Herbert Henry Asquith

Herbert Henry Asquith, 1ste graaf van Oxford en Asquith (* 12 September 1852; † 15 Februarie 1928) was 'n liberale Britse politikus wat tussen 1908 en 1916 as eerste minister van die Verenigde Koninkryk gedien het. Sy ampstermyn was tot en met 5 Januarie 1988 die langste aaneenlopende van alle Britse eerste ministers in die 20ste eeu - 'n rekord wat eers deur Margaret Thatcher gebreek is.

Herbert Henry Asquith
Herbert Henry Asquith

Ampstermyn
5 April 1908 – 5 Desember 1916
MonargEdward VII
George V
Voorafgegaan deurHenry Campbell-Bannerman
Opgevolg deurDavid Lloyd George

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
12 Februarie 1920 – 21 November 1922
MonargGeorge V
Eerste ministerDavid Lloyd George
Bonar Law
Voorafgegaan deurDonald Maclean
Opgevolg deurRamsay MacDonald
Ampstermyn
6 Desember 1916 – 14 Desember 1918
MonargGeorge V
Eerste ministerDavid Lloyd George
Voorafgegaan deurEdward Carson
Opgevolg deurDonald Maclean

Staatsekretaris vir Oorlog
Ampstermyn
30 Maart 1914 – 5 Augustus 1914
Voorafgegaan deurJ. E. B. Seely
Opgevolg deurHerbert Kitchener

Leier van die Liberale Party
Ampstermyn
30 April 1908 – 14 Oktober 1926
Voorafgegaan deurHenry Campbell-Bannerman
Opgevolg deurDavid Lloyd George

Leier van die Britse Laerhuis
Ampstermyn
5 April 1908 – 5 Desember 1916
Voorafgegaan deurHenry Campbell-Bannerman
Opgevolg deurBonar Law

Kanselier van die Skatkis
Ampstermyn
10 Desember 1905 – 12 April 1908
Eerste ministerHenry Campbell-Bannerman
Voorafgegaan deurAusten Chamberlain
Opgevolg deurDavid Lloyd George

Sekretaris van Binnelandse Sake
Ampstermyn
18 Augustus 1892 – 25 Junie 1895
Eerste ministerWilliam Ewart Gladstone
Voorafgegaan deurHenry Matthews
Opgevolg deurMatthew White Ridley

Parlementslid vir Paisley
Ampstermyn
12 Februarie 1920 – 4 November 1924
Voorafgegaan deurJohn Mills McCallum
Opgevolg deurEdward Rosslyn Mitchell

Parlementslid vir East Fife
Ampstermyn
27 Julie 1886 – 14 Desember 1918
Voorafgegaan deurJohn Boyd Kinnear
Opgevolg deurAlexander Sprot

Persoonlike besonderhede
Gebore12 September 1852
Morley, Engeland, Verenigde Koninkryk
Sterf15 Februarie 1928
Sutton Courtenay, Engeland, Verenigde Koninkryk
Politieke partyLiberale Party
Eggenoot/-noteHelen Melland (1877–1891)
Margot Tennant (1894–1928)
Kind(ers)10
Alma materBalliol College, Oxford
Inns of Court School of Law
City of London School
ReligieKongregasionalistiese Kerk
Handtekening

As Britse premier het Asquith met sy Liberale Party 'n aantal belangrike hervormings ingestel, waaronder sosiale versekering en die beperking van die politieke invloed van die Britse Hoërhuis. Onder sy regering het die Verenigde Koninkryk tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree, maar 'n reeks militêre en politieke krisisse het in laat 1916 tot sy vervanging deur David Lloyd George gelei. Asquith se politieke geskil met Lloyd George was 'n beslissende faktor in die agteruitgang van die Liberale Party.

Voor sy ampstermyn as eerste minister het hy as minister van binnelandse sake (Home Secretary, 1892-95) en as minister van finansies (Chancellor of the Exchequer, 1905-08) gedien. Voor sy verheffing tot die adelstand in 1925, toe hy die graaf van Oxford en Asquith geword het, het hy algemeen as H.H. Asquith bekend gestaan.

Asquith se prestasies in vredestye is deur sy swakhede in oorlogstye oorskadu. Baie geskiedkundiges beskryf hom as 'n aarselende eerste minister wat nie in staat was om vir die publiek die indruk van 'n aktiewe en dinamiese politieke leier te skep nie. Ander historici beklemtoon die uitstekende administratiewe vaardighede wat hy deurgaans vertoon het en voer aan dat baie van die beduidende hervormings, wat algemeen met Lloyd George as "die man wat die oorlog gewen het" verbind word, in werklikheid deur Asquith geïmplementeer is.

Die oorheersende geskiedkundige oordeel is dat daar in der waarheid twee Asquiths was: die hoflike en versoenende Asquith wat sukses as politieke leier in vredestye behaal het, en die weifelende Asquith wat in toenemende mate uitgeput geraak het en gedurende die Groot Oorlog 'n beleid van verwarring en vertraging gevoer het.

Voorafgegaan deur
Henry Campbell-Bannerman
(Liberale Party)
Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk
(Liberale Party)

1908 - 1916
Opgevolg deur
David Lloyd George
(Liberale Party)
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media