Groot Constantia

Herderhuis

Groot Constantia is 'n wynlandgoed in die Constantiavallei in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is een van die bes bewaarde voorbeelde van die Kaaps-Hollandse boustyl en is 'n hoogsaangeskrewe wynmakery.[1]

Groot Constantia
Groot Constantiawingerd
Wynvate in Groot Constantia

Die landgoed dateer uit 1685 toe grond aan Simon van der Stel, kommandeur van die Kaap, toegeken is vir 'n plaas wat hy Constantia gedoop het. Nadat hy in 1712 oorlede is, is die plaas verdeel en is 'n kleiner plaas om die plaashuis en buitegeboue geskep. Die nuwe landgoed is in 1716 deur kapt. Olof Bergh gekoop wat dit aan sy vrou, Anna de Koningh, nagelaat het. Ná haar afsterwe het die eienaarskap oorgegaan na Carl George Wieser, Wieser se stiefseun Jacobus van der Spuij, en Jan Serrurier, die eienaar van die naburige plaas Alphen. Serrurier is egter gedwing om die plaas ná net 12 maande in 1778 aan Hendrik Cloete te verkoop, oënskynlik ná haelskade en 'n misoes.[1]

Die landgoed het vyf geslagte die eiendom van die Cloetes gebly totdat dit in 1885 vir £5 275 op 'n openbare veiling aan die Kaapse regering verkoop is. Die Cloetes was verantwoordelik vir die verfraaiing van die landgoed en het die gehalte van die wyn verbeter en het veral bygedra dat die Constantia-dessertwyn internasionale bekendheid verwerf. Die wyn het gesog geword by koningshuise van Europa en is deur bekende figure soos Jane Austen, Charles Baudelaire, Napoleon en Koning Louis Philippe van Frankryk genuttig.[2] Die doel van die latere aanskaffing van die landgoed deur die Kaapse regering was dat die landgoed as 'n model vir wynbou sou dien.[1]

Kulturele Erfeniswysig

Die Groot Constantia-landgoed is op 27 April 1984 deur Gerrit Viljoen, minister van nasionale onderwys, tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar, en word beskerm as 'n provinsiale erfenisterrein in gevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).[3]

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

Koördinate: 34°1′52″S 18°25′8″O / 34.03111°S 18.41889°O / -34.03111; 18.41889

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media