Gonarezhou Nasionale Park

Gonarezhou Nasionale Park is 'n wildreservaat in die suid-ooste van Zimbabwe. Gonarezhou is 'n Sjona-naam wat beteken "plek van die olifante".

Gonarezhou Nasionale Park
Buffalo Bend op die Mwenezirivier, Gonarezhou Nasionale Park, Zimbabwe
Buffalo Bend op die Mwenezirivier, Gonarezhou Nasionale Park, Zimbabwe
LandZimbabwe
ProvinsieMasvingo
Ligging van Gonarezhou Nasionale Park op 'n kaart (Zimbabwe)
Gonarezhou Nasionale Park
Gonarezhou Nasionale Park
Koördinate: 21°40′0″S 31°40′0″O / 21.66667°S 31.66667°O / -21.66667; 31.66667Koördinate: 21°40′0″S 31°40′0″O / 21.66667°S 31.66667°O / -21.66667; 31.66667
Oppervlak5 053 km²
Openingsjaar1975

Die park is geleë in 'n afgeleë hoek van die Masvingoprovinsie langs die Mosambiekgrens. Die park is in 'n laeveldstreek met kremetarte, struikbosse en sandsteengebergtes. Gonarezhou is die land se tweede grootste wildreservaat naas Hwange Nasionale Park. Dit is ongeveer 5 053 km² groot.

Die park word verdeel in twee streke: die Save/Runde-gebied in die noorde en die Mwenezigebied in die suide. Die park maak deel uit van die Groter Limpopo Oorgrenspark, 'n vredespark wat Gonarezhou verbind met die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika en die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek. Wilde diere kan vry beweeg tussen die verskillende parke.

Geskiedeniswysig

Die Gonarezhou Nasionale Park is gestig in 1975 deur vorige jag- en tsetsevliegbeheergebiede te verenig. Die park was gesluit vir die publiek gedurende die oorlog in destydse Rhodesië, maar is heropen in 1994.

Verblyfwysig

  • Mahenye Safari Lodge - 'n versameling Shangaan-styl hutte in 'n rivierbosgebied op 'n eiland in die Saverivier.
  • Senuko Safari Lodge - wat beteken "die plek waar diere drink" in Shangaan.
  • Chilo Gorge Safari Lodge
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media