Grytviken

Grytviken is die hoofstad en grootste dorp van die Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande, 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk. Die dorp is met 'n bevolking van twee mense 'n spookdorp en het 'n oppervlakte van 4 km². Die dorp is in November 1904 deur die Sweedse landmeter Johan Gunnar Andersson gestig. Naby die verlate walvisstasie lê King Edward Point, wat as hoofstad van Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande dien.

Grytviken

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Oorsese gebied Suid-Georgië en die
Suidelike Sandwicheilande
 Koördinate54°17′S 36°31′W / 54.283°S 36.517°W / -54.283; -36.517
 StigtingNovember 1904
 Oppervlakte: 
 - Totaal4 vk km
 Hoogte bo seevlak2 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2006)2
 - Bevolkingsdigtheid0,5
 TydsoneUTC -02:00
 Burgemeester
'n Uitsig oor King Edward Point met Grytviken links op die agtergrond

Geskiedeniswysig

Die stigting van die Grytviken-nedersetting, op 16 November 1904, word toegeskryf aan die Noorse kaptein Carl Anton Larsen. Hy het hom aan die rand van Suid-Georgië gevestig wat reeds deur walvisjagters besoek is. Die naam "Grytviken" is egter Sweeds en beteken "Potbaai". Hierdie naam is twee jaar voor die stigting deur die Sweedse argeoloog en geoloog Johan Gunnar Andersson gegee, na die flesse wat gebruik is om lewertraan te berei.

Die bekende Arktiese ontdekkingsreisiger Ernest Shackleton is in die Grytviken-begraafplaas begrawe. Hy is in 1922 aan boord van die Quest dood terwyl sy boot in die hawe geanker het. Die oorskot van sy kollega Frank Wild is ook hier herbegrawe.

In April 1982 met die Falklandoorlog het Grytviken vir 'n rukkie Argentyns geword na 'n kort geveg teen die Britte. Drie weke later het die Britte egter hul posisie by Grytviken terug verower. Tot 2001 was daar 'n klein Britse garnisoen op die eiland. In 1990 is die eiland weer onder burgerlike bestuur geplaas.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media