Gereformeerde kerk Westonaria

Die Gereformeerde kerk Westonaria was ’n gemeente van die GKSA op die Wes-Randse dorp Westonaria, maar nadat daar in 2011 net 19 en geen dooplidmate nie oorgebly het, het die gemeente laat in daardie jaar ontbind. In 1997 was daar nog 122 belydende en 54 dooplidmate.

Ds. P.J. Steyn, leraar van 1967 tot 1997.

Die uitbreiding van die goudmyne het in die sestigerjare groot ontwikkeling aan die Wes-Rand meegebring. Die Gereformeerde kerk Randfontein se suidelike wyke op en om Westonaria het dan ook op 27 Mei 1961 as die Gereformeerde kerk Westonaria afgestig. Binne twee jaar het die gemeente begin beplan aan sy eie kerkgebou. ’n Erf is verkry, maar weens die insinkings weens die uitpomp van water in die ondergrondse tonnels deur die myne het die kerkraad eers die plan om te bou laat staan tot veilige grond vir die kerkgebou gevind kon word. Hiervoor moes grondtoetse uitgevoer word.

So kon die gemeente eers 11 jaar ná sy stigting ’n kerkgebou oprig. A-raam-staalbalke vorm die raamwerk daarvan. Die gebou het ’n teëldak wat aan weerskante tot amper op die grond strek. Ligblou venters vorm die boonste deel van die fasade. ’n Kleiner dak in die styl van die hoofdak is by die voordeur opgerig. Die toring is ’n staalstruktuur bo die ingang.

Die onthulling van die hoeksteen, deur ds. P.J. Steyn, sowel as die ingebruikneming van die gebou het op 19 Augustus 1972 plaasgevind. Ná amper 30 jaar is die blou glasventers met steen vervang omdat vandale gereeld die vensters stukkend gegooi het. Die vooraansig is toe met sierstene toegebou. Weens strukturele skade is die staaltoring ná 30 jaar verwyder.

Nadat die gemeente ontbind het, is die gebou verkoop en word dit tans (2016) as woonhuis benut.

Predikantewysig

  1. Denkema, dr. Hendrik, 1962 – 1967 (die gemeente se eerste leraar en ook dr. Denkema se eerste gemeente)
  2. Steyn, Petrus Jacobus, 1967 – 1997 (aanvaar sy emeritaat; die gemeente se laaste leraar en ook ds. Steyn se laaste gemeente)

Bronnewysig

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media