Herschelle Gibbs

Krieketspeler

Herschelle Herman Gibbs (gebore 23 Februarie 1974 Kaapstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het vir die Proteas gespeel, en alle vorme vir veertien jaar gespeel. 'n Regterarm kolwer, wat meestal die aanvangskolwer was, was die eerste speler om ses agtereenvolgende sesse te slaan in 'n Internasionale eendagwedstryd teen Nederland in die Krieketwêreldbeker 2007-toernooi. Voorheen het hy ook tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1999 en 2003, die Kampioenetrofeë in 2002, 2004, 2006 en 2009, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010 vir Suid-Afrika gespeel.

Herschelle Gibbs
Herschelle Gibbs in 2009
Volle naamHerschelle Herman Gibbs
Gebore23 Februarie 1974 (1974-02-23) (50 jaar oud)
Kaapstad, Suid-Afrika
Lengte1.75 m
KolfstylRegshandig
RolAanvangskolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale spanSuid-Afrika
Toetsdebuut (no 264)27 November 1996 v Indië
Laaste Toets10 Januarie 2008 v Wes-Indië
EDI debuut (no 42)3 Oktober 1996 v Kenia
Laaste EDI27 Februarie 2010 v Indië
EDI hempno.09 (wissel jaarliks)
Eersterangse spaninligting
Jaar(e)Span
1990/91–2003/04Westelike Provinsie
2004/05–2005/06Kaapse Kobras
2008–10Deccan Chargers
2012–Mumbai Indians
2008Glamorgan graafskap
2010–Yorkshire graafskap
2010–Noordelike Distrikte, Nieu-Seeland
2011–12Perth Scorchers
2012–Durham Dynamos
Loopbaanstatistiek
KompetisieToetsEDI1e rangA-lys
Wedstryde90248193388
Lopies aangeteken6,1678,09413,42511,976
Kolfgemiddeld41.9536.1342.2135.42
100s/50s14/2621/3731/6027/62
Hoogste telling228175228175
Aflewerings geboul6-13866
Paaltjies0-32
Boulgemiddeld--26.0028.50
5 paaltjies in 'n kolfbeurt----
10 paaltjies in 'n wedstryd----
Beste boulontleding--2/141/16
Vangskote/Stonkings94/-108/-176/-170/-
Bron: CricketArchive, 11 Desember 2013

Vroeë lewewysig

Gibbs het skoolgegaan in Rondebosch. Hy was 'n goeie sportsman op skool en het rugby, krieket en sokker gespeel.

Persoonlike lewewysig

Op 8 Junie 2007 het hy getrou in St Kitts met Tenielle Povey,[1] maar geskei kort daarna.

Internasionale loopbaanwysig

Herschelle Gibbs in 2009

Gibbs het twee keer 200 geslaan in sy toetsloopbaan. Sy eerste was 211 (nie uit) teen Nieu-Seeland in 1999. Sy eerste keer het 468 balle gevat terwyl sy tweede keer was 228 vanaf 240 balle teen Pakistan op Nuwelandstadion, en het 'n nasionale rekord 368 gekry saam met Graeme Smith. Hy het nog twee 300 lopies gemaak met Steyn, die enigste twee in toetskriekte geskiedenis om 300 te kry op drie geleenthede.[2] Hy het ook die Suid-Afrikaanse rekord met Jacques Kallis vir 315*.

Strydpuntewysig

In 2001 is Gibbs beboet saam met verskeie spanmaats vir die gebruik van dagga op die Wes-Indiese Eilande.[3]

Gibbs is berug vir sy betrokkenheid by die wedstrydbeslote-skandaal met die voormalige kaptein Hansie Cronjé. Hy het hom VS$ 15 000 aangebied om minder as 20 lopies te kry in die derde eendagwedstryd van die reeks. Gibbs het 74 lopies aangeteken. As gevolg hiervan is hy vir slegs ses maande verban. Hy het herhaaldelik geweier om Indië te toer en weier om met die Indiese polisie oor die saak te praat. Gibbs is egter in die Suid-Afrikaanse span aangewys om Indië in die 2006-ICC-kampioenskapsreeks te toer. Hy moes gevolglik met die Indiese Polisie vergader oor sy betrokkenheid by die wedstrydskandaal.[4]

Verwysingswysig

  1. (en) "Herschell Gibbs ties the knot in St Kitts-Nevis". caribbeannetnews. 13 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2011. Besoek op 9 Januarie 2019.
  2. (en) "Big tops". The Cricket Monthly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2018. Besoek op 11 Maart 2017.
  3. (en) "South Africa's Nel denies smoking drugs at tour party". Rediff. 15 Mei 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2002. Besoek op 9 Januarie 2019.
  4. (en) "India awaits Gibbs". BBC Sport. 9 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2006. Besoek op 9 Januarie 2019.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media