Hestia

Hestia (Grieks: Ἑστία) is in die Griekse mitologie die dogter van Kronos en Rea en die godin van die vuurherd, huislikheid, argitektuur en die familie wat die eerste deel van die offerande in elke huishouding gekry het.

Hestia
Griekse godin
Hestia in O. Seyffert, Dictionary of Classical Antiquities, 1894.
Hestia in O. Seyffert, Dictionary of Classical Antiquities, 1894.
NaamHestia
Godin vanDie vuurherd
BlyplekDie berg Olimpus; Delfi
SimboolVuurherd, vark
OuersKronos en Rea
Broers, sustersDemeter, Poseidon, Hades, Hera, Zeus
Romeinse eweknieVesta

Met die stigting van ’n nuwe nedersetting is ’n vlam van Hestia se openbare vuurherd in die moederstad daarheen gedra. Sy het op ’n eenvoudige houttroon met ’n wit kussing gesit en nie die moeite gedoen om vir haaself ’n simbool te kies nie.[1]

As ’n Olimpiese godwysig

Hestia is een van die drie godinne van die eerste Olimpiese generasie: sy en haar susters, Demeter en Hera. Sy was die oudste én jongste van Kronos en Rea se kinders (sien Oudste en jongste kind) en die suster van drie broers, Zeus, Poseidon en Hades.

Van die Olimpiese gode was Hestia die een met die minste prestasies en skandes. Haar plek was by die vuurherd.[2] Soms word dit toegeskryf aan haar passiewe geaardheid, wat verder geïllustreer word deur die feit dat sy haar plek op Olimpus afgestaan het. Hestia wou nie betrokke raak by die ander gode se rusies nie en het besluit om Olimpus te verlaat om na haar heilige vuurherd om te sien. Sy het haar plek afgestaan aan die nuweling Dionisos.

Poseidon, en Apollo van die jonger geslag, het albei haar die hof probeer maak, maar Hestia was onaangeraak deur Afrodite se sake en het op Zeus se kop gesweer dat sy ’n maagd sou bly.

Oudste en jongste kindwysig

Hestia was die oudste én die jongste van Kronos en Rhea se kinders. Kronos het al sy kinders net ná hul geboorte ingesluk, buiten die jongste, Zeus. Dié het die ander later gered deur sy pa te dwing om hulle in omgekeerde volgorde op te bring en saam sou hulle Kronos se geslag, die Titane, verslaan.

Hestia is laaste opgebring omdat sy die oudste was, en was dus ook die jongste kind (Kereny 1951:91). Dit word ook in die Homeriese lofsang aan Afrodite (omstreeks 700 v.C.) genoem:

Sy was die eersgeborene van die skelm Kronos – en ook die jongste.

Verwysingswysig

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Hestia
  1. Graves, Robert. "The Palace of Olympus". Greek Gods and Heroes.
  2. Burkert, Greek Religion 1985:170.; Karl Kerenyi, The Gods of the Greeks 1951:92.
  • Burkert, Walter, 1985. Greek Religion (Harvard University Press)
  • Kerenyi, Karl, 1951. The Gods of the Greeks
  • Stephenson, Hamish, 1985. The Gods of the Romans and Greeks

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media