Hebreeuse alfabet

Die Hebreeuse alfabet (Hebreeus: אָלֶף־בֵּית עִבְרִי, Alephbet 'Ivri) is die skryfstelsel van Hebreeus asook ander tale soos Jiddisj. Daar is twee vorms van die skrif in gebruik, die Oud-Hebreeuse alfabet, wat in ’n veranderde vorm grootliks behoue gebly het in die Samaritaanse alfabet, en die huidige, "vierkantige" vorm wat van die Aramese alfabet afgelei is. Daar is tans verskeie style of fonts beskikbaar asook ’n kursiewe skrif, wat ook verskil volgens tyd en plek.

Hebreeuse alfabet
Alefbet ivri.svg
Soort skryfstelsel  Abjad vir Hebreeus
Alfabet vir Jiddisj
Tyd gebruik3de eeu v.C. - hede
RigtingRegs na links
TaleHebreeus, Jiddisj e.a.
Stelsels
Moederstelsels
Susterstelsels
DogterstelselsJiddisj
ISO 15924Hebr, 125
UnicodeHebrew,
U+0590 tot U+05FF,
U+FB1D tot U+FB4F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon  Skryfstelsels

Die Hebreeuse alfabet het 22 letters; vyf het ander vorms as hulle aan die einde van ’n woord gebruik word. Dit word van regs na links geskryf. Dit was oorspronklik ’n abjad, ’n skryfstelsel wat net uit konsonante bestaan. Soos met ander abjads, byvoorbeeld Arabies, is metodes later geskep om klinkers aan te dui. Wanneer Jiddisj geskryf word, is die skrif ’n volwaardige alfabet met konsonante en klinkers, behalwe vir Hebreeuse leenwoorde.

Voor die aanvaarding van die huidige skrif is Hebreeus in die Oud-Hebreeuse alfabet geskryf deur die Israeliete, beide Jode en Samaritane. In die 3de eeu v.C. het die Jode begin om ’n gestileerde vorm van die Aramese alfabet te gebruik,[1] terwyl die Samaritane ’n vorm van die ou alfabet bekend as die Samaritaanse alfabet bly gebruik het.

Letters

Medeklinkers

Sommige medeklinkers het twee vorms. In die tabel hier onder is die linkerkantse vorm die sluitletter wat net aan die einde van woorde gebruik word. Dié vorm word ’n sofiet genoem, soos kaf sofiet (ך).

Enkele medeklinkers het twee klanke: ’n harde plosief en ’n sagte frikatief. As die letter ’n harde klank het, kry dit ’n punt in die middel, ’n dagesj. Soms word ’n sagte klank eksplisiet aangedui met ’n streep bo die letter, ’n rafee. Sulke letters het dus drie vorms: ב is sowel /b/ as /w/, met ’n dagesj word dit בּ /b/ en met rafee word dit בֿ /v/.

Klinkers

Die Hebreeuse alfabet het oorspronklik geen klinkers gehad nie. Later is ’n paar medeklinkers ook gebruik om klinkers mee aan te dui. Dié medeklinkers word mater lectionis ("leesmoeders") genoem. Tans word onder die letters soms klein tekens (punte en strepe) geskryf vir die klinkers. Dié tekens word nikud (נִקּוּד) genoem en word by die medeklinker gevoeg waarop die klinker direk volg.

Hebreeuse alfabet
Medeklinkers
Sluit-LetterNaamKlankTransliterasieSyferwaarde
אAlef/[ʔ]/'1
בBet/b/ /v/b / v2
גGimel/g/g3
דDalet/d/d4
הHe/h/h5
וWau/v/ /w/v6
זSajin/z/z7
חGet/x/ch8
טTet/t/t9
יJod/j/j10
ךכKaf/k/ /x/k / ch20
לLamed/l/l30
םמMem/m/m40
ןנNoen/n/n50
סSamek/s/s60
עAjin/keelklank/'70
ףפPe/p/ /f/p / f80
ץצSade/ts/ts90
קKof/k/k100
רResj/r/r200
שSjin of Sin/ʃ/ /s/sj / s300
תTau/t/t400
  
Hebreeuse alfabet
Klinkers
LankKortBaie kortKlankTransliterasie
ֲַָ/a:/ /a/ /a'/a / aa
ֱֵֶ/e:/ /e/ /e'/e / ee
וֳָֹ/o:/ /o/ /o'/o / oo
וֻּ /u:/ /u/u / oe
יִִ /i:/ /i/i / ie
Deur die byvoeging van twee punte onder die klinker word dit baie kort gemaak.
Die kort o en lang a het dieselfde nikud.
Elke nikud het ’n naam:
NikoedNaam
ְschwa
ַpatach
ֲchataf patach
ֶsegol
ֱchataf segol
ָkamats
ֳchataf kamats
ִchirik
יִchirik jod
ֵtseree
ֻkoeboets
וֹcholam
וּsjoeroek
Medeklinkers met twee klanke
LetterKlankDagesjKlankRafeeKlank
ב/b/ /v/בּבּ/b/בֿ/v/
כ/k/ /x/כּכּ/k/כֿ/x/
פ/p/ /f/פּפּ/p/פֿ/f/
LetterKlankSjinKlankSinKlank
ש/ʃ/ /s/שׁשׁ/ʃ/שׂשׂ/s/
  
Mater lectionis: medeklinkers as klinker
LetterNaamKlinker
אAleflang, meestal /a:/
הHe/a:/ /e:/ /e/
וWau/u/ /o:/
יJod/e:/ /e/ /i/

Jiddisj

Jiddisj gebruik die Hebreeuse alfabet in vereenvoudigde vorm: dit het nie meer enige diakritiese tekens soos nikud, dagesj en rafee nie en gebruik slegs 22 medeklinkers. Die Jiddisje lettername verskil soms ook effens van die Hebreeuse name.

Medeklinkers

Jiddisj het die Hebreeuse medeklinkers vereenvoudig. Die Hebreeuse alfabet het meer as een letter vir ’n klank. Die /s/ kan byvoorbeeld met vier verskillende letters geskryf word (ש / שׂ / ס / ת). Vroeër het die verskillende letters vir klanke met klein verskille gestaan, maar dié klankverskille het intussen weggeval. Jiddisj gebruik vir elke klank een letter en die orige letters is dus oorbodig.

Jiddisje letters in vergelyking met die Hebreeuse letters
JiddisjHebreeus
Sluit-LetterKlankNaamNaamKlankSluit-Letter
 א-Schtoemer allefAlef/ʔ/ א
   BejsBet/b/ בּ
 ב/b/BeisBet / Wet/b/ /w/ ב
  WeisWet/w/ בֿ
 װ/v/Tswei woffen    
 ו/u:/ klinkerWowWau/w/ ו
 ג/g/GimmelGimel/g/ ג
 ד/d/DalledDalet/d/ ד
 ה/h/HeiHe/h/ ה
   HejHe/h/ הּ
   ChesGet/x/ ח
ךכ/x/Chof / KofGaf / Kaf/x/ /k/ךכ
   KofKaf/k/ כּ
 ק/k/KoefKof/k/ ק
 י/j/JoetJod/Joed/j/ /i/ י
 ל/l/LammedLamed/l/ ל
םמ/m/MemMem/m/םמ
ןנ/n/NoenNoen/n/ןנ
 ע/e/AjenAjin/keelklank/ ע
פּפּ/p/PeiPe/p/ףּפּ
   PeiPe / Fe/p/ /f/ףפ
ףפֿ/f/FeiFe/f/ףפֿ
ץצ/ts/TsaddikSade/ts/ץצ
 ר/r/ReisjResj/r/ ר
 ז/z/ZajenSajin/z/ ז
זש/ʒ/Zajen sjin    
ש/ʃ/Sjien / SienSjin / Sin/ʃ/ /s/ ש
   Sjien/SjinSjin/ʃ/ שׁ
   Sien/SinSin/s/ שׂ
 ס/s/SammechSamek/s/ ס
  /s/SofTau/t'/ ת
   TofTau/t/ תּ
ט/t/TesTet/t/ ט
Legende
JiddisjHebreeus
Nie Jiddisj, sien HebreeusHebreeus, maar nie Jiddisj
Nota: In dié tabel is die letters nie heeltemal in alfabetiese volgorde nie.
Sommige letters is geskuif om eenderse klanke bymekaar te sit.
Klinkers

Die grootste verskil tussen die klassieke Hebreeuse en Jiddisje gebruik van die letters lê by die klinkers. In Jiddisj het die klinkers selfstandige letters geword. Hulle is afgelei van die nikud, maar word nie meer geskryf as konsonante met diakritiese tekens nie. Die volgende tabel vervang die Hebreeuse klinkertabel:

Jiddisje letters
Klinkers
LetterNaamKlankYIVOOpmerking
אָKamats allef/o:/oafgelei van die alef met kamats
אַPasech allef/a:/aafgelei van die alef met patach
ײַPasech tsvej joedn/a:j/ajafgelei van patach jod jod ("jaaj")
יִChirik joed/i:/imag eenvoudiger geskryf word as joed י tensy daar ’n klinker langsaan staan of ’n ander joed
יJoed/j/jis /y/ langs ’n klinker, anders /i:/
ײTswei joetten/e:j/ej
וWof/u:/oe
װTswei woffen/v/v
ױWof joed/oj/oj
Om verwarring te voorkom van die laaste ses tekens, geld die volgende drie reëls:
וּMeloepm wofIn wof wof word ’n dagesj as skeidingsteken by die eerste wof gevoeg om onderskeid te maak tussen וּו vir /uu/ en װ vir /w/
In wof joed word ’n dagesj as skeidingsteken by die wof gevoeg om onderskeid te maak tussen וּי vir /oej/ en ױ vir /oj/
יִChirik joedmag nie langs ’n klinker vereenvoudig word tot joed י nie om die onderskeid te bewaar tussen byvoorbeeld ײ vir /ey/ en ייִ vir /yi:/
אSjtoemer allefis ’n medeklinker en word nie uitgespreek nie; as ’n woord met ’n klinker moet begin, word dit voorafgegaan deur die sjtoemer allef (soos met die ou nikud-klinkers, moet ook Jiddisje klinkers gedra word deur ’n medeklinker)

Unicode

Die Unicode-blok vir Hebreeus is U+0590 tot U+05FF en U+FB1D tot U+FB4F.

Sien ook

Geskiedenis van die alfabet

Verwysings

  1. A History of the Hebrew Language. Cambridge, England: Cambridge University Press. 1993. ISBN 0-521-55634-1.

Eksterne skakels


Hebreeuse alfabet

Die Hebreeuse alfabet (Hebreeus: אָלֶף־בֵּית עִבְרִי, Alephbet \'Ivri) is die skryfstelsel van Hebreeus asook ander tale soos Jiddisj. Daar is twee vorms van die skrif in gebruik, die Oud-Hebreeuse alfabet, wat in ’n veranderde vorm grootliks behoue gebly het in die Samaritaanse alfabet, en die huidige, vierkantige vorm wat van die Aramese alfabet afgelei is. Daar is tans verskeie style of fonts beskikbaar asook ’n kursiewe skrif, wat ook verskil volgens tyd en plek.