Groot Mere

Die Groot Mere (Engels: Great Lakes) is 'n groep van vyf uitgestrekte varswatermere langs die Kanadees-Amerikaanse grens. Hulle vorm die grootste groep varswatermere ter wêreld en saam met die Sint-Laurensrivier ook die grootste varswaterstelsel. Vanweë hulle grootte word ook soms na hulle as binnelandse seë verwys. Die maksimale hoogteverskil tussen die mere is sowat 150 meter, waarvan die Niagara-watervalle tussen die Erie- en Ontariomeer die grootste deel uitmaak.

Die Groot Mere, soos uit die ruimte gesien
Kaart wat die Groot Mere vertoon

Die Groot Merewysig

Die groep van die Groot Mere word gevorm deur (van wes na oos):

  • Die Bowemeer (die mees uitgestrekte en diepste meer, in Engels bekend as die Lake Superior)
  • Die Michiganmeer (die enigste wat uitsluitlik op Amerikaanse grondgebied lê en die tweede grootste meer ten opsigte van volume)
  • Die Huronmeer (die tweede grootste in die gebied)
  • Die Eriemeer (die kleinste meer ten opsigte van volume en diepte)
  • Die Ontariomeer (die kleinste meer in die gebied ten opsigte van oppervlak, wat ook op 'n laer hoogte bo seevlak lê as die ander mere)

Metingwysig

BowemeerMichiganmeerHuronmeerEriemeerOntariomeer
Oppervlakte-area82,000 km258,000 km259,600 km225,700 km219,500 km2
Watervolume12,000 km34,900 km33,540 km3480 km31,640 km3
Hoogte bo seespieël[1]180 m176 m176 m174 m75 m
Gemiddelde diepte[2]147 m85 m59 m19 m86 m
Maksimum diepte406 m281 m230 m64 m246 m
Groot nedersettings[3]Duluth, MN
Marquette, MI
Sault Ste. Marie, MI
Sault Ste. Marie, ON
Superior, WI
Thunder Bay, ON
Chicago, IL
Gary, IN
Green Bay, WI
Michigan City, IN
Milwaukee, WI
Muskegon, MI
Traverse City, MI
Alpena, MI
Bay City, MI
Owen Sound, ON
Port Huron, MI
Sarnia, ON
Buffalo, NY
Cleveland, OH
Erie, PA
Toledo, OH
Hamilton, ON
Kingston, ON
Mississauga, ON
Oshawa, ON
Rochester, NY
Toronto, ON
Pickering, ON
Relatiewe hoogte bo seespieël, gemiddelde diepte, maksimum diepte en volumes van die Groot Mere.
Notes:Die area van elke reghoek is proporsioneel tot die volume van elke meer. Alle metings is met laagwater geneem.
Source:EPA[1]

Geskiedeniswysig

Die bevrore Eriemeer in wintertyd

Die Groot Mere is teen die einde van die geologiese Pleistoseen-tydperk gevorm, toe smeltwater van die gletsers die meerbekkens, wat benede seevlak lê, begin opvul het. Seestrate, klein riviere en kanale verbind die mere met mekaar.

Die eerste Europese ontdekkers in die gebied was Franse voyageurs. Hierna maak Franse, Engelse en Amerikaners dekades lank aanspraak op die gebied, wat veral danksy die pelshandel ekonomies belangrik word. Met die einde van die Brits-Amerikaanse Oorlog in 1812 begin die grootskaalse immigrasie van Europese setlaars, wat van die gebied een van die kulturele en ekonomiese hartlande van Noord-Amerika maak. Die inwyding van die Eriekanaal in 1825 bevorder die ekonomiese ontwikkeling van die Groot Mere-gebied.

Met die opening van die Sint-Laurens-waterweg in 1959 word die Groot Mere 'n internasionale waterweg. Die waterweg met 'n lengte van 3 769 kilometer, wat uit 'n aantal kanale, damme en sluise bestaan, verbind die Groot Mere met die hawe van Montréal en die Atlantiese Oseaan. Die belangrikste vragte is ystererts, graan, ru-olie en vervaardigde goedere.Die waterweg is bevaarbaar tussen April en Oktober; tydens die winter verys die hawens, en winterstorms word 'n ernstige bedreiging vir skeepvaart.

Rioolwater van die Groot Mere se metropolitaanse gebiede soos Toronto, Detroit en Chicago het die ekologiese stelsel van die mere dekades lank bedreig. Sedert die sestigerjare van die 20ste eeu het die mere egter begin herstel, en vorm met hulle strande en parke, en word die natuurskone gebied 'n belangrike toeristebestemming.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 "Great Lakes Atlas: Factsheet #1" (in Engels). United States Environmental Protection Agency. 9 Maart 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2003. Besoek op 3 Desember 2007.
  2. Grady, Wayne (2007). The Great Lakes. Vancouver: Greystone Books and David Suzuki Foundation. ISBN 9781553651970.
  3. Sien Lys van stede aan die Groot Mere vir 'n volledige lys.

Eksterne skakelswysig

Skeepvaart - Lakers en Salties

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media