Hennie Venter

Ds. Hendrik Johannes Stephanus Venter (Bloemfontein, 26 Augustus 1922Warmbad, Transvaal, 23 Desember 1976) was tussen 1964 en sy dood predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk.

Ds. Hennie Venter
Ds. Hennie Venter
Ds. Hennie Venter

NaamHendrik Johannes Stephanus Venter
Geboorte26 Augustus 1922
Bloemfontein , Oranje-Vrystaat
Sterfte23 Desember 1978 (op 56)
KerkverbandGereformeerd
Gemeente(s)Messina (1964–'67)
Bultfontein (1967–'75)
Warmbad (1975-'78)
Jare aktief1964–1978
KweekskoolTeologiese Skool Potchefstroom

Vroeë lewewysig

Venter is in die Vrystaatse hoofstad gebore as die oudste seun van 'n gesin van ses kinders. Sy skoolloopbaan het hy aan Grey-kollege in sy geboortestad voltooi en het hom daarna bekwaam as 'n handsetter. In dié hoedanigheid het hy gewerk by Die Volksblad en The Friend, die destydse twee dagblaaie in die stad.

Hy is in 1948 getroud met Margaretha Jansen en twee dogters is vir hulle uit die huwelik gebore. Begin 1957 verhuis die gesin na Potchefstroom waar hy inskryf vir 'n B.A.-graad met die oog op predikantstudie. Hy was 16 jaar as handsetter in die drukkersbedryf werksaam en het tydens sy studiejare gereeld nog in Potchefstroom se drukkerye gewerk om die studiekoste te bestry en sy gesin te versorg.

Omdat hy al 33 was toe hy begin studeer, het sy klasmaats dadelik van "Oom Hennie" begin praat en dié aanspreekvorm het gebly tot met sy dood. Sy vrou, Retha, het as verpleegsuster in Potchefstroom gewerk en die gesin se vriendelikheid, die aantreklikheid van die huislikheid en die koffie en beskuitjies wat altyd beskikbaar was, het oom Hennie en tannie Retha se huis daar langs Oom Schoonhoven se haarkappery, 'n welkome toevlugsoord vir menige jong student gemaak, skryf ds. J.J. de Jager in ds. Venter se lewensberig in die Almanak van 1980.

Gemeentebedieningwysig

In 1963 behaal hy die Th.B.-graad en in 1964 word hy bevestig as predikant van die Gereformeerde kerk Messina. In 1967 neem hy die beroep aan na Bultfontein en in 1975 na Warmbad, waar hy net 3½ jaar gearbei het. Vroeg die oggend van 23 Desember 1978 is hy skielik oorlede náa vyftien jaar in die bediening en 30 jaar van 'n gelukkige huwelikslewe.

Waarderingwysig

Ds. De Jager skryf: "Sy ervaring het van die begin van sy studie af, vir hom ’n vertrouensposisie verwerf onder die jong studente met wie hy saam gestudeer het. Hy was menige dag 'n vader vir die jong mense met hulle probleempies. Dit was ook kenmerkend van sy bedieningsjare: Hy was 'n ware herder. Sy rustige geaardheid en gelykmatige temperament het van hom 'n geliefde vertroueling van sy lidmate gemaak. ’n Mens kon nie help om vir hom lief te wees nie.

"Oom Hennie was 'n nederige dienskneg van die Here wat met groot roepingsbesef en geloof op 'n laat stadium van sy lewe besluit het om predikant te word. Die 15 jaar dat hy kon dien, het hy optimaal benut. Hy het gewerk soos een wat geweet het dat die tyd min is. Met dankbaarheid teenoor die Here sal 'n mens altyd aan Hendrik Venter dink."

Bronnewysig

  • (af) De Jager, ds. J.J. in De Bruyn, ds. F.R.P. et al. 1979. Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1980. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media