Gereformeerde kerk Windhoek-Suid

Die Gereformeerde kerk Windhoek-Suid is die tweede oudste van die drie Gereformeerde gemeentes in die Namibiese hoofstad, Windhoek, en wat belydende lidmate betref, die grootste in die land.

Gereformeerde kerk
Windhoek-Suid
Sluit in Dordabis
Khomas Hochland
Namibbrens
Rehoboth
Solitaire
Academia
Cimbebasia
Olympia
Pionierspark
Suiderhof
Klassis Etosha
Huidige predikant(e) Dr. Paul de Bruyn
Belydende lidmate 321
Dooplidmate 80
AdresSchlettweinstraat 64
Pionierspark
Windhoek
Namibië
Geskiedenis
Stigtingsdatum 22 Oktober 1988
Afgestig van Windhoek
Eerste predikant Callie Opperman
1989–2017
Die meerdoelige Deo Gloria-sentrum van die Gereformeerde kerk Windhoek-Suid bestaan uit 'n saal, konsistorie, kombuis, moederskamer en onder die vloer vyf kategeseklasse, 'n pakkamer en eenslaapkamerwoonstel.
Die vooraansig van die meerdoelige Deo Gloria-sentrum by Schlettweinstraat 64, Pionierspark.
Dr. Callie Opperman en sy vrou, Rina, neem op 14 Oktober 2017 afskeid van die gemeente toe hy sy emeritaat aanvaar.

Stigtingwysig

Windhoek-Suid het op 22 Oktober 1988 van die moedergemeente Windhoek afgestig en as bruidskat ’n erf by Schlettweinstraat 64, Pionierspark, ontvang. Aanvanklik is eredienste in die groot en luukse saal van die Windhoekse Onderwyskollege gehou. Toe die kollege met die land se onafhanklikwording in Maart 1990 deel word van die Universiteit van Namibië, het die gemeente na die Hoër Tegniese Skool se saal verhuis.

Kerkbouwysig

Onder die aansporing van oudl. Sias Swart het die gemeente besluit dit het tyd geword om hul eie kerkgebou op te rig. Die kerkraad het beplan vir ’n meerdoelige kerksentrum wat sewe dae per week gebruik kon word en met sitplek vir 700 mense, ’n moederskamer en kombuis. Die argitek was Theo Heesakkers. Vanweë die skuins ligging van die erf, kon vyf katkisasielokale en ’n eenslaapkamerwoonstel onder die saal ingepas word. In dié katkisasielokale het die Windhoek Afrikaanse Privaatskool in Maart 1995 begin. In September 1997 het die skool verhuis na sy bestaande perseel, wat ’n sakeman en vriend van die skool by die NG Kerk gekoop het.

Die Deo Gloria-sentrum se hoeksteen is in Oktober 1993 gelê en ’n jaar later is dit in gebruik geneem. ’n Tweedehandse orrel is gekoop en los stoele is gebruik. Banke is juis nie aangebring nie omdat die sentrum meerdoelig moet wees.

Lidmaattalwysig

Windhoek-Suid is lank reeds die grootste Gereformeerde kerk in Namibië. Min of meer binne die Gereformeerde kerk Windhoek se gemeentegrense val vier NG gemeentes, naamlik Windhoek, Windhoek-Oos, Windhoek-Wes en Windhoek-Eros. Dié Gereformeerde kerk het einde 2014 182 belydende lidmate gehad, en die vier NG gemeentes saam 3 491 vir ’n verhouding van 1:19. Windhoek-Suid het einde 2014 331 belydende lidmate gehad en die drie NG gemeentes wat min of meer binne sy grense val, naamlik Academia, Pionierspark en Suiderhof, altesaam 2 304, vir ’n verhouding van 1:7. ’n Jaar vantevore was dit 1:9, maar Pionierspark en Suiderhof het, volgens die statistiek in die NG Kerk se Jaarboek, binne ’n jaar meer as 900 belydende lidmate "verloor".

Predikantewysig

  1. Opperman, dr. Wilhelm Carl (Callie), 2 April 198915 Oktober 2017
  2. Erasmus, dr. Jan Andries, 2000–2003
  3. Meyer, Lukas Marten, 2003–2004 (in kombinasie met Okahandja; verlaat die bediening)
  4. Oosthuizen, Ockert Almero, 2010–2015
  5. De Bruyn, dr. Paul (2017–hede)

Bronnewysig

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (en) Potgieter, D.J. (hoofred.) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd., 1973.
  • (en) Raper, P.E. 1987. Dictionary of South African Place Names. Johannesburg: Lowry Publishers.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media