Hannes Meiring

Hannes Meiring (11 Oktober 1934, Potchefstroom[1] - 2 Mei 2010, Stellenbosch) was 'n bekroonde Suid-Afrikaanse argitek, grafiese kunstenaar, skilder en bewaarder van Suid-Afrika se argitektoniese erfenis. Hy het historiese geboue beskryf as "die sout en peper van 'n stad".[2] Hy het onder andere geveg vir die behoud van die ou geboue op Kerkplein en Pretoria se middestad soos die Ou Raadsaal en Paleis van Justisie van die Zuid-Afrikaansche Republiek, die Nederlandse Bank-gebou, die Café Riche, die Tudor-gebou, die Hoofposkantoor en die Reserwebank-gebou.[3]

Die Ou Raadsaal op Pretoria se Kerkplein, een van die geboue wat nog staan nadat Hannes Meiring die modernisering van die middestad teëgestaan het.

Meiring was in 1986 betrokke by die uitbreiding en veranderinge aan die Parlement in Kaapstad, insluitend die ontwerp van die Groot Saal, die saal vir die Raad van Afgevaardigdes en bykomende kantore vir Parlementslede.[4]

Hannes Meiring is op 75-jarige ouderdom aan 'n hartaanval in sy huis oorlede. Hy laat sy vrou, die joernalis en skrywer Martie Retief-Meiring en sy dogter Kabous agter.[3]

Toekenningswysig

Bibliografiewysig

  • Kruger's Pretoria - met Vivian Allen, AA Balkema, 1972
  • Boukunsskatte van Suid-Afrika - Human & Rosseau, 1977
  • Stellenbosch te voet - met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1979
  • Pretoria 125 - met Anna Jonker, Human & Rosseau, 1980
  • Hart van die Boland Deel I - met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1983
  • Early Johannesburg, Its Buildings and People - met G.M. van der Waal, Wilhelm Grútter en Anna Jonker, Human & Rosseau, 1985, ISBN 0-7981-1456-8
  • Footloose in Stellenbosch - a visitors guide met Ters van Huyssteen, Tafelberg, 1993
  • Sanlam se 2002-kalender[5]

Verwysingswysig

  1. "Hannes Meiring" (html) (in Engels). stellenboschwriters.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 4 Mei 2010.
  2. andiquote.co.za, besoek op 3 Mei 2010.
  3. 3,0 3,1 Hy was so lief vir die wêreld en vir mense[dooie skakel], Beeld se webwerf, besoek op 4 Mei 2010.
  4. Hannes Meiring sê ook ja vir Pretoria; Kaapstad sal sterf as parlement skuif - Kader Asmal[dooie skakel], Beeld, 10 Junie 1994.
  5. art.co.za Geargiveer 13 Mei 2009 op Wayback Machine, besoek op 3 Mei 2010.

Verdere naleeswerkwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media