaamwysig

Hongkong speel tradisioneel in ’n donkerblou trui met donkerblou moue, wit broeke en donkerblou sokkies. Hul alternatiewe trui is rooi met rooi moue, wit broeke en donkerblou sokkies.

Die Hongkongse Rugbyunie se kenteken toon ’n gestileerde Chinese draak in blou met die belettering HKRU in Engels en 中國香港欖球總會 in Chinees. Die nasionale span se bynaam is Dragons (“die drake”).

Stadionswysig

Hongkong beskik oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Hongkongse nasionale krieketspan gebruik vir hul krieketwedstryde eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Hongkong: die Hongkong-stadion, Mong Kok-stadion, Hongkong-sokkerklubstadion en King’s Park-sportveld.

Toetswedstrydewysig

Hongkong het 119 van sy 224 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 53,13%. Hongkong se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek in Maart 2023):[14]

TeenGespeelGewenVerloorGelykop% Gewen
Arabië642066,67
Australiese Universiteitspan210175,00
België431075,00
Brasilië1100100,00
Chili1100100,00
Cookeilande2200100,00
Duitsland20200,00
Engeland XV10100,00
Fidji30300,00
Filippyne3300100,00
Frankryk XV10100,00
Japan28424014,29
Japan XV918011,11
Kanada716014,29
Kasakstan541080,00
Kenia751171,43
Korea351916054,29
Maleisië111100100,00
Namibië10100,00
Nederland20110,00
Nieu-Seeland o/2310100,00
Nieu-Seelandse Universiteitspan50500
Noorweë1100100,00
Papoea-Nieu-Guinee3300100,00
Portugal211050,00
Taiwan19135168,42
Rusland50500,00
Singapoer13112084,61
Skotland XV10100,00
Spanje10100,00
Sri Lanka9900100,00
Thailand963066,67
Tonga10100,00
Tsjeggië10100,00
Tunisië211050,00
Uruguay10100,00
Verenigde Arabiese Emirate5500100,00
Verenigde State844050,00
Volksrepubliek China531160,00
Wallis XV10100,00
Zimbabwe3300100,00
Algeheel224119100553,13

Rekordswysig

Wêreldbekerrekordwysig

JaarUitslag
1987Nie genooi nie
1991Nie gekwalifiseer nie
1995Nie gekwalifiseer nie
1999Nie gekwalifiseer nie
2003Nie gekwalifiseer nie
2007Nie gekwalifiseer nie
2011Nie gekwalifiseer nie
2015Nie gekwalifiseer nie
2019Nie gekwalifiseer nie
2023Nie gekwalifiseer nie
2027N.v.t.
2031N.v.t.

Asiatiese Rugbykampioenskappewysig

Die Hongkongse nasionale rugbyspan neem sedert 1972 aan die Asiatiese Rugbykampioenskap deel en het sedertdien vier titels gewen.

  • Toernooititels (4): 2018, 2019, 2022, 2023

Ander toetswedstrydewysig

Vanweë sy laat vestiging het Hongkong gedurende die amateurtydperk min toere volgens die ou tradisie onderneem, aangesien dit teen die jaar 2000 tot ’n einde gekom het. Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Suidelike Halfrond tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand se midjaarrugbytoetsreeks en gedurende Novembermaand se eindjaarrugbytoetsreeks. In teenstelling met die meeste ander rugbylande speel Hongkong nie vir enige trofee teen sy opponente nie.

Spelerswysig

Huidige spanwysig

Die volgende spelers het Hongkong se span tydens die Rugbywêreldbeker 2023-kwalifisering gevorm:

Agterspelers

SpelerPosisieKlubToetswedstryde
Jack CombesSkrumskakelBirmingham Moseley1
Jamie LauderSkrumskakelHong Kong FC11
Bryn PhillipsSkrumskakelKowloon7
Nickolas CummingLosskakelSandy Bay0
Glyn HughesLosskakelHong Kong FC1
Gregor McNeishLosskakelHong Kong Scottish3
Tom HillSenterHong Kong FC2
Jack NevilleSenterNottingham7
Guy SpantonSenterSandy Bay3
Charles Higson-SmithVleuelHong Kong FC10
Matthew WorleyVleuelBedford Blues1
Nathan de ThierryHeelagterHunter Wildfires3
Sean TaylorHeelagterHong Kong Scottish0

Voorspelers

SpelerPosisieKlubToetswedstryde
John McCormick-HoustonHakerHong Kong FC2
Lam Jak-shingHakerSandy Bay0
Alexander PostHakerOld Albanian9
Zacceus CinnamondStutSandy Bay1
Ian EtheridgeStutUSRC Tigers1
Benjamin HigginsStutValley20
Ashton HydeStutSandy Bay2
Callum McFeat-SmithStutHong Kong FC6
Faizal SolomonaStutValley7
James CunninghamSlotValley25
Jamie PincottSlotHong Kong Scottish5
Mark PriorSlotSandy Bay3
Josh HrstichSlotUSRC Tigers1
Patrick JenkinsonLosvoorspelerHong Kong FC2
Gregor RamageLosvoorspelerCardiff-universiteit9
James SawyerLosvoorspelerKowloon RFC4
Luke van der SmitLosvoorspelerValley2

Spelerstatistiekewysig

Vervolgens die belangrikste statistieke van Hongkong se spelers. Die spelers wat met * gekenmerk is, is nog aktief en kan hul statistieke verbeter.

(Korrek teen Mei 2020)

Meeste toetswedstryde[15]
RangNaamTydperkToetswedstryde
01Nick Hewson2009–201855
02Alexander Ng Wai Shing2008–201747
03Salom Yiu-kam Shing2009–201845
04Rowan Varty2008–201738
05Alex Harris2010–201830
06Alex McQueen2008–201730
07Jamie Hood2011–201829
08Matt Lamming2012–201729
09Jack Parfitt2014–201929
10Tyler Spitz2014–201929
Meeste punte aangeteken[16]
RangNaamTydperkPunte
01Matthew Rosslee2016–2019217
02Alex McQueen2008–2017138
03Ben Rimene2015–2018129
04Kenzo Pannell2007–2009102
05Salom Yiu-kam Shing2009–2018100
06Chris McAdam2012–2015092
07Rowan Varty2008–2017090
08Keith Robertson2009–2012087
09Chris Gordon1997–2002075
10Ashley Billington1994–1998070
Meeste drieë gedruk[17]
RangNaamTydperkDrieë
01Salom Yiu-kam Shing2009–201820
02Rowan Varty2008–201718
03Alex McQueen2008–201715
04Ashley Billington1994–199814
05Jon Dingley1994–199810
06Tom McQueen2010–201509
07Luke Nabaro1997–199809
08Tyler Spitz2014–201909
09Paul Dingley1997–200208
10Vaughan Going1994–199808

Afrigterswysig

Die volgende persone het al as hoofafrigters van die Hongkongse nasionale rugbyspan gedien:

NaamTydperk
Jim Rowark1987–1992
George Simpkin1993–1998
Phil Campbell1998–2001
Chris Roden2001–2003
Ivan Torpey2004–2007
John Walters2007–2008
Dai Rees2008–2014
Andrew Hall2014–2015
Leigh Jones2016–2018
Andrew Hall2019–2021
Craig Hammond2021
Simon Armor (tussentyds)2021
Lewis Evanssedert 2022

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 25 Maart 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 25 Maart 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 25 Maart 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 25 Maart 2024.
  5. (en) "Hong Kong". Wêreldrugby. Besoek op 25 Maart 2024.
  6. 6,0 6,1 6,2 (en) "Hong Kong Rugby Union". Asië Rugby. Besoek op 25 Maart 2024.
  7. (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 25 Maart 2024.
  8. (en) "The History of Sport Played in China's Treaty Ports". treatyportsport.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 24 Oktober 2019.
  9. (en) "Hong Kong Rugby Roll of Honour". Hongkongse Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2019. Besoek op 14 Augustus 2019.
  10. (en) Emil Signes. "History of the Hong Kong Sevens". Rugby7.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2019. Besoek op 29 Desember 2019.
  11. (en) James Porteous (18 Januarie 2016). "Leigh Jones helped mastermind Japan's stunning Rugby World Cup campaign – now he aims to do the same for Hong Kong". South China Morning Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2019. Besoek op 29 Desember 2019.
  12. (en) "Hong Kong Rugby Union launches first fully professional 15s programme". Hong Kong cocounuts.co. 24 Maart 2016. Besoek op 25 Maart 2024.
  13. (en) "Samuel Marques kicks Portugal to Rugby World Cup 2023". rugbyworldcup.com. 18 November 2022. Besoek op 25 Maart 2024.
  14. (en) "International Rugby Union Statistics – Hongkong". ESPNscrum. Besoek op 25 Maart 2024.
  15. (en) "Total matches played (descending)". ESPNscrum. Besoek op 25 Maart 2024.
  16. (en) "Total points scored (descending)". ESPNscrum. Besoek op 25 Maart 2024.
  17. (en) "Total tries scored (descending)". ESPNscrum. Besoek op 25 Maart 2024.

Verdere leesstofwysig

  • (en) Huw Richards (2007). A Game for Hooligans: The History of Rugby Union. Edinburg: Mainstream Publishing. ISBN 978-1-84596-255-5.
  • (en) Richard Bath (1997). The Complete Book of Rugby. Seven Oaks. ISBN 1-86200-013-1.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media