Hemelvaart

Hemelvaart beteken in die Christendom veral die terugkeer van Jesus van Nasaret na sy Vader in die hemel. Die Lukas-evangelie en Handelinge van die Apostels vertel die verhaal van hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het. Ná veertig dae styg Hy op na die hemel en word sig van Hom deur 'n wolk belemmer, terwyl sy volgelinge toekyk. Die tien dae tussen Hemelvaartsdag en Pinkster word daardeur gekenmerk dat volgelinge van Jesus sonder sy steun verlore voel.

Die Hemelvaartskapel in Jerusalem, Israel.

Reeds uit die geskrifte van die Apostoliese Vaders blyk daar 'n geloof aan die hemelvaart te wees (Polycarpus van Smirna, Justinus die Martelaar en Irenaeus van Lyon). Die hemelvaart van Jesus word ook gemeld in die geloofsbelydenisse van Nicea en dié van Konstantinopel.

Die viering van Jesus se hemelvaart is een van die hooffeeste van die Kerk en word Hemelvaartsdag genoem. Hemelvaartsdag val altyd op die veertigste dag gereken vanaf Eerste Paasdag, vandaar dat die datum elke jaar verskil. Hemelvaartsdag val wél elke jaar op 'n Donderdag. Hemelvaartsdag val tien dae vóór Pinkster.

Pinksterbidure word in sommige Christelike kerke tradisioneel in Meimaand gehou en begin net ná Hemelvaartdag. Die uitstorting van die Heilige Gees soos beskryf in Handelinge 2 word dan herdenk deur elke aand vanaf Hemelvaart - wat altyd op 'n Donderdag val - saans bidure gehou. Die gemeentelede kry dan kans om sélf in die kerk hardop te bid.

Die term MariahemelvaartEngels: Assumption (Katolieke Kerk) of Dormition (Oosters-Ortodokse Kerk) – word gebruik vir die opname van die Maagd Maria in die hemel. Ook ander Bybelfigure het lewend na die hemel opgevaar, onder andere Elia (2 Kon. 2:11) en Henog (Gen. 5:24).

Islamwysig

Volgens die Islamitiese tradisie is Jesus nie gekruisig nie, maar het Hy lewend na die hemel opgevaar. Ook die profeet Mohammed het tydelik na die hemel opgevaar tydens sy Nagreis.

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media