Han-dinastie

Keiserlike dinastie in China van 202 vC tot 220 nC

Die Han-dinastie (Vereenvoudigde Chinees: 汉朝; Tradisionele Chinees: 漢朝; pinyin: Hàn Cháo; Wade–Giles: Han Ch'ao; IPA: [xân tʂʰɑ̌ʊ̯], 206 v.C. – 220 n.C) was ’n Chinese dinastie wat vooafgegaan is deur die Qin-dinastie (221–207 v.C.) en opgevolg is deur die Drie Koninkryke (220–280 n.C.). Dit is gestig deur die rebelleleier Liu Bang, nadoods bekend as keiser Gaozu van Han. Dit is kortliks onderbreek deur die Xin-dinastie (9–23 n.C.) van die vorige heerser Wang Mang. Dié tussentydperk verdeel die Han in twee tydperke: die Westelike Han (206 v.C. – 9 n.C.) en die Oostelike Han (25–220 n.C.). Die bewind van die Han, wat oor vier eeue gestrek het, word beskou as ’n goue era in die Chinese geskiedenis.[1] Tot vandag verwys China se grootste etniese groep na hulself as die "Han-volk" en die Chinese skrif word "Han-karakters" genoem.[2]

漢朝
Han-dinastie
Flag
206 v.C. – 220 n.C.Flag
Ligging of Han
Ligging of Han
Die Han-ryk in 87 v.C. (belangrikste provinsies in bruin).
HoofstadChang'an (206 v.C. – 9 n.C., 190–195 n.C.)
Luoyang (25–190 n.C., 196 n.C.)
Xuchang (196–220 n.C.)
Taal/TaleOud-Chinees
GodsdiensTaoïsme
Konfusianisme
Chinese volksreligie
RegeringMonargie
Keiser
 - 202–195 v.C.Gaozu
 - 25–57 n.C.Guangwu
Historiese tydperkAntieke tydperk
 - Stigting206 v.C. 206 v.C.
Oppervlakte
 - 50 v.C.6 000 000 km2
2 316 613 sq mi
Bevolking
 - 2 n.C. skatting57 671 400 
GeldeenheidBan liang-munte
Wu zhu-munte

Geskiedeniswysig

Die Han-ryk is verdeel in gebiede wat regstreeks deur die sentrale regering beheer is en ’n paar halfoutonome koninkryke. Dié koninkryke het mettertyd hul onafhanklikheid verloor. Die Xiongnu, ’n nomadiese konfederasie op die Eurasiese steppe,[3] het die Han in 200 v.C. verslaan en die ryk ’n minderwaardige vennoot gemaak, maar steeds die Han-grense aangeval. Keiser Wu van Han (r. 141–87 v.C.) het verskeie militêre veldtogte teen hulle geloods. Die eindelike oorwinning van die Han het die Xiongnu-leiers gedwing om leenhere te word. So het die Han hul gebied in Sentraal-Asië uitgebrei en die Xiongnu in twee aparte konfederasies verdeel. Dit het help lei tot ’n uitgebreide handelsnetwerk bekend as die Syroete, wat tot aan die Middellandse See gestrek het.

Die gebiede noord van die Han-grens is kort daarna oorgeneem deur die nomadiese Xianbei-konfederasie. Keiser Wu het ook suidwaarts uitgebrei; hy het Nanyue in 111 v.C. en Dian in 109 v.C. verower, en in 108 v.C. militêre veldtogte geloods in die Koreaanse Skiereiland.

Ná 92 n.C. het die paleis se eunugs al hoe meer betrokke geraak by die politiek en daar was gewelddadige magstryde, wat eindelik gelei het tot die einde van die Han-dinastie. Ná die dood van keiser Ling (r. 168–189 n.C.) het die militêre offisiere die eunugs uitgemoor en hierna het die aristokrasie en militêre goewerneurs krygshere geword wat die ryk verdeel het. Toe Cao Pi, koning van Wei, keiser Xian se troon afneem, het die dinastie tot ’n einde gekom.

Verwysingswysig

  1. Zhou, Jinghao (2003). Remaking China's Public Philosophy for the Twenty-First Century, bl. 34. Westport: Greenwood Publishing Group, Inc. ISBN 0-275-97882-6
  2. Schaefer, Richard T. (2008). Encyclopedia of Race, Ethnicity, and Society: Volume 3, bl. 279. Thousand Oaks: Sage Publications Inc. ISBN 1-4129-2694-7
  3. Bailey, H.W. (1985). Indo-Scythian Studies being Khotanese Texts Volume VII, , bl. 25–26. Cambridge University Press.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media