HMS Belfast

Die HMS Belfast is 'n ligte kruiser wat op 17 Maart 1938 te water gelaat is deur die Britse Vloot.

Die HMS Belfast.

Geskiedeniswysig

Die skip is in Belfast, Noord-Ierland deur Harland and Wolff gebou. Die kiel is gelê op 10 Desember 1936 en hy is in diens gestel op 5 Augustus 1939. 'n Paar maande nadat dit in diens geneem is, het die skip 'n seemyn getref in die Firth of Forth, Skotland. Dit is ernstig beskadig deur die magnetiese myn en herstelwerk het tot November 1942 geduur voor dit weer aan operasies kon deelneem. Hy is ook toegerus met die nuutste radartegnologie. Daarna het hy gehelp om die konvooie na Rusland te beskerm en het 'n sleutelrol gespeel in die Slag van Noord-Kaap waar die Scharnhorst gekelder is. Die Belfast het ook deelgeneem aan die D-dag landings in Junie 1944 te Normandië. Hy het ook deelgeneem aan die Koreaanse Oorlog.

Tussen 1956 en 1959 het die skip modernisering ondergaan en was hierna die vlagskip in die Verre Ooste. In 1963 is hy uit diens onttrek en in reserwe geplaas.

Museumwysig

Sedert 1967 het die Britse Imperial War Museum met pogings begin om die skip te red nadat daar beoog is om hom op te breek vir skrootmetaal. Vroeg in 1971 is die HMS Belfast Trust gevorm en in September van daardie jaar is hy na sy ankerplek in die Teemsrivier gesleep as 'n drywende museum onder beheer van die Imperial War Museum.

Spesifikasieswysig

Hy het 10 553 ton water verplaas en was toegerus met:

  • Twaalf 6-duim (15.24 cm) kanonne
  • Twaalf 4-duim (10.16 cm) kanonne
  • Sestien lugafweer kanonne
  • Agt lugafweer masjiengewere
  • Twee 21-duim (53.34 cm) torpedobuise

Hy is aangedryf deur twee Parsons-turbines (80 000 dryfasperdekrag) wat hom teen 32 knope kon voortstu. Sy bemanning was 750 man groot. Hy is 187 meter (613 voet, 6 duim) lank, 20 meter (66 voet) breed en het 'n diepgang van 5,22 meter (17 voet, 3 duim).

Bronwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media