Grenada

Grenada (Engels: [ɡrɪˈneɪdə], ) is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 348,5 km² en 'n bevolking van 124 610 in 2021. Dit bestaan uit die hoofeiland Grenada en die suidelike eilande van die Grenadines soos Carriacou; almal behoort aan die Klein-Antille.

Grenada
Vlag van GrenadaWapen van Grenada
VlagWapen
Nasionale leuse:
Ever Conscious of God We Aspire, Build and Advance as One People[1]
(Engels vir: "Ewig bewus aan God streef ons daarna om as een volk te bou en vooruit te kom")
Volkslied: Hail Grenada
(Engels vir: "Wees gegroet, Grenada")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Grenada
HoofstadSt. George’s

12°3′N 61°45′W / 12.050°N 61.750°W / 12.050; -61.750

Grootste stadSt. George’s
Amptelike taleEngels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Parlementêre demokrasie
en grondwetlike monargie
Charles III
Dame Cécile La Grenade
Dickon Mitchell
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk
• Grenada-rewolusie
• Grondwet herstel

3 Maart 1967
7 Februarie 1974
13 Maart 1979
4 Desember 1984
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
348,5 km2  (185ste)
134,6 myl2
1,6
Bevolking
 - 2021-skatting
 - Digtheid
 
124 610[2][3] (179ste)
318,58 / km2 (45ste)
825,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$2,081 miljard[4]
$18 293[4]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1,192 miljard[4]
$10 472[4]

MOI (2021) 0,795[5] (68ste)  –  hoog
GeldeenheidDollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD.gd
Skakelkode+1-473
Nasa-Satellietbeeld van Grenada
Kaart van Grenada

Grenada is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die noordweste van Trinidad en Tobago, in die noordooste van Venezuela en in die suidweste van St. Vincent en die Grenadine geleë. Die hoofstad en grootste stad is St. George’s, wat op die hoofeiland Grenada geleë is.

Grenada is in 1498 deur Christophorus Columbus tydens sy derde reis vir Europa ontdek en La Concepción genoem, ná Maria se onbevlekte ontvangenis van Jesus van Nasaret. Dié eiland is later deur Spaanse matrose herdoop na die Spaanse stad Granada.[6] Hoewel dit as deel van die Spaanse Ryk beskou is, is dié eiland nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. In 1650 het egter Frankryk met die kolonisasie van Grenada begin en Franse burgers het hulle op dié eiland kom vestig. Op 10 Februarie 1763 is Grenada volgens die Verdrag van Parys in 1763 aan Groot-Brittanje afgestaan en by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 3 Maart 1976 het Grenada volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.

Op 7 Februarie 1974 het Grenada van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Tydens die Grenada-rewolusie is die regering op 13 Maart 1979 met Kubaanse ondersteuning omvergewerp en die grondwet ontbind. Ná 'n intervensie deur die Verenigde State is die grondwet op 4 Desember 1984 herstel en die regering weer ingesit. Dit is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Die eiland is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[7]

Sportwysig

Krieket is Grenada se gewildste sportsoort en word as nasionale sportsoort beskou.[8] Grenada is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop. Saam met Antigua en Barbuda, Barbados, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago het dié eilandstaat die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur Australië gewen is.

Verwysingswysig

  1. (en) "Coat of Arms of Grenada". Regering van Grenada. 21 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 19 Mei 2018.
  2. (en) "World Population Prospects 2022". United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 20 September 2022.
  3. (en) "World Population Prospects 2022: Demographic indicators by region, subregion and country, annually for 1950-2100" (XSLX) (Total Population, as of 1 July (thousands)). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 20 September 2022.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Grenada". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 25 Junie 2022.
  5. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 20 September 2022.
  6. (en) Crask, Paul (1 Januarie 2009). Grenada, Carriacou and Petite Martinique. Bradt Travel Guides. p. 5. ISBN 978-1-84162-274-3. Besoek op 19 Mei 2018.
  7. (en) "Grenada". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 25 Junie 2022.
  8. (en) "Batting For Grenada". Grenada se Raad van Toerisme. Maart 2007. p. 38. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2018. Besoek op 21 Julie 2008.

Bronnelyswysig

Algemeen

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media