Golflengte

Die golflengte van ’n sinusvormige golf is in fisika die ruimteperiode van die golf, met ander woorde die afstand tussen ooreenstemmende herhalings in die vorm daarvan,[1] byvoorbeeld hoogte- of laagtepunte. Dit is dus die omgekeerde van die frekwensie, wat die aantal periodes per sekonde is. Dit word gewoonlik bepaal deur die afstand tussen ooreenstemmende punte van opeenvolgende golwe te meet en is ’n eienskap van alle soorte golwe.[2][3] Golflengtes word gewoonlik deur die Griekse letter lambda (λ) aangedui.

Die golflengte word gemeet tussen enige ooreenstemmende punte van twee opeenvolgende golwe.

As ’n mens aanneem ’n golf beweeg teen ’n vaste snelheid, is die golflengte omgekeerd eweredig aan die frekwensie van die golf: golwe met ’n hoër frekwensie het ’n korter golflengte, en omgekeerd.[4] Golflengtes hang af van die medium waardeur die golf beweeg (byvoorbeeld lug, water of ’n vakuum). Voorbeelde van golfverskynsels is klank-, lig- en watergolwe. Klankgolwe is wisselings in lugdruk, terwyl watergolwe wisselings in die hoogte van ’n waterliggaam is.

Die reeks golflengtes of frekwensies van golfverskynsels word die spektrum genoem. Die term het ontstaan met die sigbare spektrum, maar word nou toegepas op die hele elektromagnetiese spektrum, sowel as die klank- en vibrasiespektrum.

Verwysingswysig

  1. Hecht, Eugene (1987). Optics (2nd uitg.). Addison Wesley. pp. 15–16. ISBN 0-201-11609-X.
  2. Raymond A. Serway; John W. Jewett. Principles of physics (4th uitg.). Cengage Learning. pp. 404, 440. ISBN 0-534-49143-X.
  3. A. A. Sonin (1995). The surface physics of liquid crystals. Taylor & Francis. p. 17. ISBN 2-88124-995-7.
  4. Theo Koupelis; Karl F. Kuhn (2007). In Quest of the Universe. Jones & Bartlett Publishers. ISBN 0-7637-4387-9. {{cite book}}: Onbekende parameter |lastauthoramp= geïgnoreer (hulp)

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media