Hoërskool Linden

Die Hoërskool Linden is een van net twee Afrikaansmedium- sekondêre staatskole in Johannesburg; die ander is die Hoërskool Randburg.

Hoërskool Linden
LeuseVolhard
Gestig1947
TipeStaatskool
HoofDr. J Wiehahn
Adjunkhoof(de)Dr. N van Niekerk, Me. A. Muller
StigterMnr. TE Schlebusch
Leerlinge797 (2023)
Grade8-12
MediumAfrikaans
AdresH.v. 6de straat & 3de laan, Linden
StadJohannesburg
ProvinsieGauteng
LandSuid-Afrika
SkoolkoerantJa-Nee
Webbladwww.linden.co.za

Ontstaan

Kort ná die Tweede Vryheidsoorlog was D.J. Viljoen hoof van ’n plaasskooltjie, Lindense Laerskool, op die plaas Emmarentia van die welgestelde Louw Geldenhuys. Van Emmarentia is die skool oorgeplaas na die buurt Linden, nog met Viljoen as hoof. Nadat hy aftree het, het P.J. Grobler hom opgevolg, maar hy moes weens ’n ongeluk vroeg aftree. D.J. Viljoen jr. het van 1933 tot 1934 waargeneem as hoof, waarna T.E. Schlebusch in 1935 in dié pos aangestel is.

Schlebusch is beskryf as iemand met visie en deursettingsvermoë. Die skool het bestaan uit 10 onderwysers met sowat 300 leerlinge. Omstreeks dié tyd is die naam verander ter nagedagtenis aan Louw Geldenhuys. In 1935 het die Louw Geldenhuys-skool tot stand gekom. Die kinders het tot in st. 6 aan die laerskool skoolgegaan.

In 1937 is ’n st. 7-klas ingestel. Die laerskool het toe ’n sekondêre afdeling bygekry, wat die Lindense Junior-Hoërskool geheet het. Die sport- en kultuurprestasies van die twee skole onder een dak en onder een hoof was welbekend in die noordelike voorstede van Johannesburg.

Die drie vakonderwysers was P. Schutte, D.J. Viljoen en A.P. Minnaar. Hulle moes die werk onder moeilike omstandighede verrig, want elke onderwyser was verantwoordelik vir ’n hele klompie vakke wat deur middel van dubbelmedium behartig moes word.

In 1940 het die Louw Geldenhuys-skool heeltemal te klein geword. Drie klaskamers is noodgedwonge ingerig in die skuur van Danie Malan in Negendestraat, twee kamertjies in die winkeltjie van Danie Swanepoel in Sesdestraat, twee in die NG kerksaaltjie in Vyfdestraat en een in die skool se fietsloods.

Ten spyte van die oorlogsjare het Schlebusch besef dat ’n nuwe hoërskool in Linden gebou moes word. Oor dié saak het hy talle briewe, afvaardigings en vertoë aan die Transvaalse Onderwysdepartement gerig. Eindelik, in 1947, is die Linden Junior Hoërskool met 500 leerlinge en 17 onderwyseres in ’n moderne skoolgebou met 14 klaskamers op die Markplein van Linden geopen. Die argiteksfirma Geers & Geers van Leendert Geers het dit ontwerp.

Linden was oorspronklik ’n dubbelmedium- junior hoërskool. Schlebusch het oorgeskuif van die Louw Geldenhuys-skool en die eerste hoof van Linden Junior Hoërskool geword. Die geboue op die huidige terrein het gou te knap geraak en tente is opgeslaan wat as tydelike klaskamers moes dien.

Vanaf 1950 het die idee begin posvat om die Engels- en Afrikaanssprekende leerders te skei en 'n skool in Rooseveldt Park vir die Engelse leerders te bou. Einde 1951 is die Rooseveldt Park High School voltooi en die Engelssprekende leerders het in die volgende jaar daar begin skoolgaan.

Begin 1952 het die voorstad Linden dus ’n hoërskool gehad wat uitsluitlik in Afrikaans onderrig verskaf en vir die eerste keer ’n matriekklas gehad. In dieselfde jaar het die skool verhoogde status as ’n volwaardige hoërskool verkry. Die inwyding van die nuwe Afrikaanse Hoërskool het saamgeval met die viering van die groot volksfees, die Van Riebeeck-fees. In 1952 het die Hoërskool Linden sy eerste jaarblad gepubliseer. Dit het bekendgestaan as die Jan van Riebeeck-uitgawe ter herinnering aan die Afrikaanswording van die Hoërskool Linden in 1952.

Bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media