Gereformeerde kerk Welkom-Noord

Die Gereformeerde kerk Welkom-Noord was die jongste van die tweede Afrikaanse gemeentes van die GKSA in die Vrystaatse stad Welkom en die sewende jongste van die 22 gemeentes in dié kerkverband se Klassis Noord-Vrystaat. Einde 2015 was hier 163 belydende en 34 dooplidmate, vergeleke met die moedergemeente Welkom se 126 en 26. In 2001 was Welkom-Noord se getalle 253 en 87 en Welkom s’n 276 en 101. Op 22 Oktober 2017 het die twee gemeentes een geword.

Die Gereformeerde kerk Welkom-Noord, vroeër die Gereformeerde kerk Welkom.
Dr. Jansen van Vuuren du Plessis, die leraar van 1970 tot 1999.

Die Gereformeerde kerk Welkom-Noord het in Junie 1969 van Welkom afgestig en as bruidskat die moedergemeente se kerkgebou ontvang. Dit was Welkom se tweede kerkgebou nadat die eerste, wat op 23 Mei 1954 as die eerste gebou van ’n Afrikaanse Kerk op Welkom in gebruik geneem is, in die oggendure van 13 November 1957 afgebrand het.

Die tweede Gereformeerde kerk Welkom en die een wat in 1969 aan Welkom-Noord geskenk is, sou aanvanklik op dieselfde plek as die oue gebou word, maar ’n ander stuk grond is ná onderhandelings verkry. Die basiese plan van die afgebrande gebou is net so gebruik. Die fondament rus op pilare wat 10 m in die grond gesink is en waarop ’n betonraamwerk gegooi is. So is gebou bestand gemaak teen barste. Die argitek was Leon Roodt en die bouaannemer Hans Weiss. Die hoeksteen is op 23 April 1960 gelê.

Binne die gemeentegrense val Welkom-Noord van woonbuurte soos Dagbreek, Flamingo Park, Jim Fouchépark, Reitzpark, Rheederspark, Riebeeckstad, Seemeeupark, ’n gedeelte van Doorn asook Voorspoed en Voorspoed-Oos. Die res van die stad val onder Welkom-gemeente.

Predikantewysig

  1. Du Plessis, dr. Jansen van Vuuren, 1970 – 1999 (aanvaar sy emeritaat)
  2. Jansen, Carl Albert, 1999 – 2006
  3. Van der Schyff, Jan Louis, 2006 – hede

Bronnewysig

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media