Gerhard van Huyssteen

Gerhardus Beukes van Huyssteen (gebore 4 November 1970 in Kroonstad, Suid-Afrika) is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en rekenaarlinguistiek aan die Noordwes-universiteit se Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT). Hy was die voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir 9 jaar en was tot en met Augustus 2018 uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Van Huyssteen is veral bekend vir sy bydrae as taalkundige in die ontwikkeling van tekstegnologietoepassings en verskeie elektroniese hulpbronne vir Afrikaans, asook vir sy taalvasvraprogramme op Radio Sonder Grense en kykNET.

Gerhard van Huyssteen
Gebore
Gerhard Beukes van Huyssteen

4 November 1970 (1970-11-04) (53 jaar oud)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaner
BeroepNavorser
TitelProfessor
Webwerfgerhard.pro

Opleidingwysig

In 1991 het van Huyssteen sy BA-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal, gevolg deur sy honneursgraad in 1992 en sy meestersgraad (cum laude) in 1995. Hy het Engels en Afrikaans tot op derdejaarsvlak geneem, met bykomende vakke soos Drama, Kultuurgeskiedenis en Filosofie. Van Huyssteen se tesis vir sy meestersgraad was getiteld: ‘n Kognitief-pragmatiese perspektief op seksuele uitdrukkings in Afrikaans, onder leiding van prof. A Carstens.

In 2000 behaal hy sy doktorsgraad aan die Noordwes-universiteit in Potchefstroom. Sy verhandeling vir sy doktoraal was getiteld: Die reduplikasiekonstruksie in Afrikaans: aspekte van ‘n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsraamwerk vir Afrikaans. Sy verhandeling het hy onder leiding van proff. Daan Wissing (Suid-Afrika), Arie Verhagen (Nederland) en Adelia Carstens (Suid-Afrika) gedoen.

Loopbaanwysig

Van Huyssteen begin sy loopbaan in 1994 as junior lektor in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit; hy word in 2005 bevorder tot medeprofessor en in 2008 tot professor. In 2008 aanvaar hy 'n pos as navorsingsgroepleier aan die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), maar keer in 2010 terug na die Noordwes-Universiteit as professor. Hy was instrumenteel in die oprigting van die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) en dien as hoof van dié sentrum van 2004-2008.

Hy was insgelyks oprigter van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en dien as uitvoerende direkteur vanaf 2015-2018. Vanaf 2017 tot 2019 was hy ook 'n direkteur van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV). Sedert 2005 dien hy op die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en ontvang as lid van dié kommissie in 2009 die C.L. Engelbrechtprys vir wetenskaplike taalnavorsing. Hy was sekretaris vanaf 2011-2012, ondervoorsitter van 2012-2013 en dien sedert 2013 as voorsitter van dié liggaam. As lid van die Taalkommissie was hy betrokke by die 2009- en 2017-uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls.

Hy hou hom vanaf 2000 veral besig met die ontwikkeling van taaltegnologiese hulpbronne en toepassings vir Afrikaans. So byvoorbeeld was hy die projekleier vir ’n projek waar 'n Afrikaanse speltoetser, grammatikatoetser, tesourus en woordafbreker vir Microsoft Office ontwikkel en kommersieel vrygestel is. Van Huyssteen het vir vyf jaar gedien op die paneel van kenners vir die Departement van Kuns en Kultuur om taal op tegnologiese gebiede uit te brei en te bevorder. Hy was twee jaar lank (2009 tot 2010) op die paneel vir Literêre Studies, Tale en Linguistiek van die Nasionale Navorsingstigting (NNS). Van Huyssteen is sedert 2006 'n gegradeerde navorser van die NNS – eers met 'n Y2-gradering (2006-2010), en sedert 2011 met 'n C2-gradering.

Benewens sy werk in rekenaarlinguistiek en taaltegnologie, fokus hy meestal op die Afrikaanse morfologie, oor onderwerpe soos samestellings in Afrikaans en Nederlands, die verbindingsklank, afleidings van plekname, meervoud en verkleining, aanspreekvorme, die reduplikasiekonstruksie in Afrikaans, en so meer. Hy is ook die outeur van die morfologiegedeelte van Taalportaal - 'n digitale platform wat omvattende grammatikas vir Afrikaans, Nederlands en Fries gratis beskikbaar stel. Hy is ook die Suid-Afrikaanse projekleier en eindredakteur van die Afrikaanse gedeelte van Taalportaal, wat ook fonologie en sintaksis (naas morfologie) insluit.

Hy was ook die samesteller en aanbieder van 'n taalvasvraprogram op Radio Sonder Grense. Hy is ook konseptualiseerder en medeaanbieder van die gewilde kykNET-program Op die Spel, wat in 2015 vir die eerste keer gebeeldsend word. Ook het hy in sy privaat hoedanigheid saam met ʼn Nederlandse onderneming gewerk om 'n taalvasvrawebwerf en mobiele toepassing, Beter Afrikaans, vir Afrikaans te ontwikkel, wat in 2018 aan die ATKV oorgedra is.

Toekenningswysig

  • 2015: Stalsprys: Inter- en Multidissiplinêre Navorsing. Toegeken deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
  • 2009: CL Engelbrecht-prys vir Wetenskaplike Taalnavorsing. Toegeken deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
  • 2001: Toekenning vir uitstaande onderrig, PU vir CHO, Potchefstroom, Suid-Afrika.
  • 1999: Toekenning vir Beste Lektor in die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte, toegeken deur die Akademiese Raad van die Sentrale Studenteraad, PU vir CHO, Potchefstroom, Suid-Afrika.
  • 1997: Toekenning vir Uitstaande Onderrig, PU vir CHO, Potchefstroom, Suid-Afrika.
  • 1991: Kultuur-toekenning: Toegeken deur die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika.

Bronnewysig

  • "Onderhoud met Gerhard van Huyssteen – nuwe voorsitter van die Taalkommissie". LitNet. 27 November 2013. Besoek op 29 Julie 2018.
  • https://www.akademie.co.za/onderhoud/
  • https://www.researchgate.net/profile/Gerhard_Van_Huyssteen
  • http://humanities.nwu.ac.za/afrikaans-and-dutch/gerhard-van-huyssteen
  • https://www.researchgate.net/publication/324508529_The_Hulle_and_Goed_Constructions_in_Afrikaans

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media