Harry S. Truman

Harry S. Truman
33ste President van die Verenigde State
Ampstermyn12 April 194520 Januarie 1953
VoorgangerFranklin D. Roosevelt
OpvolgerDwight D. Eisenhower
Geboortedatum8 Mei 1884
GeboorteplekLamar, Missouri
Sterftedatum26 Desember 1972 (op 88)
SterfteplekKansas City, Missouri
Eerste DameBess Truman, née Wallace
Politieke partyDemokraat
VisepresidentGeen (1945-1949)
Alben W. Barkley (1949-1953)
Handtekening

Harry S. Truman (* 8 Mei 1884, † 26 Desember 1972) was die 33ste President van die Verenigde State (1945-1953). In sy ampstermyn het die dreigende konflik met die Sowjetunie op die Koue Oorlog uitgeloop.

Wat buitelandse politiek betref, het hy hom veral toegespits op die beperking van Kommunistiese magsuitbreiding. Die meeste van sy binnelandse hervormingsprogramme is deur die Senaat, wat heelwat konserwatiewer as hy was, in die wiele gery.

Harry Spencer Truman is in Mei 1884 op Lamar in die staat Missouri gebore. Na sy skoolopleiding op die dorp Independence het hy as bankklerk begin werk en daarna by ʼn onsuksesvolle sakeonderneming betrokke geraak. Na die Eerste Wêreldoorlog, waaraan hy as artilleriekaptein deelgeneem het, het Truman weer eens betrokke geraak by 'n onderneming wat misluk het.

Politieke loopbaanwysig

Hy het hom toe op die politiek begin toespits en is in 1922, met die steun van die Demokrate, in Kansas City tot regter verkies. Twaalf jaar later het hy die nasionale politiek betree toe hy senator vir die staat Missouri geword het. Truman was nie werklik progressief nie, maar hy het tog Roosevelt se New Deal gesteun omdat hy die noodsaaklikheid van die beleid ingesien het en ook besef het dat hy openbare steun daarvoor sou ontvang.

As voorsitter van die Senaatskomitee wat ondersoek ingestel het na die verdedigingsbegroting vir die Tweede Wêreldoorlog, het hy gou naam gemaak as 'n eerlike, bekwame en standvastige politieke administrateur. Tydens die Demokratiese konvensie van 1944 het dit geblyk dat Henry A. Wallace (1888- 1965), wat sedert 1940 adjunkpresident was, vanweë sy progressiewe sienswyse nie vir die behoudende groep van die party aanvaarbaar was nie. Die groep se invloed het sedert die laat dertigerjare aansienlik toegeneem.

Harry Truman, wat neutraal gestaan het, was vir alle seksies van die party aanvaarbaar en hy is tot Roosevelt se visepresident verkies. 'n Paar maande later, in April 1945, is Roosevelt oorlede en Truman, wat onervare was ten opsigte van staatsake, het president geword. Die oorlogsalliansie tussen die VSA, Brittanje en die Sowjetunie het gewankel, en die Amerikaners was veral besorg oor Stalin se optrede in Oos-Europa.

Kort voor sy dood het Roosevelt telegramme aan Stalin gestuur waarin hy sy kommer uitgespreek het. Op aanbeveling van sy raadgewers het Truman besluit om sterk standpunt in te neem teen die Sowjetunie. Hierdie optrede het daartoe gelei dat verskeie historici hom beskou as een van die aanstigters van die Koue Oorlog.

Truman se eerste jare as president het met baie probleme gepaard gegaan. Sy pogings om prysbeheer, wat tydens die wêreldoorlog ingestel is, voort te sit ten einde inflasie teen te werk, is deur die Kongres gedwarsboom. Die meerderheid van die volk het die Senaat gesteun in sy strewe om van die oorlogsmaatreëls ontslae te raak. Sy eie party was ernstig verdeeld, en die Republikeine het, in 'n poging om hulle kanse by die stembus te verbeter, hom ten onregte daarvan beskuldig dat hy tydens die aanloop tot die Koue Oorlog nie streng genoeg teen die Kommunisme opgetree het nie.

In die tussentydse verkiesings in 1946 het die Demokrate hulle meerderheid in die Kongres verloor. In 1947 het Truman tot die offensief oorgegaan: Ten einde homself en sy regering te vrywaar teen beskuldigings dat hulle pro-Kommunisties is, het hy met 'n ingrypende lojaliteitsprogram begin. Amptenare wat van linkse simpatieë verdink is, is ontslaan; die politieke agtergrond van aansoekers vir selfs die ondergeskikste betrekkings is noukeurig ondersoek. Dit het in groot mate bygedra tot die anti-Kommunistiese histerie wat die politieke toneel in die VSA vir die volgende tien jaar oorheers het.

Ook wat buitelandse politiek betref, het Truman sterk opgetree: deur middel van die Trumandoktrine en die Marshall-plan vir die ekonomiese heropbou van Europa is Sowjetuitbreiding aan bande gelê. In die Demokratiese Party het Truman min steun geniet. Daar is gevrees dat hy in die verkiesings van 1948 'n swaar nederlaag sou ly, en daarom is verskeie pogings aangewend om hom uit die presidentsverkiesing te hou. Die pogings het egter misluk, en in die presidentsverkiesing van 1948 het Truman sy veldtog gegrond op 'n reeks voorstelle oor binnelandse politiek, die sogenaamde Fair Deal. Dit was daarop gemik om die suksesse wat in die jare dertig bereik is, te konsolideer en uit te brei.

Teen die verwagting in het Truman die Republikeinse kandidaat, Thomas E. Dewey, verslaan. Van die Fair Deal het daar egter byna niks gekom nie: 'n koalisie van Republikeine en konserwatiewe Demokrate het daarin geslaag om die program geheel en al te dwarsboom.

Koreaanse oorlogwysig

Die grootste deel van Truman se tweede termyn is oorskadu deur die Koreaanse oorlog, wat in Junie 1950 uitgebreek het.

In 1948 en 1949 het die Koue Oorlog in intensiteit toegeneem en dit het gelyk of die uitbreidingsdrang van die Kommuniste 'n wesenlike gevaar geword het. Genl. Douglas MacArthur (1880-1964), Amerikaanse opperbevelhebber van die VVO-leër in Korea, het, nadat die Chinese by die Koreaanse oorlog betrokke geraak het, by Truman aanbeveel dat China gebombardeer moes word. Truman wou die konflik egter sover moontlik binne perke hou, en die botsing met MacArthur het uiteindelik daartoe gelei dat lg. in April 1951 van sy pos onthef is.

Met sy terugkeer na die VSA is hy egter as 'n held verwelkom. Truman se gewildheid het 'n absolute laagtepunt bereik, veral omdat die onderhandelinge oor die Koreaanse konflik op niks uitgeloop het nie. Die Republikeine se beskuldigings dat die Truman-regering en die Demokrate nie vertrou kon word nie omdat hulle deur Kommuniste geïnfiltreer was, het in 1950 dramatiese afmetinge aangeneem. In 1952 het Truman besluit om hom nie weer verkiesbaar te stel nie. Hy is 20 jaar later, op 26 Desember 1972, in Kansas City oorlede.

Bronnelyswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media