Hlumelo Biko

Hlumelo Biko (1978-) is ’n Suid-Afrikaanse sakeman en beleggingsbankier, en skrywer van The Great African Society. Hy is die seun van Steve Biko en Mamphela Ramphele.[1]

Hlumelo Biko
Biko (2022)
GeboreJanuarie 1978
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepBankier, sakeman
Ouer(s)Steve Biko
Mamphela Ramphele

Beknopte biografiewysig

Hlumelo Biko is in Januarie 1978 gebore. Sy ma was vyf maande swanger toe sy verneem dat Steve Biko, met wie sy 'n verhouding gehad het, in polisie-aanhouding oorlede is. Sy het hom "Hlumel" genoem, wat in Xhosa die "loot van 'n boom" beteken.[2]

Biko het 'n B.A. in Geskiedenis en Politiek aan die Universiteit van Kaapstad, en 'n Meesters in Internasionale Sake- en Regeringsverhoudings van Georgetown Universiteit verwerf.[3] In 1998 het hy vir die Wêreldbank in Washington, DC gewerk.

Biko en Ramphele het die beleggingsmaatskappy Circle Capital in 2005 gestig.[4] Biko was die hoof uitvoerende beampte van Circle Capital.[5] In 2008 noem Bespoke Magazine hom "die dryfkrag agter 'n multi-miljoen Rand se swart bemagtigingsmaatskappy... een van Suid-Afrika se mees boeiende bemagtigingvoertuie".[3]

Biko is 'n uitvoerende voorsitter van 'n kapitaalgroei-georiënteerde beleggingfirma, genaamd Spinnaker Growth Partners. Voor dit het hy 'n suksesvolle waagkapitaalmaatskappy, genaamd Circle Capital Ventures bestuur, wat R100 miljoen oor 8 jaar in 8 transaksies belê het, en 'n opbrengs van R1,6 miljard gelewer het.

Hy is ook 'n toegewyde filantroop wat ontluikende klein en medium besighede ondersteun, en as die vise-voorsitter van die Baxter-teater dien.

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Daley, Suzanne (13 April 1997). "The Standards Bearer". The New York Times (in Engels). New York. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2018.
  3. 3,0 3,1 Willis, Mike. "Bespoke People: Man of Change"[dooie skakel], Bespoke, Beirut, Julie 2008.
  4. Bridge, Sherilee. Trailblazers: South Africa's champions of change. Cape Town: Double Storey, 2007.
  5. "Circle Capital Executive Team". circlecapital.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2010. Besoek op 24 Mei 2010.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media