Hergé

Georges Prosper Remi (22 Mei 19073 Maart 1983), was 'n Belgiese strokiesverhaalskrywer en kunstenaar. Sy skrywernaam was Hergé – wat die Franse uitspraak van R.G., sy voorletters omgekeer, is. Sy Die avonture van Kuifie het hy vanaf 1929 tot 1983 geskryf. Hy het 24 Kuifieboeke geskryf. Die 24ste boek het hy nooit voltooi nie. Die merkwaardige eienskappe van die Kuifie-stories sluit in die sterk skepping van 'n gevoel van realiteit (danksy sy nougesette en verreikende navorsing), en sy kenmerkende ligne claire sketsmetode.

Georges Remi
Foto van Hergé in "Galerie de Traitres" (Galery van Verraaiers).
Gebore
Georges Prosper Remi

22 Mei 1907
Etterbeek, België
Sterf3 Maart 1983 (op 75)
Woluwe-Saint-Lambert, België
NasionaliteitBelgië
BeroepSkrywer en tekenaar
Bekend virDie avonture van Kuifie
EggenootGermaine Kieckens
Ouer(s)Alexis Remi en Elisabeth Dufour
Webwerftintin.com
Handtekening

Biografiewysig

Georges Remi is gebore in 1907 in Etterbeek, Brussel, België. Hy het nooit formele kunsopleiding ontvang nie. Hy begin om sy werk as Hergé te onderteken vanaf 1924. Hy het sy eerste strokiesverhaal in 1926 gepubliseer. Sy eerste Kuifie-storie verskyn as 'n strokiesprentreeks in Le Petit Vingtième op 10 Januarie 1929 en word voltooi op 8 Mei 1930. Kuifie, as karakter, is geïnspireer deur sy broer, Paul Remi, wat toe 'n offisier in die Belgiese weermag was.

In 1932 trou hy met Germaine Kieckens. Hulle het nooit kinders gehad nie en skei in 1975.

Die vroeë stories van Kuifie het verskyn teen die tempo van ongeveer een per jaar. Voor Die blou lotus, die vyfde storie in die reeks, het Hergé onverskillige en polities-verkeerde foute gemaak oor die lande wat Kuifie besoek het. As gevolg van sy vriendskap met 'n jong Chinese man, Sjang Sjonjen, raak hy nougeset om die plekke wat Kuifie besoek in sy verdere stories akkuraat uit te beeld. Die laaste drie stories het veel langer geneem om te verskyn (met vyf en nege jaar se verloop tussen die drie).

Hergé sterf op 3 Maart 1983 op die ouderdom van 75 weens komplikasies van leukemie, waaraan hy vir vele jare gely het.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

Bronwysig

  • Verkorte vertaling vanaf Hergé in die Engelse Wikipedia.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media