Halogeen

(Aangestuur vanaf Groep 17 element)
PeriodeHalogeen
17
  
11
(H)
29
F
317
Cl
435
Br
553
I
685
At
7117
Ts

'n Halogeen is 'n chemiese element wat in die 17de kolom van die periodieke tabel voorkom.

Hierdie groep omvat die elemente fluoor (F), chloor (Cl), broom (Br), jodium (I) en die minder bekende en radioaktiewe elemente astaat (At) en tennessien (Ts). Die groep is deel van die p-blok van die hoofgroepelemente.

Die eerste element van die tabel, waterstof (H) word meestal by die alkalimetale gereken, maar dit kan ook hidried-anione (H-) vorm wat amper so groot as 'n chloried-ioon is en vergelykbare strukture vorm. Daarom word hierdie element soms ook as 'n erelid van die halogene beskou, hoewel dit geen p-elektrone het.

Kenmerkewysig

Kenmerkend vir hierdie elemente is dat hulle 'n elektronkonfigurasie het waarin die p-subskil amper gevul is: […]np5. Daar ontbreek steeds een elektron om 'n edelgaskonfigurasie te vorm. Dit verklaar waarom hierdie elemente dikwels eenwaardige anione X1- met 'n volle skil […]np6 vorm. 'n Ander gevolg is dat hulle gewoonlik 'n diatomiese molekulêre struktuur besit: F2, Cl2, Br2 en I2 wat 'n enkele kovalente binding het. Dit geld ook vir waterstof H2. Hulle is gasse, behalwe broom wat 'n vloeistof en jodium wat 'n (vlugtige) vastestof is.

Fotogalerywysig

Eienskappewysig

Deur die slegte afskerming van die p-elektrone wat in hierdie blok reeds opgevul is het die elemente 'n hoë elektronegatiwiteit en is baie reaktief. Dit is veral die geval aan die bokant van die kolom. Fluoor is die element met die hoogste elektronegatiewiteit van alle elemente. Dit is 'n uiters sterke oksidant en vertoon net die oksidasietoestande 0 (in die element) en 1- (in sy verbindings, die fluoriede). Die ander lede van die groep vertoon ook hierdie waardes en vorm chloriede, bromiede en jodiede, maar in teenwoordigheid van 'n element wat elektronegatiewer is as hulself kan ook ander waardes van die oksidasiegetal (OX) bereik word. Byvoorbeeld chloor het OX=7+ in perchloraat ClO4-, 5+ in chloraat ClO3-, 3+ in chloriet ClO2- en 1+ in hipochloriet ClO-.

Waterstofhalogeniedewysig

Met waterstof vorm die elemente HF, HCl, HBr en HI wat almal monoprotiese sure is. Deurdat die jodiumatoom die grootste deursnee het en die elektrostatiese aantrekking van die proton daardeur die minste is, is HI die sterkste suur en HF die swakste. Maar dit wil nie sê dat HF minder gevaarlik of reaktief is nie: dit kan selfs glas oplos.

Interhalogeenverbindingswysig

BrF5 se kristalstruktuur.

Twee halogene kan reageer en gemengde molekules vorm, byvoorbeeld:

Die gevormde stof ICl word 'n interhalogeenverbinding genoem. Van hierdie verbindings vertoon ook ander oksidasietoestande soos BrF5 wat 'n Br(V)-verbinding is.

Pseudohalogenewysig

Daar bestaan party verbindings wat eienskappe besit wat op die halogene s'n lyk, soos (CN)2. Hulle word die pseudohalogene genoem.

Eksterne skakelswysig


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media